Kleinmond Skinder

Kleinmond Skinder Die dinge wat mense dink maar nie hardop sê nie Skinderstories, geheime en bieg anoniem.

Gossip, secrets and confess anonymously.




https://goo.gl/XEDF6V

Goeiemôre liewe Kleinmond Skinder lesers. Wat ʼn lieflike sonskyndag. Ons het pas inligting ontvang vir ons gemeenskap: d...
07/09/2026

Goeiemôre liewe Kleinmond Skinder lesers. Wat ʼn lieflike sonskyndag. Ons het pas inligting ontvang
vir ons gemeenskap: die VF Plus (Vryheidsfront Plus) het hul kandidaatlys vir die onderskeie wyke in die Overstrand bekendgestel.

Hier is die volledige lys van kandidate soos hulle op die foto verskyn, sodat almal weet watter verteenwoordiger aan watter wyk gekoppel is:
Agterste ry (van links na regs):
Francois Myburgh - Wyk 1
Tyrone Allan - Wyk 9
Gail Roberts-Hendricks - Wyk 8
Koos Uys - Wyk 12
Sean Kedian - Wyk 13

Voorste ry (van links na regs):
Tiago Ferreira dos Santos Serra - Wyk 15
Malcolm Grimbeek - Wyk 10
Cuan Elgin - Wyk 7
Piet du Toit - Wyk 4
Kobus van Staden - Wyk 11

Kennis is mag wanneer dit by ons plaaslike munisipale sake kom. Deel gerus jou gedagtes of vrae hieronder in die kommentaar!




So tragies, nog 'n noodlottige motorongeluk ! Rus in vrede en sterkte met die herstel Tommy Dell
06/09/2026

So tragies, nog 'n noodlottige motorongeluk
! Rus in vrede en sterkte met die herstel Tommy Dell

Goeiemôre liewe Kleinmond Skinder  lesers.Vir die van julle wat nog hou daarvan om 'n regte koerant op 'n  Sondagmiddag ...
06/09/2026

Goeiemôre liewe Kleinmond Skinder lesers.
Vir die van julle wat nog hou daarvan om 'n regte koerant op 'n Sondagmiddag deur te lees, gryp nou jou "Current Times"!

Die September- uitgawe het vars uit die pers gerol en is nou beskikbaar.

Gratis kopieë lê en wag vir jou by die volgende plekke:
🌼 OK Minimark Kleinmond
🌼 Chapter 7 Coffee
🌼 OneHealth
🌼 Kleinmond Dierekliniek
🌼 C Shack Restaurant Kleinmond
🌼 Pizza World Kleinmond
🌼The Black Pearl Kleinmond
🌼 Albertyn Apteek
🌼 Coffee, On Clarence
🌼 Datastoor
🌼 Sasol Kleinmond
🌼 BroodStories
🌼 Mr. Write in Hermanus

Lekker by Albertyn
Ons sal binnekort nog optelplekke bysit en dit hier met julle deel.

Wil jy dat iemand vir jou 'n kopie eenkant hou? Stuur net 'n e-pos na [email protected]




👀 SKINDER MET ’N KINKEL: Wie vat ons berg-liefhebbers die hoogtes in?Hulle sê mos waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuur...
05/09/2026

👀 SKINDER MET ’N KINKEL: Wie vat ons berg-liefhebbers die hoogtes in?

Hulle sê mos waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie... maar vandag wonder ons eerder oor wie die pad aanwys op ons bergpaadjies!

Daar is deesdae soveel toeriste wat Kleinmond se skoonheid van bo af wil bewonder. Ons almal weet ons omliggende bergtoppe bied van die mees asemrowendste uitsigte in die Overstrand. Maar dit laat mens wonder:

Is daar enige amptelik geregistreerde toergidse in Kleinmond en omgewing wat spesifiek staptoere vir toeriste aanbied?

Nou vir die kinkel...
Daar is blykbaar ’n "tiergids" (of nou ja, ’n berg-gids!) in Kaapstad wat toeriste teen Leeukop uitneem vir ’n stewige R1 067 per persoon!
Dink net daaraan.

