Proteadorp Media

Proteadorp Media Proteadorp Media focus on the wonderful achievements and the challenges of the Proteadorp Community. It is stories by our community for our community.

We document the present, research and documenting the stories of our community's past.

04/10/2025

Die VGK Kleinmond se Kermis het volstoom vanoggend begin met die Kaskar wedrenne wat 'n hoogtepunt is! Die meer as 40 kaskarre het onder leiding van' 'n Brandweer Trok hul rondtes deur die strate van Proteadorp gedoen. Die Kermis vind vanaf 8h00-14h00 plaas op die VGK gronde. ❤️🇿🇦

Die Kleinmond Cansa Relay for Life vind weer hierdie jaar plaas in Palmiet Kampeerterrein en nooi sportinstansies, kerke...
03/10/2025

Die Kleinmond Cansa Relay for Life vind weer hierdie jaar plaas in Palmiet Kampeerterrein en nooi sportinstansies, kerke, besighede en alle belangstellendes uit om in te skryf en deel te neem! Sien besonderhede op plakkaat.

Hier is die geleentheid vir ons jongmense vir Chrysalis Akademie aansoeke. Sien plakkaat vir informasie.
03/10/2025

Hier is die geleentheid vir ons jongmense vir Chrysalis Akademie aansoeke. Sien plakkaat vir informasie.

02/10/2025

Die U19 Vikings stuur sterk boodskap na die verdedigende kampioene, die Pitteknippers nadat hulle gerugte gehoor het dat die Pitteknippers daaraan d**k om nie in Saterdag se finaal te speel nie.

Is die gerugte waar of is dit maar net als deel van die taktieke wat beide spanne het om Saterdag meer interesant te maak...Geen Kampioen gee sy kampioenakap sonder 'n wedstryd weg nie. Ons sal maar vir Saterdag moet wag en sien wat gebeur.

02/10/2025

Kleinmond Rugby Club se voorsitter Basil Swartz en Kleinmond Legends Est. 2018 se voorsitter, Johannes Theunissen op "Gesels Saam Podcast" oor die afgelope naweek se Kleinmond Sport en Kultuur Gemeenskapsfees en die komende naweek se finale van die Gemeenskapsfees Wedstryde asook die Kleinmond Legends se besoekende Rugby Toerspan wat teen Kleinmond legends 'n wedstryd kom speel!!

01/10/2025

Die Kleinmond Gemeenskap Sport en Kultuur Fees wat die afgelope naweek plaasgevind het was 'n reuse sukses!!

Kleinmond Rugby Club
Kleinmond Arts & Culture Hub
Kleinmond Legends Est. 2018
Kleinmond Youth Hub
Kleinmond Strandlopers Eco-Youth Club
Kleinmond Primary School

01/10/2025

Proteadorp media het gaan inloer by die VGK waar hulle gereed maak vir hul jaarlikse Kermis en groot opgewondenheid heers onder die kinders wat veral uitsien na die jaarlikse Kaskarwedrenne!! Die gemeente se gronde is tans in rep en roer want verskeie Kaskarbouers is besig om te timmer in die skep van die karre. Indien jy wiele en planke het of jy wil help met die bou van die karre, maak gerust kontak.

Welkom aan julle almal hier by die blad. Ons hoop julle geniet die saamgesels en die stories van ons gemeenskap.Elizabet...
01/10/2025

Welkom aan julle almal hier by die blad. Ons hoop julle geniet die saamgesels en die stories van ons gemeenskap.

Elizabeth Klassen Desouza, Fredaline Lienkie Visser, Riekus Appel, Zandile Giyana, Johannes Januarie, Dudley Debruyn, Zenobia Daniels II, STephan Heinrich, Sherilene Botha, Selma Mauritz, Aden Peng Appels, Lorenzo Fuller, Melany Jacobs, Joan Bunting, Austin Lawedien, Barend Summers, Geraldine Sampson, Gamat Van Eden, Henry Hermanus, Mitchell Felix, Jeremy Ess, Roseline Lucas, Nayton Oliver, Størm Måin Øncker, Dilshaad Abbas, DelaHarpe de Villiers, Sonya Meyer

30/09/2025

Die einde van Oktober is dit die jaarlikse Cansa Relay en hier in Kleinmond vind daardie relay in die Palmiet Kampeerterrein plaas. In "Gesels met Frazer Barry"Podcast, gesels Hull en Hoffman oor die Cansa Relay en wat dit alles behels. Hierdie is 'n verkorte weergawe van die gesprek. Die langer weergawe sal ook geplaas word vir diegene wat dit wil sien. Daar word 'n groot beroep gedoen op besighede, spanne, individue en organisasies om deel te neem aan hierdie fondsinsameling wat soveel kankerpasiente regoor die land help!! Sien besonderhede in video indien jy wil betrokke raak by hierdie baie belangrike gebeurtenis!

30/09/2025

Kleinmond Gemeenskap Sport en Kultuurfees 2025 -Hoogtepunte

Kyk net die span gees van die woonbuurtspanne wat die afgelope Saterdag hul staal gewys het!! Die lywe is wel seer, maar die manne sê hulle sal dit weer doen!

Op môre se Gesels Saam, met Frazer Barry Podcast, gesels Debbie Oliver Hull en Maria Hoffman oor die jaarlikse Kanker Re...
29/09/2025

Op môre se Gesels Saam, met Frazer Barry Podcast, gesels Debbie Oliver Hull en Maria Hoffman oor die jaarlikse Kanker Relay en hoe spanne en borge kan betrokke raak by hierdie wonderlike saak.

Address

45 Alusia Crescent
Kleinmond
7195

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Proteadorp Media posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share