Platteland

Platteland Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland is.

12/10/2025

Dis mos nou die lewe. Om stadiger te leef is nie altyd maklik nie — dis ’n proses van aanhou, plant en hoop. Maar op Tuindag word ons herinner om vir ’n oomblik stil te staan…en te onthou waarom ons dit alles doen.

Om jou hande in die grond te druk, jou oes met ’n buurman te deel, of net te sit en kyk hoe die son oor jou tuin sak — dis hier waar rus en tevredenheid wortel skiet. As ons nie nou en dan stilstaan nie, mis ons dalk die mooiste deel van die droom wat ons bou.

Now this is the life. Slow living isn’t always easy — it’s a process of planting, tending and hoping. But on Garden Day, we’re reminded to pause… and to remember why we’re doing the work.

To press your hands into the soil, share your harvest with a neighbour, or simply watch the sun set over your garden — this is where contentment grows. Because if we don’t stop every now and then, we might just miss the dream taking shape.

Met dank aan die fotograaf en videograaf van , wat wys hoe hy dit daar op Swellendam doen.

"Kaapstad het vir Tafelberg, maar Steinkopf het Spitskop..." So sê Chalwyn Thomas, 'n storieverteller en fotograaf, bete...
10/10/2025

"Kaapstad het vir Tafelberg, maar Steinkopf het Spitskop..."

So sê Chalwyn Thomas, 'n storieverteller en fotograaf, beter bekend as die "orakel van die Richtersveld". Sy fotoprojek genaamd fokus op die stories en kultuur van die mense van hierdie omgewing.

Lente op die Ionia-kersieplaas tussen Fouriesburg en Ficksburg is ’n seisoen van afwagting, sê Frieda Kruger, ’n direkte...
09/10/2025

Lente op die Ionia-kersieplaas tussen Fouriesburg en Ficksburg is ’n seisoen van afwagting, sê Frieda Kruger, ’n direkteur. Sy raak skoon liries: “Die hele wêreld rondom ons is in bloei en die lug ruik na ’n nuwe begin – dis regtig soos ’n sprokieswêreld!” skryf Anri Matthee.

Die snoeiwerk en grondvoorbereiding begin in die winter reeds, en teen laatlente hang die kersies swaar in die boorde. Oestyd begin einde Oktober en loop dan gewoonlik tot vroeg Desember. Dis ’n bedrywige paar weke, want dan ontvang Ionia ook talle besoekers vir hulle gewilde pluktoere. “Ons gaste klim op ’n toerwaentjie vir ’n uitstappie na die boorde – op pad leer ken hulle ’n stukkie van Ionia se geskiedenis en ons kultivars,” sê Frieda.

“Tussen die bome mag hulle proe, pluk en ’n bakkie vol saamneem huis toe. Ons skink ook vars kersiesap reg in die boord – dis die geur van die seisoen.” Die hoogtepunt van die pluktyd is gewoonlik die derde en vierde week wanneer die vrugte op hulle smaaklikste en sappigste is. Dan hou die plaas sy jaarlikse gesinspretdag: die Kersie-oesfees.

Maar die spreekwoordelike kersie op die koek bly maar die pluktoere. “Die uitsig op die berge, die rus van die natuur en die unieke ervaring om kersies direk van die boom af te eet maak ’n diep indruk op besoekers,” sê Frieda. Die plaas verbou nie minder nie as 21 verskillende kersiekultivars, met die seldsame geel Rainier een van die uitblinkers. “Sy smaak is effens vrank dog soet, en die hoë natuurlike suikerinhoud maak dit geskik vir ons spesialiteitslikeur.”

Hoewel die pluktoere seisoengebonde is, is die plaas regdeur die jaar oop vir besoekers. By die padstal en restaurant – wat slegs vier dae per jaar sluit – kan ’n mens allerhande kersieprodukte koop om huis toe te neem: konfyt, likeur, sous, gemarineerde vleis en meer. Nog ’n gewilde besoektyd is net voor oestyd, wanneer die boorde oortrek is met die delikate wit bloeisels, sê Frieda. “Dis ’n visuele fees wat veral fotografie- en natuurliefhebbers lok. Al hou ons nie formele toere in die bloeityd nie, is gaste welkom om te kom stap, foto’s te neem en die plaasatmosfeer te geniet.”

