19/10/2025
Die spoggerige Sanlam Marathon, is op die nippertjie GEKANSSELLEER! En kan julle raai hoekom? Die Kaapse dokter het besluit om sy longe uit te blaas!
Ja, die wind het glo gisteraand en vanoggend so amok gemaak dat ñ Marquees glo uitmekaar geruk is, daai duur "banners" hang aan flarde, en die organiseerders het blykbaar in die donker met groot oë gesit.
Die skinder is dat die boodskap eers 5-uur vanoggend uitgestuur is! Kan jy jouself ind**k? Duisende mense, seker so 24 000 van hulle, was al in hul tekkies en tights, reg om te sweet vir daai medalje. Party was al by die wegspring, en ander het al ure se ry agter die blad gehad. Ek hoor van een ou wat glo van Polokwane af gery het, net om ‘n WhatsApp te kry wat sê: "Jammer, die wind het gewen." Daai man se moed is seker pap soos ‘n ou ballon.
Nou wonder ‘n mens… was dit régtig net die wind? Of was daar dalk ‘n bietjie drama agter die skerms? Het iemand vergeet om die weer-app te check? 😉
Al wat ek weet is, daar is nou duisende atlete met al daai opgekropte energie wat nou nie weet wat om met hulself te doen nie. Die koffiewinkels in die Kaap gaan seker vandag ‘n slag maak!
Wat d**k julle? Was dit die regte besluit of is dit ‘n klomp bollie? Laat weet in die kommentare! 👇