Grys en Gatvol

Grys en Gatvol Ons praat, lag en huil oor peri- en postmenopousale dinge waaroor vroue van 40+ wonder en fluister (of 2 uur in die oggend ‘Google’ ) 🫢🔥🚺

26/08/2026

Grys & Gatvol het onlangs ‘n besoek gaan aflê Celeste Mahne 🌿se Body Stress Release kamers by die Milnerton MediClinic, Kaapstad.

Wat ‘n fantastiese ervaring! Ons ondersteun met oorgawe hierdie ‘non-envasive’ maar doeltreffende komplementêre gesondheids-sorg ervaring.

Voel ‘n ander mens - bederf jouself met ‘n spannings-ontlading sessie: Epos:[email protected]
WhatsApp: 0720615331

25/08/2026

Ons kuier saam met die ikoniese Sandra Prinsloo — aktrise, teaterlegende en baanbreker.

Dit is ’n heerlike, persoonlike gesprek oor veel meer as net haar dekades-lange loopbaan. Ons leer die vrou agter die rolle ken: haar vrye gees, lewenswysheid, emosionele wêreld en die geheime wat haar energiek en nuuskierig hou.

’n Gesprek vol eerlikheid, lag en pure Sandra!

Luister of kyk na die volledige episode op YouTube en Spotify.
Geborg deur Probitec: probitec.co.za
E-pos: [email protected]
Webadres: grysengatvol.co.za

Are you navigating changes in your body, hormones, and energy levels? Whether you’re preparing for perimenopause, naviga...
19/08/2026

Are you navigating changes in your body, hormones, and energy levels? Whether you’re preparing for perimenopause, navigating menopause, or adjusting to life beyond it, this workshop is for you.

Join us for an inspiring morning of expert talks, practical advice, and encouragement from leading health professionals. You’ll leave feeling informed, empowered, and equipped with tools to support your health and wellbeing.

💜 All proceeds support the Fascia Rehabilitation Foundation NPC and Vista Nova School.

📅 5 September 2026
📍 The Vineyard Hotel, Newlands

🎟️ Book your ticket here:
https://www.quicket.co.za/events/311409-optimal-woman-2026 #/

MidlifeWellness WomenSupportingWomen CapeTownEvents Women’sHealth HealthyAgeing ThriveThroughMidlife

15/08/2026

🛠️🪚🧰Speel daardie “outannie-kaart” skaamteloos, veral in die hardewarewinkel of wanneer jy vir ‘n afslag vra. Jy bereik ‘n ouderdom waar jy jou nie meer steur aan wat enigiemand d**k nie, en soos die spreekwoord sê: “as jy nie vra nie, kry jy nie”. Wie anders speel hul ouderdomskaart?

14/08/2026

😆🤭Maritza is weer op haar stukke en deel nog ‘n skreeusnaakse storie oor vonkelwyn drink 🍾🥂en pille ruil 💊💊saam met haar vriendin wat ook ‘n skoueroperasie gehad het.

13/08/2026

Om jou hormoonvlakke te ken is ‘n algehele keerpunt (game changer) en die belegging werd.
Geen twee vroue is dieselfde nie, en om te weet waar jy staan wat jou hormone betref, sal jou help om die regte keuses te maak.

Ons gesels met apteker Liezl Joubert oor wat regtig werk op die apteekrakke — van vitamines en aanvullings tot voorskrifmedisyne. Wat het ons werklik nodig, wat is net goeie bemarking, en wanneer moet jy eerder vra voor jy sluk, smeer of aanvul?
‘n Prontuit, praktiese gesprek sonder nonsens wat jou van voor af sal laat d**k oor wat jy daagliks gebruik!
Luister/kyk na die volledige episode op YouTube of Spotify.
Geborg deur Probitec: probitec.co.za
E-pos: [email protected]
Webadres: grysengatvol.co.za

12/08/2026

Slegte dermgesondheid kan lei tot ‘Brain Fog’ (en baie ander probleme). In ons nuutste episode saam met apteker Liezl Joubert, help sy ons verstaan waar ons brain fog dalk vandaan kom en wat ons daaraan kan doen.

Ons leer ook heelwat meer oor wat ons in die apteek se rakke en agter die toonbank kry.
Ons ondersoek, vitamines en aanvullings, voorskrifmedisyne en ‘wonders’ uit die voorwinkel…

Luister gerus — beslis ’n gesprek wat jou ’n bietjie beter laat d**k oor wat jy daagliks gebruik.

Vind Grys & Gatvol op YouTube, Spotify of Apple Podcast😏

Link in bio
https://youtu.be/hscXe4PXKT4?si=8Uwx-ShEWivG_dTP

Geborg deur Probitec: probitec.co.za
Epos: [email protected]
Webadres: grysengatvol.co.za

05/08/2026

‘n Man, sy hare en 2 keer kyk ✈️🏍️🤦🏻‍♂️. Hoe sou jy reageer as ‘n man dit vir jou sê?
Maritza het nog ‘n skitterende storie oor hoe sy ‘n man op ‘n vlug na Joburg ontmoet het en hoe dinge uitgedraai het toe hulle uiteindelik weer herenig is ….

04/08/2026

🤔Hoeveel keer ignoreer ons die tekens en seine wat ons liggaam vir ons probeer wys?

In ons nuutste episode saam met dr. Abraham le Roux bespreek ons die interkonneksie en skakel tussen liggaam en verstand, en die belangrike rol dit speel in ons fisiese en geestelike welsyn, veral gedurende ons menopouse-jare. Maak seker jy skakel in op YouTube en Spotify vir ons nuutste podsending.

Dit is ‘n gesprek wat jy nie wil misloop nie!

Link in bio
https://youtu.be/7V1jXyKkRRA?si=XVLjdKyZCMLv8BGq

03/08/2026

Hoe praat jy met jouself? Is jy oplettend met die taal wat jy teenoor jouself gebruik?

In ons nuutste podsending gesels ons met sielkundige dr. Abraham le Roux waar hulle ‘n oop gesprek het oor die sielkundige veranderinge waardeur vroue tydens menopouse gaan.

Skakel in op YouTube of Spotify om die volledige episode te kyk, dit is ‘n moet!!!

Link in bio
https://youtu.be/7V1jXyKkRRA?si=ojr62R1gj5hatofD

Address

Cape Town

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Grys en Gatvol posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category