ChuChu en Kiki

ChuChu en Kiki Hier bespreek ons alles onder die son. Niks is taboe nie.

22/11/2023

Leef en laat leef, dis mos Kersfees. Nou meer as ooit.

Vir die wat glo in Kersfees, laat hulle.
Die wat nie glo nie, laat hulle.
Die wat kruideniers koop sonder om te kyk of daar 'n son, maan of ster op die goed is, laat hulle.
Die wat koop en alles ondersoek, laat hulle.
Die wat geskenke koop, laat hulle. (Ek het egter hier iets te sê, konsidereer die wat 'n effe kleiner budget het as jy en moet asb nie jou kids se DUUR geskenke onder hulle neuse vryf nie - laat ander mense ook toe om klein goedjies te waardeer en trots te wees)
Die wat nie geskenke koop nie, laat hulle.
Die wat hulle huise versier, laat hulle.
Die wat nie, laat hulle.

Moet ook nie - namens jou charity - ander laat skuldig voel omdat hulle charity by hulle eie huis begin nie. Dis wat hulle kan bekostig.

Jy kan niemand beheer, behalwe jouself nie.

Toedels en vroedels.

🎓 Maak jou skool se matriekafskeid onvergeetlik! 🎓🎉 Maak die blink nog blinker en verander opgewonde in ekstase met ons ...
25/07/2023

🎓 Maak jou skool se matriekafskeid onvergeetlik! 🎓

🎉 Maak die blink nog blinker en verander opgewonde in ekstase met ons eksklusiewe 360° Photo Booth – 'n gewaarborgde treffer vir die matriek leerders en onderwysers.

🌟 Maak 'n groot impak: Gee jou leerders die spesiale aandag wat hulle verdien. Ons unieke 360° Photo Booth sal hulle blydskap en eksklusiewe uitrustings, vanaf elke hoek vasvang. Elke video 'n asemrowende kleinood wat hulle vir ewig sal koester.

📸 Verewig spesiale oomblikke: Laat die jolyt en vreugde oorneem! Julle kan self interessante ‘props’ verskaf en die ‘back-drop’ versier om presies by julle tema te pas. Gee julle leerders die volle geleentheid om hulle kreatiwiteit los te laat en self fantasmagoriese video’s te maak wat hulle altyd met trots vir almal sal wys.

💃 Side Eye Photography bied u 'n moeitevrye ondervinding: Sit terug en ontspan! Ons hanteer die installasie, bestuur en afslaan van die 360° Photo Booth. Benewens krag en Wi-Fi, verskaf ons alles wat nodig is vir 'n suksesvolle 360° Photo booth ondervinding.

🌐 Deel die pret: Maak gebruik van sosiale media! Leerders kan dadelik hulle video’s deel en julle prag aand op almal se lippe plaas. Absolute wonderlike bemarkingsgeleentheid vir enige skool.

📞 Kontak ons vandag en maak die datum vas. Beskikbare tye is vinnig besig om te krimp!

Laat die sprankel van ons 360° Photo Booth julle matriekafskeid omtower in 'n onvergeetlike viering van prestasies, herhinneringe, vriendskap en drome!

WhatsApp: 064 796 4884
E-pos: [email protected]

14/06/2023

Nodig jy inspirasie? 'n Tikkie oor die vingers? 'n Rapsie lag? Dan is die LIVE vir jou!

25/01/2023
22/01/2023

Op soek na inspirasie?
Wanneer jy jou lig ontdek, verlig jy ander se lewenspaaie sonder dat jy weet.

LIVE Oracle lesings tussen 8:30 en 10:00

https://www.tiktok.com/

Nuwe podcast Episode 29 - Vrome Vrydag - Afrikaanse Podcast gepubliseer op Kom deel in ons opgewondenheid - want die naw...
07/10/2022

Nuwe podcast Episode 29 - Vrome Vrydag - Afrikaanse Podcast gepubliseer op

Kom deel in ons opgewondenheid - want die naweek is op hande! Vandag gesels ons oor koetjies en kalfies asook ander interessante feite.

Kom deel in ons opgewondenheid - want die naweek is op hande! Vandag gesels ons oor koetjies en kalfies asook ander interessante feite.

27/09/2022


Kontak ons op 062 439 5098 vir pryse en meer info.

Die Môresê Wittebrood Geskenkpak bevat:2 x Bekers2 x Nescafé Gold Double Decadent Cappuccino sakkies2 x Tweestuk Huisbak...
19/09/2022

Die Môresê Wittebrood Geskenkpak bevat:
2 x Bekers
2 x Nescafé Gold Double Decadent Cappuccino sakkies
2 x Tweestuk Huisbakkery pekaneut beskuit
1 x Silwerkleurige Suikerlepel
Die geskenkpak is verpak in ‘n pasgemaakte geskenkboks wat ChuChu en Kiki plaaslik laat vervaardig.
Koop aanlyn of WhatsApp ons vir bestellings 0624395098

Nuwe podcast Afrikaans Podcast - Liesbet is dood - Lank lewe Liesbet gepubliseer op Ons gesels oor kuiwe, koninklikes en...
16/09/2022

Nuwe podcast Afrikaans Podcast - Liesbet is dood - Lank lewe Liesbet gepubliseer op

Ons gesels oor kuiwe, koninklikes en ander nurdles.

In se Afrikaanse Potgooi, is hulle weer vlymskerp vandag om luisteraars saam met hulle wys te maak of in die afgrond af te trek.

Kom besluit self.

Ons gesels oor kuiwe, koninklikes en ander nurdles. In se Afrikaanse Potgooi, is hulle weer vlymskerp vandag om luisteraars saam met hulle wys te maak of in die afgrond af te trek. Kom besluit self.

!!WAARSKUWING - STERK TAAL!!ChuChu en Kiki se   kerse is warm genoeg om weer die vonk aan die gang te kry of dalk 'n ges...
15/09/2022

!!WAARSKUWING - STERK TAAL!!
ChuChu en Kiki se kerse is warm genoeg om weer die vonk aan die gang te kry of dalk 'n geskenk vir 'n spesiale vriendin/vriend/vyand ... mens weet nooit.
Elke kers is beskikbaar in drie verskillende geure.
Jy kan kies tussen gewone boks verpakking of 'n hout(MDF) boksie.
Koop aanlyn of WhatsApp 0624395098 vir bestellings - ons stuur oral oor in Suid Afrika

Address

20 Freeman Street
Klerksdorp
2571

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ChuChu en Kiki posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category