En van waar die plaas se interessante naam? “Die legende is dat die oorspronklike setlaars van die plaas met die Griekse skip die Ionia oor die waters gereis het. Die naam het saam met hulle hier aangekom en erfenis geword – een wat ons met trots voortdra.”

Vanjaar se Kersie-oesfees word van 20-22 November gehou. Besprekings kan vooraf op die webwerf gedoen word.

(Foto's deur )

Johnny Matthys is so deel van N’Rougas soos die brakslaai en kameeldorings wat hier groei. Toe Veronica Rorich (die vier...
07/10/2025

Johnny Matthys is so deel van N’Rougas soos die brakslaai en kameeldorings wat hier groei. Toe Veronica Rorich (die vierde geslag van haar familie wat op die plaas boer) dus haar nuwe planne met hom deel, het hy gesê solank daar aan die plaas se toekoms ged**k word, is die saak reg, skryf Willem van der Berg.

“Die groot verandering wat ons hier gemaak het, is om die skape met herders op te pas. Dan hoef ons geen diere dood te maak nie. Dit help ook dat ons net sekere dele van die veld bewei terwyl die res rustyd kry. En omdat ons nou heeltyd by ons skaap is, sien ons dadelik as daar fout is of ’n siekte kop uitsteek. Dié manier van boer klink nou nuut en snaaks, maar dit is hoe die mense al die jare gemaak het voor ons vir die natuur kom sê het ons weet beter,” sê Johnny terwyl golfies boesmangras teen sy bene vasspoel.

Hy en sy drie seuns, Winston, Rohan en Julian, hanteer die boerdery op N’Rougas. Hulle hou die oë en ore in die veld en die heeltyd ’n vinger op die pols van die grond. “Ons leer steeds meer en meer,” sê Veronica. “Maar ons sien al klaar ’n verbetering in ons veld, en ons skape lyk gelukkig en gesond.” Dit is egter die samewerking en noue band met die Matthys-familie wat haar die blyste maak.

“As ek in die veld stap en die rotstekeninge en kliptoerusting sien van die mense wat voor ons hier was, besef ek dit is slegs ’n voorreg om ook ’n rukkie deel van die grond te wees. En dat ek heel misbaar en onbenullig is. Al wat iets beteken, is om hierdie stukkie aarde so goed te bewaar as wat ons kan, en om vir soveel mense moontlik die lewe ’n bietjie beter te maak. Wat anders sal iets werd wees as ons nie meer hier is nie?

"Niemand verstaan die veld, die weer en die diere beter as die Matthys-familie nie,” sê Veronica op die stoep van die plaashuis net noord van die Kenhardt... “Ons wou hê die boerdery-metodes moes verander sodat ons die veld en die natuur gesonder kon kry en beter bewaar. Ons wou nie meer die jakkalse en rooikatte doodmaak nie. Ons wou nie meer sien hoe skilpaaie onder die elektriese grensdrade doodgeskok word nie. Die huurder (van die plaas) het nie kans gesien vir hierdie veranderings en om saam met roofdiere te boer nie. En ek verstaan dit, want niemand anders hier boer so nie.

“Ek het met die Matthys-familie gesels en hulle gevra of hulle my sal help dat ons self weer die boerdery oorneem en met hierdie nuwe beginsels voortgaan. Sonder hulle kon ek dit nie doen nie – ek het net mooi niks geweet van gras, skape of boorgate nie.”

Die Matthyse is selfs stywer aan N’Rougas vasgebind, en tussen die ysterkliprantjies is ou-ou stories van hulle voormense uitgekap. “Ek het op hierdie grond aangekom,” vertel Johnny. “Pa-Hans en Ma-Lisa het my hier gemaak terwyl hulle vir Veronica se oupa en ouma gewerk het. ’n Vroedvrou het my gevang. En hier is ek nog altyd.”

