02/10/2026
[Juanita Cilliers skryf:]
"Ons was moeg daarvoor om heeltyd oor ons skouer te kyk.
Moeg om te wonder of dit veilig is om iewers heen te ry.
Moeg om bang te wees.
Bang om met ons kind te gaan stap.
Bang om saam met hom winkels toe te gaan.
Bang om in die nag te ry.
Bang om geld te trek.
Bang om by โn verkeerslig stil te hou.
En vandag is my hart swaar vir die mense wat ons moes agterlaat in Suid-Afrika.
Veral vir die vroue wat elke dag met die werklikheid van misdaad en geweld leef. Vir vroue wat twee keer dink voordat hulle alleen gaan stap, iewers heen ry of laat huis toe gaan.
Terwyl ons vandag rustig met ons seuntjie kan gaan stap, sonder om heeltyd bekommerd te wees oor wat om ons aangaan, besef ek net weer watter groot voorreg dit is.
Immigrasie bring sy eie uitdagings. Om jou familie, vriende, bekende plekke en โn lewe wat jy geken het agter te laat, is nie maklik nie.
Maar saam met die uitdagings kom daar ook dinge waarvoor ek ongelooflik dankbaar is, waaronder die vryheid om ons kind in โn veilige omgewing groot te maak die belangrikste is ๐ณ๐ฟ
Mag ons wat hierdie voorreg het, nooit ons veiligheid as vanselfsprekend aanvaar nie.
My hart is vandag swaar vir my pragtige land, vir sy mense en vir my kultuur.
En aan elke vrou in Suid-Afrika wat vandag te bang is om alleen te gaan stap, iewers heen te ry, geld te trek of laat huis toe te gaan...
My hart gaan uit na jou toe.
En my gebede gaan uit na my land toe ๐ฟ๐ฆ"