16/09/2025
N Gedig wat ek n paar jaar gelede geskryf het aan my broer wat vermoor was 12 jaar gelede op die ouderdom van 24. Dit was ook my eerste gedig gewees, wat ek geskryf het.
Gedig opgedra aan my broer Lindsay Guylord Solomons:
SKIELIK:
Skielik was jy hier en
Skielik was jy weg.
Skielik was jy daar en
Skielik was jy nie meer daar nie.
Hoe verwerk n mens dit?
Hoe??
Een oomblik was jy hier
En Skielik was jy nie meer hier nie.
Net so gou soos jy in ons harte, lewens, en wereld gekom het
Sooo gou het jy gegaan.
N Maalkolk van gevoelens het jy hier agtergelaat.
Te Vroeg!!!Te Vroeg!!!Te Jonk!!
Het ons almal gese
Die Here Het Gegee en...
Die Here het geneem.
As ek maar net!!!!
As ek maar net!!!
Was my Geroep en Geskreeu!!!
As ek maar net vir jou meer gese het
Hoe Lief ek jou het...
Sou jy Miskien gebly het??!!!
Te Veel Vrae, sooo Min Antwoorde
As ek jou maar net nog een maal kon vashou ,is my Hart Geheel
As ek jou nog net eenkeer kon sien, is my lewe Heel.
Skielik was jy hier
En Skielik was jy weg.
Lief vir jou my broer en my vriend
Lindsay (Boeta) Solomons .
Geskryf deur:Natasha Fick