
08/05/2025
RSG wens Afrikaans baie geluk met sy amptelike 100ste verjaarsdag! 🥳 Ter viering van ons uitsaaitaal, deel Ina Strydom, aanbieder van Taaldinge, sewe feite oor Afrikaans:
1. Afrikaans is die derde grootste huistaal in Suid-Afrika, ná Xhosa en Zoeloe.
2. Die meeste Afrikaanssprekers kom in die Wes-Kaap en die Noord-Kaap voor.
3. Afrikaans is een van slegs drie moderne tale, saam met moderne Hebreeus en Bahasa in Indonesië en Maleisië, wat binne 100 jaar van 'n gebruiksdialek tot 'n volwaardige wetenskapstaal ontwikkel het.
4. Die eerste Afrikaanse Bybelvertaling het in 1933 verskyn.
5. In 1925 het Afrikaans 'n amptelike taal geword naas Engels.
6. Afrikaans het sedert sy ontstaan van leenwoorde uit tale soos Frans, Portugees, Maleisies en verskeie inheemse tale gebruik gemaak.
7. Een van die kenmerke van Afrikaans is die gebruik van die dubbele ontkenning.