26/02/2026
Waarom is Shein en Temu so goedkoop… en teen watter prys?
Ek gaan hierdie video deel: https://youtu.be/fd228YQPn-0
Mense hou van goedkoop klere en goedjies, maar ons moet ook kyk na wat agter daardie pryskaartjies gebeur
1. Arbeids uitbuiting vir goedkoop produkte
Verskeie ondersoeke en verslae wys dat fabrieke wat vir Shein en Temu maak, werkers baie lank laat werk (tot 12–18 uur per dag), met baie min rus en lae lone, sodat hulle miljoene goedkoop items kan produseer. Sommige werkers moet 500 items per dag maak en word selfs gestraf in hulle loon vir klein foute.
2. Skending van werkers regte
’n Verslae het bevind dat Shein baie swak presteer wat menseregte-beplanning betref, en dat Temu se strukture vir die beskerming van werkers byna nie bestaan nie. Temu het selfs ’n telling van 0 uit 100 ontvang vir sy arbeids- en omgewingspraktyke..
3. Kind arbeid en twyfelagtige Supply Chain
Shein self het in 2024 gevalle van kind arbeid in hoë-volume fabrieke gerapporteer wat deel is van hulle supply chain.
Daar is ook baie kommer oor die “ekstreme risiko” dat sommige items indirek verband hou met gedwonge arbeid in provinsies soos Xinjiang.
4. Wat jy koop, het ’n koste
Daardie R100- of R200-knippie-T-hemp of goedkoop juweel is nie net goedkoop omdat dit slim bemark is nie, iets moet opgeoffer word. Of dit nou die werkers se regte, die omgewing of die plaaslike ekonomie is, daar is ’n hidden cost agter goedkoop mode wat nie op die etiket verskyn nie.
D**k twee keer voordat jy net koop omdat dit goedkoop is, jy kan deel wees van ’n groter verandering deur bewuste keuses te maak en te vra wie die klere gemaak het en hoe.
PLEASE READ :)The goal of this video is not to cost these hardworking individuals their jobs but to shed light on a complex and multifaceted reality. The spa...