SwerwerSiel

SwerwerSiel SwerwerSiel
Hier deel ek gedigte, brokkies vol mooi en my ai geskepte musiek wat die volle spektrum van menslike emosies en ervarings vasvang.

GoeiemiddagLiewe jy!  🤍Just timeless — Nr 5 van my album Just Sunday Classics.Rustige Sondag-musiekVir wanneer jy deur d...
27/09/2026

Goeiemiddag
Liewe jy! 🤍

Just timeless — Nr 5 van my album Just Sunday Classics.

Rustige Sondag-musiek
Vir wanneer jy deur die doring en ogiesdraad kyk, en tog 'n tapyt van blomme sien.

Dankie dat jy saam met my wandel deur hierdie album, een Sondag op 'n slag.

Met liefde,
swerwersiel

(Hierdie een het ek geskep met Namakwaland in my hart — daardie oomblik wanneer die veld skielik in 'n tapyt verander, ten spyte van die doring en ogiesdraad. Dis hoe ek oor hierdie snit d**k — dit blom net. Tydloos.)

Just timeless — Nr 5 van my album "Just Sunday Classics"Sagte So...

Goeiemôre Liewe jy!Net soos Kleinmond se mis vanoggend wat sag oor die see lê so is ons lewens ook soms mistig.Die getye...
26/09/2026

Goeiemôre Liewe jy!

Net soos Kleinmond se mis vanoggend wat sag oor die see lê so is ons lewens ook soms mistig.

Die getye kom en gaan presies soos hulle moet. Nie te vinnig, nie te stadig nie. Party dae hoog en wild, ander dae sag en stil.

Jy hoef nie vandag alles te verstaan nie. Jy hoef net te wees, soos die see - getrou in jou eie ritme.

“Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie, hier moet jou trotse golwe tot stilstand kom.”
"Job 38:11"

Hy wat die grens vir die see gestel het, het ook 'n grens vir jou sorge gestel. Die gety van bekommernis sal nie jou hart oorstroom nie - Hy hou dit dop.

Mooi Saterdag vir jou.

Liefde,
SwerwerSiel

Psalm 16:6"Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval; ja, 'n skone erfenis is my toebedeel.Mag vandag jou herin...
24/09/2026

Psalm 16:6
"Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval; ja, 'n skone erfenis is my toebedeel.

Mag vandag jou herinner waar vandaan jy kom. Geniet jou Erfenisdag

My nuwe liedjies vir vandag is beskikbaar op YouTube, gaan luister daarna en laat weet wat jy d**k.
Titel: Erfenisfees - Nou staan ons hier



23/09/2026
Voel dit of die deure voor jou gesluit bly, asof jou pad doodloop? Vandag se dagstukkie Matteus 7:7 - "Vra, en vir julle...
23/09/2026

Voel dit of die deure voor jou gesluit bly, asof jou pad doodloop?

Vandag se dagstukkie Matteus 7:7 - "Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word."

Die Skrif verseker ons van kragtige antwoorde. As ons ernstig bly vra, soek en klop, beloof Hy gehoor. Hy kyk nie net nie, Hy antwoord. Elke opregte poging dra Sy geseënde vrug.

Mag jou dag gevul wees met die hoop van oop deure. ✨

Deel hierdie boodskap met iemand wat vandag hoop nodig het.



22/09/2026

22 September 1989. Vandag 37 jaar gelede het Odette Boucher en Anne-mari Wapenaar spoorloos verdwyn.

Hulle name word nooit vergeet nie. Hierdie video is net om te onthou, nie om seer te maak nie. 🤍

Ons d**k aan julle families vandag.


Vandag, 22 September 1989 🖤🕯️Vandag d**k ons met ’n swaar hart terug aan die dag toe twee van ons eie dogters, Odette Bo...
22/09/2026

Vandag, 22 September 1989 🖤🕯️

Vandag d**k ons met ’n swaar hart terug aan die dag toe twee van ons eie dogters, Odette Boucher en Anne-Mari Wapenaar, spoorloos verdwyn het. Vandag is dit presies 37 jaar later.

37 jaar van stilte. 37 jaar van vrae waarvoor daar steeds nie antwoorde is nie.

Verlede Vrydag het ons swart gedra — nie net vir die 60+ lewens wat ons daagliks aan geweld en misdaad in ons land verloor nie, maar ook vir die stemlooses. Die wat nooit gevind is nie. Die wie se gesinne nooit afsluiting kry nie.
Odette, Anne-Mari, en die vier ander jong dogtertjies wat saam met julle deel geword het van hierdie donker bladsy in ons geskiedenis: "ons het julle nie vergeet nie."

Sedert 2017 is daar ’n toegewyde groep van ons wat in ons eie vrye tyd, stukkie vir stukkie, probeer om hierdie legkaart bymekaar te plak. Ons soek steeds na waarheid en geregtigheid. Ek het selfs my hart in ’n lied gegiet sodat hulle name en hulle stories nooit stil word nie.

Vandag brand ons ’n virtuele kers vir julle, julle families, en vir elke kind wat spoorloos verdwyn het.

GeregtigheidVirOnsKinders OnthouHulleName

Ek werk aan Snit 5 vir Just Sunday Classics... en ek het JOU brein krag nodig! Vir die van julle wat dit nog nie gaan lu...
21/09/2026

Ek werk aan Snit 5 vir Just Sunday Classics... en ek het JOU brein krag nodig!

Vir die van julle wat dit nog nie gaan luister het nie — die 4de snit op die album Just Sunday Classics is gister op YouTube vrygestel!

​Met die eerste vier snitte wat reeds op die album is:
1️⃣ Just Be
2️⃣ Just Feel
3️⃣ Just Breathe
4️⃣ Just Sacred
​...is ek nou besig om aan Snit 5 te werk!

​Maar ek wil julle hulp betyds vra: Wat d**k jy sal ’n geskikte titel wees vir die 5de snit?
​Watter woord of gedagte pas volgens jou perfek in hierdie reeks na 'Just...'?

​Los jou idees en voorstelle in die kommentaar hieronder — ek kan nie wag om te sien waarmee julle vorendag kom nie! 👇✨

YouTubeMusiek AanlynMusiek Inspirasie MusiekSkepper

20/09/2026

It's not about being perfect. It's about being still, honest, and sacred in a noisy world.

"Just Sacred" just dropped on YouTube. If you have a moment this afternoon, listen to all four back-to-back. Let me know...
20/09/2026

"Just Sacred" just dropped on YouTube.

If you have a moment this afternoon, listen to all four back-to-back. Let me know which one stayed with you.

Leave a 🤍 — I read every single one. Thank you for being here from the beginning.

— Just Sacred



Just Sacred - Track #4 | Just Sunday Classics 🤍The fourth one is ...

Address

Kleinmond
7195

Telephone

+27748890226

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SwerwerSiel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to SwerwerSiel:

Shortcuts

Share