Ontmoet nog van Kenhardt se mense in ons Lente-uitgawe nou beskikbaar in winkels en aanlyn: https://bit.ly/3ORFsrr

“I’ve always wanted to do this, it’s just that I never had the space or resources to pursue my dream,” says Sibusiso Mog...
30/09/2025

“I’ve always wanted to do this, it’s just that I never had the space or resources to pursue my dream,” says Sibusiso Mogale as he gestures towards his 23-hectare farm situated along the lush banks of the Crocodile River. “Now, finally, I do,” writes Hancu Louw.

Born without hands and forearms, 37-year-old Sibusiso’s journey to becoming a farmer was fuelled by a burning desire for independence and a deep love for working the soil. “My grandmother had a vegetable garden and, as a young boy, I would spend a lot of time with her, watching and learning. One day, while she was sowing, I used my toes to plant a couple of seeds, taking care to mark each spot carefully,” he says of his earliest recollection of gardening.

“I remember the incredible sense of excitement – and relief – I felt when I saw the shoots coming out of the ground and, week after week, slowly grow into healthy mealie plants.” This simple act of sowing a few seeds and tending crops offered Sibusiso a profound insight into his own abilities.

“Seeing my family members eating and enjoying the mealies I had planted with my own toes, and taken care of for all those months, made me realise that even someone like me, a disabled person who was always dependent on others, could make a meaningful contribution to the world around me.”

After five years of full-time farming, he admits that when he was growing up, he never considered it a potential career. “I was always told what I could or could not do, and I was convinced that I would become an artist or a public speaker because that’s what the people around me were saying,” Sibusiso recalls of his school years, which were spent far away from his grandmother’s vegetable garden. (He attended schools for children with physical disabilities in Limpopo and later Johannesburg.)

“In high school, I discovered my talent for swimming, and that opened up a lot of doors for me.” He secured a scholarship to attend a mainstream school in Johannesburg and, during this time, competed in various national and international championships for physically disabled swimmers, which culminated in his qualifying for the 2008 Summer Paralympic Games in Beijing, China.

“Unfortunately, I was unable to attend because I was not doing well academically. It was my matric year and my coaches and teachers decided that I should rather focus on finishing school. I did, however, continue swimming after I completed school.” But the rigor of competing became too much, and he decided to call it quits as a career sportsman in 2013.

After trading his speedo, cap and goggles for a laptop and textbooks, he completed a certificate in business administration at Boston City College and entered the job market. “I held various administrative positions in the private sector and government. Did the nine-to-five thing, and settled into that kind of life,” he says of his 20s, living and working in Gauteng and later Mbombela.

It was the predictability of an office job, and the dependence on an employer for a salary that eventually drove Sibusiso back to his family home... and his grandmother’s vegetable garden. “I remember calling my mother and telling her, ‘I’m not an office person.’ She tried to convince me to keep trying to make it work, but I couldn’t keep sitting around twiddling my toes.”

Read how Sibusiso, without any formal training and arms/hands, sells high quality vegetables to retailers in Nelspruit, in our Spring issue available in stores and online: https://bit.ly/3ORFsrr

Die dae word langer en die aande is perfek om buite te eet of 'n entjie in die laatson te gaan stap. Maar saam met die w...
29/09/2025

Die dae word langer en die aande is perfek om buite te eet of 'n entjie in die laatson te gaan stap. Maar saam met die warmer weer kom daar ’n minder welkome gas: vlieë. Ons almal weet daar is min dinge meer irriterend as ’n vlieg wat om jou bord kos of tert draai net toe jy lekker gaan sit om dit te eet.

