
18/08/2024
Hi vriende en familie hier in Windhoek!
Ek is opgewonde om jou te nooi na 'n spesiale DOEN DIT SELF velsorgwerkswinkel by my huis op Woensdag aand, 28 Augustus 2024 vanaf 18h00-20h30. Ek wil jou graag bekendstel aan die fantastiese INUKA-produkte en 'n paar praktiese effektiewe velsorgroetines deel. Ons reeks is geskik vir alle vel tipes.
Ek doen eers 'n velanalise sodra jy arriveer om seker te maak jy gebruik die regte produk.
🗓 Datum: Woensdag, 28 Augustus 2024 @ 18h00 - 20h30
💲 Kostes: N$120 per persoon (dek produk koste en 'n paar lekker happies)
🏡 Ligging: Sal adres deel sodra jy bevestig
⏳ RSVP teen: Vrydag, 23 Augustus 2024
Spasies is beperk tot net 8 mense, so wees seker om gou te RSVP om jou plek te verseker! Kan nie wag om jou daar te sien en saam te kuier nie. 🌿💆♀️✨
Kontak my gerus om jou bywoning te bevestig.
Sien jou binnekort
Liefde Adél
INUKA Namibia by Adél