Dis Maklik, Baie Maklik

Dis Maklik, Baie Maklik Ek hou daarvan om in die oomblik te wees, en leef elke dag voluit, met 'n hart vol dankbaarheid. Die lewe is te kort om te tob oor dinge wat nie saak maak nie.

Ek glo daarin om die klein oomblikke te waardeer, kreatief te wees, en 'n impak te maak.

Wat is Omgee?“Omgee word nie gemeet aan wat iemand sê nie, maar aan wat hulle doen. Enigiemand kan sê ‘Ek gee om,’ maar ...
20/05/2025

Wat is Omgee?

“Omgee word nie gemeet aan wat iemand sê nie, maar aan wat hulle doen.

Enigiemand kan sê ‘Ek gee om,’ maar ware omgee word gewys in jou teenwoordigheid, opoffering, getrouheid en empatie.

Te dikwels dra mense die woord ‘omgee’ soos ’n masker—hul steek dit onverskillig agter mooi woorde weg. Omgee moet gewys word, anders is dit net ’n leuen wat vermom is as beleefdheid.”

Goeie NuusCommunity site is gereed🌼DIS MAKLIK BAIE MAKLIK Hier is die skakel na die Community Site, Indien jy wil groei ...
14/04/2025

Goeie Nuus
Community site is gereed🌼DIS MAKLIK BAIE MAKLIK
Hier is die skakel na die Community Site, Indien jy wil groei in jou menswees-Jou verhouding met God, Gebed, en Mense verhoudings, kom loer gerus in: Jy kan gratis aansluit by hierdie Community, hier kan jy my Boeke, Joernale, Gereedskap vir persoonlike groei en soveel meer kry.

https://maklikbaiemaklik.aitribes.app/ft/dyPJV

🌼KOM ONS WEES MAAR EERLIK🌼Ons moet nie plek hê in ons lewe vir oppervlakkige leuens wat mense net beter laat voel, terwy...
14/04/2025

🌼KOM ONS WEES MAAR EERLIK🌼
Ons moet nie plek hê in ons lewe vir oppervlakkige leuens wat mense net beter laat voel, terwyl die Woord van God sê: “Die waarheid sal julle vry maak.”

Johannes 8:32 sê: “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”

Spreuke 10:17 (AMP) sê: “Hy wat luister na tugtiging en regstelling is op die regte pad van die lewe… maar hy wat dit ignoreer en weier, raak van koers af.”

2 Timoteus 3:17 (AMP):
Sodat die man van God volkome kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie werk.

Kom ons wees nou maar eerlik—
Kies waarheid bo gemak.
Laat toe dat God se Woord jou leer, jou met teregwysing toerus, en jou vrymaak.

My gedagtes🫨 rondom 2024Aaai tog, wat ’n jaar! Dit voel asof ek sommer oor tyd gestruikel het – 'n paar ure gehop, 'n pa...
31/12/2024

My gedagtes🫨 rondom 2024

Aaai tog, wat ’n jaar! Dit voel asof ek sommer oor tyd gestruikel het – 'n paar ure gehop, 'n paar dae geskip, en oor 'n paar maande getrip het, ooh wee ek het ook letterlik hierdie jaar grond gekoop, met my enkel in n moonboot en n gepleisterde lyf..was dit ń bewys van hoe vinnig als kan gebeur🫣! Januarie 2024 voel soos gister.

Ek sweer ek het nog aan my Nuwejaarsvoornemens gewerk... of eerder ek het probeer.

Februarie tot Mei? ’n Warboel van verjaarsdae, en ’n oordosis koek🍰

Toe rol die winter in, en ai, dit was kouer as 'n ma se kyk wanneer jy nie haar vraag verstaan en haar verkeerd antwoord, ❄️ Ek het my in my kombers soos ’n burrito gerol en myself belowe dat ek nooit weer gaan kla oor die somerhitte nie.

En toe... BOEM! Lente het gekom, amper soos 'n ou vriendin wat besluit het om vinnig in te loer en weer te gaan.
Die blomme het hul kort Instagram-oomblike gegryp, en ek het my oë geknip.....

