19/08/2026
👀Kyk na hierdie twee advertensies.👀
Die een links lyk dalk professioneel. Maar niemand lees dit. Daar is te veel info en is moeilik om te lees.
Die een regs lyk dalk meer selfgemaak en boring, want dit is self gemaak en dalk n bietjie boring, maar die info is duidelik.
As jy ’n klein besigheid het en jy kan nie nou ’n graphic designer bekostig nie, beteken dit nie jy kan nie mooi bemarking doen nie.
🤖AI maak dit ongelooflik maklik om iets mooi te skep, en ons verstaan heeltemal hoekom jy dit wil gebruik.
Maar hier is die belangrike ding: 👉Mense lees nie flyers nie. Hulle scroll.
As jou advertensie vol klein skrif, pryse, voordele, badges, icons en hope detail is, is die kans groot dat jou potensiële klant net verby gaan scroll.
Hou dit eenvoudig. 👇👇👇
🔥Gebruik Canva en maak ’n advertensie met:
• ’n goeie foto van jou produk
• jou besigheidsnaam
• wat jy verkoop
• ’n kort, duidelike boodskap
• ’n sterk “Bestel nou” of “Stuur WhatsApp”
En sit die res van die inligting in jou caption.
Of nog beter…
🔥Maak ’n kort video.
Wys jou produk. Wys hoe dit werk. Wys hoe dit lyk. Wys die mens agter die besigheid.
Want mense koop nie net ’n mooi advertensie nie.
Hulle koop wat hulle kan sien, verstaan en voel.
So as jy ’n klein besigheid het en jy doen jou eie bemarking:
Moenie wag totdat jy ’n groot bemarkingsbegroting het nie.
Gebruik die tools wat jy reeds het.
Canva + ’n goeie foto + ’n eenvoudige boodskap = meer as genoeg om te begin.
En as AI jou help om dit mooier te maak, gebruik dit!
‼️Net onthou:
Mooi is goed.
Duidelik is beter.
En om gesien te word, is die doel.
🩷