15/09/2025
Lotta Engelbrecht, die visioner van Stimulus Maksima!, het die maatskappy in 1995 te Coligny, Noordwes gestig.
Gemotiveer deur die ontwikkeling van haar eie kinders en geïnspireer deur die kritieke skakel tussen fundamentele ontwikkeling, geletterdheid en die psige van ‘n kind, het sy 'n visie gehad om kinders se lewens te verbeter deur doelgerigte en wetenskaplik nagevorsde leesgeletterdheidsontwikkeling.
Deur die jare het Stimulus Maksima! 'n toonaangewende naam in opvoedkundige innovering geword, toegewyd daartoe om kinders te bemagtig deur hulle lewenskwaliteit met leesgeletterdheid verbeter.
Lotta se toewyding aan kinderontwikkeling en -ondersteuning, vorm steeds die kern van die maatskappy se etos.
Deur middel van ‘n kragtige, eg Suid-Afrikaanse, rekenaargebaseerde leesprogram wat in skole, leessentrums en huishoudings landwyd gebruik word, maak Lotta se droom 'n blywende impak op ontelbare gesinne in Suid-Afrika.
Lotta is ‘n trotse, Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner wat ‘n eg Suid-Afrikaanse produk ontwikkel het, vir Suid-Afrikaanse kinders.
How can we help you?
Get Reading Rocket HOME: https://www.stimulusmaksima.co.za/.../reading-rocket-home/
Follow us!
👉Facebook
https://www.facebook.com/stimulusmaksimaHK
👉Instagram | TikTok
👉YouTube
https://www.youtube.com/channel/UCjr5JtajqzBAJawDkt93G6A