Omdat gif nie ideaal is naby kos en mense nie, het ons ’n paar natuurlike, DIY-maniere wat jy kan probeer:

Coke-bottel-valletjie: Sny die bokant van ’n 2ℓ-bottel af en draai dit om soos ’n tregter. Meng ½ k suiker, ¼ k asyn, ½ k warm water en 1 t sout. Die mengsel is aanloklik vir vlieë, maar hulle kan nie terugvlieg nie en verdrink.

Vicks & bloekom: Vlieë hou glad nie van die reuk van menthol of bloekom nie. Vryf ’n bietjie Vicks op venster- en deurkosyne of hou ’n oop flessie in die kombuis daar waar jy jou vrugte hou.

Essensiële olies: Meng 150 ml water met 5 druppels sitronella, bloekom en laventel in ’n spuitbottel. Spuit dit in die lug of naby kos.

Sitroengras-mengsel: 20–25 druppels sitroengras in ½ koppie warm water kan ook werk.

Waaiertjie: Vlieë hou nie van bewegende lug nie en sukkel om te vlieg.

Sitronella-kerse: Skep sommer ekstra atmosfeer én hou die vlieë weg.

Natuurlike helpers: Venus flytraps, hoewel minder prakties omdat dit nie help as daar baie vlieë is nie, (of selfs kruie soos basiliekruid en laventel in potte) kan help om vlieë natuurlik weg te hou.

'n Ou boereraat is om melk, suiker en peper warm te maak en dit in bakkies rondom die huis te plaas.

Daar is mos altyd 'n eenvoudige manier om die rus en vrede te bewaar!

##############################XX

The days are getting longer, and the evenings are perfect for enjoying a walk in the late sun or sitting down to eat outdoors. But along with the warmer weather comes a less welcome guest: flies. Few things spoil a meal faster than that constant buzzing around your plate.

Since using harsh chemicals near food and people isn’t ideal, here are some natural, DIY ways to keep flies at bay:

Bottle trap: Cut the top off a 2ℓ soda bottle, flip it upside down like a funnel, and place it back into the base. Fill with ½ cup sugar, ¼ cup vinegar, ½ cup warm water, and 1 tsp salt. Flies fall in easily and can’t escape.

Menthol & eucalyptus: Flies dislike the scent. Rub a little Vicks on windowsills and doorframes, or keep an open jar in the kitchen near fruit bowls.

Essential oils: Mix 150 ml water with 5 drops each of citronella, eucalyptus, and lavender. Spray lightly in the air or near food.

Lemongrass mix: 20–25 drops in ½ cup of warm water works just as well.

Small fan: Flies struggle to move in circulating air.

Citronella candles: Create extra atmosphere while keeping flies away.

Natural helpers: Herbs like basil or lavender in pots can help, and even a Venus flytrap (though more decorative than practical on a large scale).

Old remedy: Warm milk, sugar, and pepper in small bowls left around the house can lure flies away.

Because there’s always a simple way to keep life peaceful — even when the flies arrive.

25/09/2025

Ver van die dorp se biblioteek af op die platteland waar openbare vervoer duur is, het Mara le Roux van die Hexvallei die eenvoudige, maar sterk besluit geneem om ’n plaasbiblioteek vir die kinders in haar gemeenskap te begin. By Sandhills het sy ’n ruimte geskep waar boeke wêrelde oopmaak en lees ’n toekoms kan bou. Hierdie inspirerende projek is onlangs met die ATKV-toekenning vir leesbevordering bekroon — ’n welverdiende erkenning vir iemand wat 'n verskil probeer maak net daar waar sy is.

👉 Kyk die video en luister na die res van Mara se storie. (Video deur die vervaardig)

Op die plaas Gamsberg ongeveer 120 km suid-wes van Windhoek en reg wes van Rehoboth, woon vandag ’n man wat die geskiede...
23/09/2025

Op die plaas Gamsberg ongeveer 120 km suid-wes van Windhoek en reg wes van Rehoboth, woon vandag ’n man wat die geskiedenis van dié stuk grond beter sal verstaan as enigiemand anders: Piet van Rooyen, skrywer van boeke soos Die spoorsnyer, Die olifantjagters en Agter ’n eland aan, skryf Peter van Noord.

