01/13/2026
Dis Nuwe Liedjie Dag! Vandag se liedjie is "Die Balk In Jou Oog".
Ek is steeds besig om my hart se kamers reg te pak en die stof uit al die laaie te skud sodat ek hierdie jaar met nuwe moed en durf kan aanpak. Oral vind ek vere wat mense in die wind gestrooi het... die laaste bietjie oorbly van ander se woorde, leuens en oordeel... Ek wil elke bietjie daarvan opvee en weggooi!
Matteus 7:3-5:
"En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal."
Ek ken eerstehands die skade wat mense se los tonge veroorsaak en die verwoesting wat dit in jou lewe kan saai. Ek weet ook dat die soort mense NOOIT al die vere wat hulle in die wind gestrooi het, bymekaar sal kan maak nie.
As ander se woorde, leuens en oordeel jou al ooit laat struikel het of jou hart gebreek het, gooi dit weg op die ashoop waar dit hoort! Steur jou slegs aan die opinie en raad van iemand van wie jy dit vra en vir wie jy respek het! ... en moet NOOIT dat iemand 'n oordeel oor jou fel as hulle nie 'n duisend myl in jou skoene gestap het nie! Sx
This is the official music video for "Die Balk In Jou Oog" by the Rivers & Bridges House Band👉 Follow the link to stream or download all our songs: https://...