06/10/2025
In vandag se vind ons inspirasie in Ilze Steenkamp se woorde: “Laat jou lig skyn, soos Jesus in Matteus 5:6 vra. God het ons nie geskep om in die hoekie te sit nie. Moenie toelaat dat enige iets jou keer om ’n vol lewe te lei nie. Nie siekte, oordeel, teleurstelling, die duiwel wat in ons oor fluister, of enige iets anders moet ons keer om te wees wat God ons geskep het om te wees nie! Ek kies elke dag om nie te onthou dat ek fase vier-kanker het nie. Ek kies om nie toe te laat dat die daaglikse naarword-sessie my aftrek nie. Kies lig, kies positiwiteit!”
Ilze se droom om mev Botha te word, het waar geword. Sy het ongelukkig kort daarna haar stryd teen eierstokkanker verloor.
“Ek droom al lank van my troue. En een van my grootste wense is om in ’n huwelik te wees en as ’n Botha dood te gaan. Ek weet dit klink erg, maar my droom is