Nadat Piet in 1989 Namibië toe verhuis en eers op ’n huurplaas buite Gobabis met beeste, volstruise en arabierperde gaan boer het, het hy by die Nyae-Nyae-ontwikkeling-stigting naby Tsumkwe gewerk waar hy saam met die San gejag, geleef en spoorgesny en hulle meer geleer het oor beesboerdery. Hier het hy kennis gemaak met die San-leier en -spoorsnyer Paul Chapman.

Dit is uit gesprekke met Chapman dat Piet se romans Die spoorsnyer en Die olifantjagters vorm aangeneem het – laasgenoemde is in 1998 met die M-Net-prys bekroon. Ook die outobiografiese roman Agter ’n eland aan is ’n dokumentering van sy persoonlike ervarings by die San.

Dié verbintenis met die San-gemeenskappe het Piet se skryfwerk én sy menswees beïnvloed. In essays soos “Bemoeienis met die ander – Boerskrywer en Boesman”(1999), en in sy roman Etosha (2010) ondersoek hy temas soos identiteit, landskap, bewaring en geskiedenis – geïnspireer deur sy persoonlike belewenisse en interaksies met die inheemse gemeenskappe van Namibië, maar ook deur die landskap: die stilte van die veld, die ritme van die seisoene en tekstuur in die landskap.

Piet vertel van die mense wat voor hulle hier in die veld gestap het... “Jagter-versamelaars uit ’n oertyd het hulle hier by die watergat teen die Gamsberg kom tuismaak en hulle tekeninge teen die rotswande geverf,” vertel Piet, “en ’n geskiedenis agtergelaat wat g’n mens vandag kan verklaar nie.”

Piet sê vriende en familie kom maak hulle gereeld hier tuis vir ’n dag of drie, of sommer ’n week. “Oral op die plaas is daar staproetes. Hier is drie groot gronddamme met watervoëls, ’n eie berg – die Rooiberg – wat net ’n paar meter korter is as die Gamsberg langsaan, en natuurlik die daaglikse blik op die indrukwekkende Gamsberg met sy plat Tafelbergkruin, wat elke dag anders lyk soos die lig daarop val. Elke aand straal die Gamsberg ’n ander kleur uit, afhangende van die dynserigheid of helderte uit die weste.”

Die plaas is inderdaad nie net ’n werkplek nie, maar ’n lewensruimte. Elke dag is ’n oefening in luister – na die weer, die diere, die stories van die grond. Elke oggend bring ’n nuwe geleentheid vir nadenke... en soms ’n sin wat op papier beland. “Ek skryf nog gereeld – die gogga wil maar net nie laat los nie, hoewel ek my stuurs bekommer oor die algemene leser se gebrek aan insig en gehalte.”

Die dae op die plaas het al ’n soort bekende ritme gekry, sê hy: “Opstaan, koffie drink, ’n dagstukkie lees, e-pos nagaan, ’n draai in die veld ry‚ ’n gereelde verposing tussen die beeste – ek is so lief vir brahmane, omdat hulle soveel persoonlikheid het – skryf aan ’n roman of tydskrifartikel. Annalie (sy vrou), weer, vroetel in haar tuin, bak brood, doen eko-drukwerk of naaldwerk. En saans sit ons maar en lees – daar’s nie ’n TV in die huis nie.”

Piet sê hy het al klaar sy grafsteen uitgesoek – in die skaduwee van Gamsberg, waar hy eendag finaal wil nesskop.

Lees verder hoe Piet op hierdie stukkie grond beland het en die stories wat hy hier opgediep het in ons Lente-uitgawe nou beskikbaar in winkels en aanlyn: https://bit.ly/3ORFsrr

19/09/2025

Die Bloutrein se "tiny" weergawe dalk? Hierdie oulike inspeksietrollie is onlangs op die N1 net buite Matjiesfontein gesien. Dit lyk dalk net soos 'n piepklein treintjie, maar dit het ’n baie belangrik taak: om die spoor na te gaan, sowel as die oorhoofse elektriese lyne en hoe die pantograaf daarmee in aanraking kom. Die volgende dag het die indrukwekkende Rovos Rail op dieselfde spore (veilig) verbygedonder.