Okay....Spoed vorentoe na die somer, toe die somer se hitte met sy braaivleis-vlieë en muskiet-invites aanklop. 🦟
het ek my eie woorde geëet terwyl ek in ’n sweetbad gesit het en my aircon soos n Harley Davidson gery het....volspoed! 🌞
Net toe ek regtig die vibe begin vang,

skree iemand:

“Dis Kersfees!” 🎄 Ja, dis reg, daar is alweer Boney M in elke winkel en ek soek desperaat ’n plek vir die kersboom....

Nou sit ek hier....

besig om 2025 te beplan met ’n mengsel van opgewondenheid en “hoekom-is-ek-nog-so-verward
gevoelens?"

Het 2024 iemand gehuur om op n fast-forward knoppie te druk? Want ek is seker ek het net geknipoog en siedaar – ons is amper in die nuwe jaar! 🚀

As tyd so vinnig aanhou, gaan ons n speedcop🫣 moet aanstel om dit ń bietjie te stop en te bribe....

Mag jy 2025 geseënd ingaan en ons mees belangrikste bron TYD met respek hanteer, jy kan baie goed doen, met geld baie koop, maar TYD staan en wag vir niemand...

Tyd is soos 'n Zoom-vergadering – Dit beweeg aan, al is jou kamera af. Jy kan dit nie pause nie, maak nie saak hoeveel jy wens jy kon nie! 🕒

Jy kan tyd nie koop nie, maar jy kan dit mors – D**k net aan al daardie ure wat jy op jou foon spandeer het om katvideo’s te kyk. Jy weet dis waar! 🐾

Tyd vra nie toestemming nie – Of jy nou klaar is met die vorige jaar of nie, dit sê: “Ekskuus, maak plek vir die volgende een!” En siedaar, dis weer Januarie! 🚀

Jy kan tyd nie terugkry nie, maar jy kan dit waardeer –

Nuwejaarswense
Mag jy hierdie jaar jou tyd reg benut – meer lag, minder stres, en hope liefde en verhoudings koester. Spandeer tyd aan die belangrikste dinge: liefde, vriendskap, kinders, kleinkinders, huwelike, en die onvergeetlike memories wat die lewe so kosbaar maak.

Veilige en geseënde Nuwejaar! Onthou, tyd mag dalk vinnig beweeg, maar die oomblikke wat jy skep, bly vir ewig. Maak hulle tel! 🌟

MDM💖

10/12/2024

Ons leef in ‘n era waar jy letterlik enigiets kan wees😳 – ‘n supermodel in Parys, ‘n draaktemmer in Westeros, of selfs ‘n eetkoring wat 'n kantoordame inspireer –UG ja ek weet dit maak nie sin nie, juis...😂 Maar kom ons wees eerlik, dis deesdae moeiliker om iemand se pronouns te verstaan en uit te figure of dit 'n man of 'n vrou is, hoe moet ons byhou...🤔

Met al die filters, AI-truuks, en “touch-ups” is die wêreld soos ‘n pot vol Photoshop, alles lyk perfek, maar probeer daai pot oopmaak, dan is die inhoud... jaaah, uhm,🧐 ‘n bietjie anders. En raai wat? Selfs as jy al jou onvolmaakthede kan "fix", bly daar altyd daai een probleem wat jy nie kan weg redineer nie – dis jou binnekant 'n mens noem dit 'n hart, ja daar is geen confusion, dis 'n hart, sommige kies hom klip "hart" maar klop moet hy klop, Yup, dit is daai deel van jou wat nie ‘n wereldse undo-knoppie het nie. 😅 dis baie dieper.

Die waarheid is, lewe gebeur van binne na buite, nie andersom nie. Maak nie saak hoeveel Instagram-TikTok-Botox-Fillers-Worthy Filters jy nodig het om jou beter te laat lyk nie, as die binnekant ‘n kakofonie is van “ek voel meh,” gaan die res nie lank hou nie. Dus, hoe fix ons dit regtig? Nie met AI nie, maar met I Am – soos in, "Ek is goed genoeg, ek is tot meer in staat.!" Jesus het gese EK IS, en daarom kan jy vandag se ek is... deur Sy Krag is ons to alles in staat.🙌
Ek nooi die vroue kom kuier saam, ons gaan gesels oor.... Wie Is JY?🫵

Send a message to learn more

Address

City Of Matlosana

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dis Maklik, Baie Maklik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Dis Maklik, Baie Maklik:

Share