29/05/2026
đđžđȘ Die pad na ân Sweedse bestuurslisensie is nie vir sissies nie!
Ek moet eerlik sĂȘ, om jou lisensie in Swede te kry voel soms meer soos ân universiteitskursus as om net te leer bestuur. đ
Ps. Ek het al ân đżđŠ lisensie vir 12 jaar op doe punt!
Eers moet jy deur Risk 1, wat fokus op verkeersveiligheid, alkohol, dwelms, moegheid en hoe jou besluite jou bestuur beĂŻnvloed kom.
Dan volg Risk 2 (die bekende âhalkbanaâ), waar jy prakties ervaar hoe ân motor reageer op gladde oppervlaktes (ys en water) en noodsituasies. Die was vetpret! âïžđ§
As jy privaat wil oefenbestuur, moet jy ook jou Handledarutbildning voltooi saam met jou toesighouer, sodat julle wettig saam kan oefen.
Dan kom die groot monster: die teorie-toets. Ek d**k die meeste mense onderskat hoe moeilik dit eintlik is. Dit is nie net padtekens nie daar is baie reĂ«ls, situasies, risiko-analise, wiskunde, wetenskap en verkeersbegrip. Die wagtyd, die stres en daardie oomblik wanneer jy op âdoneâ klik, is genoeg om enige mens se bloeddruk op te jaag!
En dan, uiteindelik, mag jy jou praktiese toets bespreek.đ
Vir my is die groot dag 5 Junie. đ
Wat my die meeste trots maak, is dat ek tot dusver alles met die eerste poging geslaag het. Risk 1, Risk 2 en die teorie-toets is almal klaar en afgehandel op die eerste slag. As iemand wat uit ân ander land kom en ân hele nuwe verkeersisteem moes aanleer, voel dit vir my soos ân groot persoonlike oorwinning.
Nou is daar net een laaste hekkie oor.
Hou duimvas vir my op 5 Junie, hopelik kan ek dan sĂȘ dat ek amptelik my Sweedse bestuurslisensie ook op die eerste poging gekry het! đżđŠâ€ïžđžđȘđâš
Die is die foto wat op die liksens gaan wees! 𫣠Kan iemand vir my se waarom my een oor so ver uitsteek asb? En hoekom kom ek dit eers op 30 agter????
Wat is/was jou grootste uitdaging toe jy jou lisensie gedoen het?