The Blue Train’s “tiny” version, perhaps? This cute little inspection trolley was recently spotted on the N1 just outside Matjiesfontein. It may look like a miniature train, but it has a very important job: checking the rail tracks, as well as the overhead electrical lines and how the pantograph interacts with them. The very next day, the impressive Rovos Rail thundered safely past on the same tracks.

(Video gemaak en geneem deur Sunshine Simplicities )

Van die brandstofpompe af sal jy vir Oma Miemie Café and Bakery, seker 78 treë straataf, sien. As dit nie vir die hotel ...
18/09/2025

Van die brandstofpompe af sal jy vir Oma Miemie Café and Bakery, seker 78 treë straataf, sien. As dit nie vir die hotel was nie, sou jy nog haastig aan die ry wees. Maar nou loer jy by Oma Miemie in en vind die grootste skat tussen Calvinia en Upington, skryf Willem van der Berg.

Die beste koffie in die Boesmanland! Lamspasteie en wortelkoek wat sterk meeding met enige ander koffiewinkel of padstalletjie. Oma Miemie is al baie jare in Kenhardt en is genoem na Maria Magdalena (of dan Miemie) Wolhuter wat van 1910 tot 1962 ’n groot gees en leier in die Kenhardt-gemeenskap was. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was sy ’n kommandant vir die South African Womens Auxiliary Service en het ook vir die Rooikruis gewerk. Miemie het verskeie medaljes vir haar onbaatsugtige bydrae tot ’n beter wêreld ontvang.

Die afgelope vier jaar behoort die koffiewinkel aan nóg ’n merkwaardige vrou, Veronica Rorich. Oma Miemie is vir haar belangrik. “Dit sorg vir ’n paar mense en hulle families. Maar dit is ook ’n plek waar ons almal dit gate uit kan geniet en onsself ’n bietjie kreatief kan uitleef. Ek wil hê Oma Miemie moet ’n bekende stilhouplek word. Hoe meer mense op Kenhardt stop, hoe beter kan dit met die hele dorp gaan.”

Die koffiewinkel is al jare op Kenhardt, maar Oma Miemie het in 2021 haar bolla losgemaak en ’n nuwe rok aangetrek. Die spyskaart is eenvoudig, maar die kos heerlik. Die verfrissende Boesmanland-tonic sal jou weer in die regte rat kry vir die res van die pad.

(Foto’s deur Willem van der Berg en verkry.)

Dit is Paasnaweek en Rietbron is selfs stiller as gewoonlik. Die enigste winkel, Kapokwinkel, is toe Saterdagmiddag is d...
16/09/2025

Dit is Paasnaweek en Rietbron is selfs stiller as gewoonlik. Die enigste winkel, Kapokwinkel, is toe Saterdagmiddag is daar niemand by die netjiese tennisklub nie. Maar die Sondagoggend kom daar skielik bakkies op al die grondpaaie na die dorp toe aangery. Ds. Kobus Eksteen lyk ook effens verbaas as hy van die kansel af die gemeente deurkyk, skryf Willem van der Berg.

“Ek d**k ons was met ’n begrafnis laas só baie bymekaar. Ons is hoeka vandag hier omdat Jesus sy eie begrafnis geskip het.” Daar word ook sommer twee kinders gedoop die oggend. “Nou die dag het die gemeente skoon na hulle asem gesnak toe ek so ’n lekker groot hand water oor een van die kindertjies gooi,” vertel Kobus ná die diens. “Ek weet nie of hulle bang was dat ek die kindjie gaan verdrink of benoud dat ek water mors nie. Onthou, die gemeente is basies almal boere en hulle kom nou net uit ’n verskriklike droogte.”

