16/06/2026
Op put ons inspirasie uit 'n brief wat Esté Gross aan haar 16-jare self geskryf het:
Die Here gaan helpers, Aärons op jou lewenspad stuur, mense wat jou sal help wanneer jy voor die faraoʼs in jou lewe te staan kom. Vriende, mentors en jou familie wat jou liefhet. Met die staf in jou hand en die Here aan jou kant, het jy niks meer nodig nie.
Daar gaan mense wees wat met kwetsende woorde jou gaan laat twyfel in jou drome. Moenie dat hulle woorde soos pyle in jou hart skiet nie: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorsprong van die lewe” (Spr 4:23).
Met God aan jou kant gaan jy nog in verwondering staan oor wat Jesus met die vyf broodjies en twee vissies in jou hande kan doen. Jy moet dit net vir Hom gaan gee.
Liewe Esté