Met wie praat ek op Sondagaand?

Met wie praat ek op Sondagaand? Met wie praat ek op Sondagaand? Kuierpraatjies met my FB-vriende oor hulle buitengewone lewens.

28/12/2025

Die meeste mense kan haar as Pou Veer, 'n staatsreg geleerde wat baie kundig is oor Europese politiek. Ons praat oor Duitsland en hoe die land verander het. Loammi verduidelik ook die verhoudinge tussen Wes Europa en Rusland.

21/12/2025

Lycette woon al 'n paar jaar in Nederland en maak dit haar werk om mede Suid-Afrikaanse expats te vermaak met hoe sy die verskille in kultuur aanpak. Ons gesels oor die realiteite wat jou te wagte staan as jy na 'n nuwe land toe verhuis. Loer gerus op FB en Tiktok om te sien wat sy alles aanvang. in...

11/12/2025

Cliffordene en ek gesels oor haar skrywersloopbaan, standaard Afrikaans en jeugboeke vir tieners wat hulleself min in jeugliteratuur raaklees.

30/11/2025

Toe uncle Bells sy verskyning in Annemarie se lewe gemaak het, het sy besluit om nie onder die bed weg te kruip nie, maar om eerder op tiktok vir mense te vertel wat haar getref het.

16/11/2025

Soms gesels 'n mens net so lekker met iemand dat dit voel asof jy die hele dag lank kan bly praat. Anschen en ek praat oor ons groot passie: lees en boeke en ons sukkel om uitgepraat te raak. Sy is bekend op FB vir haar resensies op "Uitdieperdsebek" en sy skryf ook resensies vir oa Litnet.

02/11/2025

Daar is 'n splinternuwe skrywersforum in Bloemfontein. Ek en Tosca gesels oor hoe dit tot stand gekom het en wat dit nou eintlik is.

19/10/2025

Miskien ken jy vir Ian du Toit, miskien nie, maar kom kuier saam, asseblief! Ek en Ian ken mekaar van ons universiteitsdae af. Ons vra onsself af wat van die tyd geword het. Hoe op aarde het ons nou op die vooraand van ons pensioen beland en wat op aarde gaan ons nou doen?

15/10/2025

Vickie het onlangs 'n pragtige kinderresepteboek die lig laat sien in samewerking met Antjie Krog en Roelien Immelman. Die boek se naam is Kombuistaal en word deur Lapa uitgegee. Ons gesels oor die boek en dan praat ons oor fermentasie. Ek het onlangs 'n werkswinkel by haar bygewoon en wonderlike di...

21/09/2025

Troula is 'n bekende en gevierde kinder- en jeugboekskryfster. Ons gesels oor haar skryfproses en die stand van kinderliteratuur. Sy en haar man het onlangs in Guernsey by hulle kinders gekuier en sy vertel ook 'n bietjie meer oor die eiland. Hier is 'n skakel na van haar boeke toe: https://www.nb.c...

07/09/2025

In Junie het Esti die stoute skoene aangetrek om in 'n maand se tyd die Pieterpad in Nederland te loop. Ons gesels oor hoe sy die Nederlandse leefstyl en platteland ervaar het en wat sy van die Pieterpad d**k. Esti en haar man bied verskeie stap-en fietstogte aan. Gaan maak 'n draai op hulle webblad...

24/08/2025

Marieta is 'n digter en kinderboekskrywer wat graag limerieke skryf. Ons gesels oor haar voorliefde vir die digvorm, haar aanlyn video's en hoekom sy skryf.

Ek het al te lekker met Melanie doer "down under" gekuier. Ons het veral gepraat oor wat dit beteken om 'n boer te wees,...
03/08/2025

Ek het al te lekker met Melanie doer "down under" gekuier. Ons het veral gepraat oor wat dit beteken om 'n boer te wees, en ook oor hoe haar pad geloop het om by boer uit te kom.

Get more from The SoletScheeres podcast on Patreon

Adres

Nederland
5151SW

Website

http://patreon.com/user?u=85867225

Meldingen

Wees de eerste die het weet en laat ons u een e-mail sturen wanneer Met wie praat ek op Sondagaand? nieuws en promoties plaatst. Uw e-mailadres wordt niet voor andere doeleinden gebruikt en u kunt zich op elk gewenst moment afmelden.

Contact

Stuur een bericht naar Met wie praat ek op Sondagaand?:

Delen

Type