Nuus/News S. A. deur/by Hunters for Justice SA

  • Home
  • Nuus/News S. A. deur/by Hunters for Justice SA

Nuus/News S. A. deur/by Hunters for Justice SA Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Nuus/News S. A. deur/by Hunters for Justice SA, Newspaper, .

02/09/2026

'n Bejaarde egpaar van Stilbaai is op 'n gasteplaas in die Wolseley-omgewing deur booswigte aangeval en beroof.

02/09/2026

HAATMISDAAD | HANNETJIE KOEN (89)
BLOEMHOF, NOORDWES

Tannie Hannetjie Koen sou volgende jaar haar 90ste verjaardag gevier het.

Vrydag, 21 Augustus 2026, is sy helder oordag in haar eie huis aangeval. Sy is per ambulans hospitaal toe geneem, maar het later aan haar wrede beserings beswyk.

’n Lewe van byna 90 jaar—beëindig omdat iemand geweld teen ’n weerlose bejaarde vrou gekies het.

Tannie Hannetjie was nie bloot nog ’n naam of misdaadsyfer nie. Sy word beskryf as ’n ware staatmaker wat, ten spyte van haar eie hoë ouderdom, steeds seker gemaak het dat Bloemhof se ander bejaardes nie vergeet word nie. Sy het ander versorg toe sý eintlik die een was wat beskerm moes word.

’n 51-jarige man wat met die aanval verbind word, is kort daarna in hegtenis geneem. Die polisie ondersoek sake van moord en huisroof.

Ons plaas haar verhaal onder haatmisdaad omdat hierdie mate van geweld teen ’n 89-jarige vrou van ’n skokkende minagting vir menslike lewe getuig. Dit mag nooit versag word tot “net nog ’n roof” nie.

Daar is geen politieke verklaring, armoede of ander verskoning wat só ’n daad kan regverdig nie. ’n Bejaarde vrou behoort veilig in haar eie huis te wees.

Ons innige medelye aan tannie Hannetjie se familie, vriende en die gemeenskap van Bloemhof.

Rus sag, tannie Hannetjie.
U naam sal nie net nog ’n statistiek word nie.
Ons sal onthou.

02/09/2026

Byna twee jaar ná die moord op ’n bekende veeboer van Kuruman, het die moordverhoor vandeesweek in die rondgaande hooggeregshof in Kathu begin.

02/09/2026

NUUS ◾ Die moordverhoor van Wernich Botha (aangekla van die moord op Hilton Pretorius) het ’n kritieke punt bereik.

Die staat het vandag sy saak gesluit, waarna Botha se regspan aangekondig dat hulle ’n aansoek ingevolge Artikel 174 gaan bring.

Wat beteken dit?
Kortom: Die verdediging vra die hof om Botha onmiddellik vry te spreek sonder dat hulle self enige getuies hoef te roep. Hulle argumenteer dat die Staat se getuienis nie genoeg is om hom op grond daarvan skuldig te bevind nie. Botha ontken skuld en sy verweer is dat hy uit selfverdediging opgetree het.

Die hof sal na verwagting op 7 September uitspraak lewer oor die aansoek.

Wat kan gebeur?
👉 As die aansoek slaag word Botha onskuldig bevind en stap as 'n vry man uit die hof.
👉 As dit van die hand gewys word, moet die verdediging voortgaan met hul saak en Botha sal moontlik self moet getuig.

Bron: Klerksdorp Rekord

02/09/2026
02/09/2026

The ANC Wants R55 Million a Day From White Owned Businesses:White...

Address


Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nuus/News S. A. deur/by Hunters for Justice SA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

  • Want your business to be the top-listed media company?

Share