Baie van die bakkies om die kerk dra darem tekens van onlangse goeie reën. Kobus en sy vrou, Nana, is van die begin van 2017 af op Rietbron. Dit was aanvanklik ’n kultuurskok. “Voor Rietbron was ons agt jaar in Mosambiek, op die grens met Malawi. Ek het daar in Portugees gepreek. Jy kan dus d**k om van daardie landskap en mense hiernatoe te skuif was wild. Toe ons die eerste keer Rietbron besoek, het dit gevoel die dorp kom nie nader nie. Dit word net platter en platter en valer en valer om jou. Ja, ons was half uitasem toe ons hier stilhou. En vir ’n oomblik amper dronkgeslaan. Asof ons nie kon glo dat die plekkie in die middel van dié groot niks bestaan nie.”

Maar hulle het aangepas en is nou baie lief vir Rietbron. “Wanneer ’n gemeenskap jou nooi en vra om ’n invloedryke deel van hulle omgewing te wees, moet jy dit met respek hanteer,” sê Kobus. “Ons het. En ons het dat die mense ons leer van hulle wêreld en bestaan hier, ons wys hoe om hier te lewe. Hulle weet mos. Ek is nie hier om hulle te verander nie. Ek kom vertel net ’n wonderlike en belangrike verhaal. En dit is nie eens my eie storie nie.”

Intussen is Rietbron besig om ’n al hoe groter deel van Kobus en Nana se storie te word en hulle het geen planne om dit kort te knip nie. “Ek weet nie eintlik of ons heeltemal by ’n gewone en normale dorp of gemeente sal pas nie,” sê Nana. “Ons hou daarvan om deel te raak van ’n gemeenskap. Deel van die hartklop en dít wat die mense aan die gang hou en bymekaar hou. Ons wil voel wat hulle voel en verstaan hoekom hulle so voel. Op die meeste plekke is mense nie oop en eerlik genoeg dat jy só na aan hulle kan kom nie. Of die gejaagdheid van hulle lewens laat dit nie toe nie. En dit is nou twee dinge wat jy nie op Rietbron gaan kry nie: Hier is geen voorgee nie, en geen haas nie.”

Dit is die mense wat Rietbron maak. Lees hulle stories in ons Lente-uitgawe nou beskikbaar in winkels en aanlyn: https://bit.ly/3ORFsrr

11/09/2025

Dit is dag 2 van ! Wes-Kapenaars (en almal uit die omliggende gebiede) kry hierdie week die kans om deel te hê aan een van die land se gewildste landbouskoue. Van 10 tot 13 September 2025 wys Bredasdorp Park die jongste landboutoerusting en tegnologie in aksie. Jy kan leer oor diere, gewasse en volhoubare boerderypraktyke; nuwe produkte en plaasuitstallings ontdek; plaaslike kos geniet; en sommer ’n lekker gesinsuitstappie maak met iets vir oud en jonk. Sakkie Franken, die uitvoerende burgemeester van die Overberg-distrik, het die skou afgeskop met 'n paar woorde oor die waarde van landbou vir ons streek. As jy naby is, kom maak ’n draai — hier deel boere, entrepreneurs en gesinne idees, stories en ’n passie vir die plaaslewe.

It’s Day 2 of ! This week, Western Cape residents (and those from surrounding areas) have the chance to experience one of South Africa’s most popular agricultural shows. From 10 to 13 September 2025, Bredasdorp Park comes alive with the latest farming equipment and technology in action. Visitors can explore livestock and crop exhibitions, learn about sustainable farming practices, discover new products, enjoy local food — and make it a fun outing for the whole family. Sakkie Franken, the executive mayor of the Overberg District Municipality, opened the event with a few words on the importance of agriculture in the region. If you’re nearby, don’t miss it — a place where farmers, entrepreneurs and families come together to share ideas, stories and a passion for the land.

( Video deur )

Address


Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Platteland posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Platteland:

  • Want your business to be the top-listed Media Company?

Share