Kleinmond bars uit sy nate van kundige plaaslike mense wat ons unieke fynbos, biodiversiteit en historiese kuslyn soos die palm van hul hand ken.
Dit klink vir my na ’n ongelooflike geleentheid vir plaaslike werkskepping.

Ons het die berge, ons het die kennis, en die toeriste is reeds hier.
Ek sê maar net... 😉

Is daar reeds iemand wat dié skoen aantrek? Tag hulle asb of jouself!

(Die koste verbonde om vir so bergtoergids te kwalifiseer) 👇🏼





04/09/2026

Goeiemôre Liewe Kleinmond Skinder lesers. Gedagte vir die dag: Die lewe het 'n voorkant en 'n agterkant. Wys jou glimlag vir die wêreld, en vee jou stert af aan die trolle.




Kennis is mag....
03/09/2026

Kennis is mag....

142 072 kandidate is genomineer om 10 526 setels in Suid-Afrika se 2026- plaaslike verkiesing te betwis, Dit is 43% meer as in 2021.

03/09/2026

Dit is nou interessant!

Hierdie my liewe Kleinmond Skinder lesers, moet ek gou met julle deel!'n Paar jaar gelede besluit my huishoudster, Franc...
02/09/2026

Hierdie my liewe Kleinmond Skinder lesers, moet ek gou met julle deel!

'n Paar jaar gelede besluit my huishoudster, Francis, om my kamer en kaste 'n deeglike lenteskoonmaak te gee. Toe sy klaar is, het dit gelyk soos 'n foto uit 'n leefstyl-tydskrif – alles "eksie-perfeksie", nie 'n ding uit sy plek nie en sommer pragtig "ge-colour code" daarby!
Maar toe ek later my onderklere-laai oopmaak, kom ek agter hier is 'n ernstige tekort. Sien net gewone panties, maar nie 'n enkele g-string te bespeur nie...
Die volgende oggend vra ek toe heel deugsaam: "Francis, waar's my g-strings heen?"
Sê Francis vir my met die mooiste, mees ernstige gesig: "Nee Madam, ek het die winter- en somerklere geskei. Die winterklere is almal in die spaarkamer se kas gebêre."
En dít, liewe Kleinmonders, is hoe my g-strings amptelik herklassifiseer is as "somer-panties"!

Het julle al julle somerklere uitgepak!? 👙☀️

Dalk vind jy 'n verlore "somer-panty"
😉




Kleinmond Skinder lesers,  moenie "Poansig" raak oor El Niño nie! ​El Niño mag dalk op pad wees met sy hitte en droogte,...
02/09/2026

Kleinmond Skinder lesers, moenie "Poansig" raak oor El Niño nie!

​El Niño mag dalk op pad wees met sy hitte en droogte, maar ons hoef nie ons verstand te verloor nie. Hou op om Poansig te wees—daardie senuweeagtige mengsel van paranoïes en paniekerig wat jou laat dink die wêreld gaan eindig!

​Die Plan teen Poansig:
1. ​Moenie paniekerig in die sirkel hardloop nie! 🏃‍♂️🌀 (Dis 'n goeie manier om oorverhit te raak).
2. ​Moenie net paranoïes by die venster staan en loer nie! 👀🪟 (Hou maar net die nuus fyn dop).

​Doen dit eerder:
1. ​Maak slim nat: Besproei jou tuin spaarsamig en op die regte tye.
2. ​Wees vuur-wys: Hou die brandgevaar dop en wees verantwoordelik.
3. ​Asem in, asem uit: Moenie dat die nuus jou laat weghardloop nie.

​Aangesien water skaarser kan wees, is dit die perfekte tyd om vir jouself 'n lekker warm koppie tee te gooi en rustig te dink oor jou watergebruik.☕

​En nou die groot vraag aan julle:
​Wat doen jy prakties as voorbereiding vir die El Niño-hitte en droogte in Kleinmond? Deel julle wenke in die kommentaar! ⬇️

Address

Kleinmond

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kleinmond Skinder posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share