23/09/2026
Wanneer jy jou paaie loop en besef jy het nooit alleen geloop nie ..Dan is dit asof die wereld jou vrae onderbreek
"Het ek dit reg gekry?"
"Het ek dat reg gekry?"
"Is ek gereed om te aanvaar?"
"Is ek gereed om te laat gaan?"
"Is my geliefdes tevrede?"
"Wie gaan vir my kwaad wees?"
"Wie sal gelukkig wees?"
"Wie sal ooit saam met my huil?" Dis die basiese vrae wat deur 'n mens se kop dwaal...
Ek deel 'n verhaal van 'n meisie wie op 'n jong ouderdom moes vinnig kies..
Jare gelede , 28 jaar gelede op 30 April 1998 is 'n dogtertjie gebore en soos sy opgegroei het moes sy verloor , wen en altyd kies
Sy het op dag besluit om te droom oor 'n loopbaan in onderwys "Kyk hoe lekker is dit om met kinders te werk" het sy vir haarself gesê terwyl sy self in die skoolbank sit .. 3jaar later verander sy van keuse en droom oor dokter of polisievrou word ..dit was nie vir haar nie besef sy 1 jaar later en daar bevind sy haarself in die drankbottel elke naweek se ding met haar vriende ..en dit net op die ouderdom van 15😱 "Oh hel yah" nog net 'n kind!
Daardie meisie besef toe iets "Die lewe is lekker" maar nie so lekker totdat sy haarself laat dink het nie..
Sy droom van 'n musiekloopbaan en dit ontplof toe in haar gesig na net 1 negatiewe kommentaar en sy stop alles..
Op 18 draai haar hele lewe in 'n rigting in wat sin maak daar kom 'n 3 weke oue baba op haar pad en met die "party nag" sê drankgeld koop sy doeke en alles wat hierdie baba nodig het ..
Een wonderwerk vind plaas...
Daardie meisie kry geen begeerte vir drank nie ..Ja sommer oornag!
Daardie meisie moes langs 'n hospitaal bed van daardie baba sit
Sy eerste tand sien , sy eerste tree
Sy eerste dag op skool sien..
En die eerste dag in graad R huil die meisie asof die seuntjie van haar at weg gevat word ..elke sekonde het sy om getel tot dit tyd was om hom te gaan haal ..
Vandag 10jaar later is hulle steeds saam , 10 jaar tel hulle mekaar te tree saam..
Op 21 besef die meisie sy het 'n liefde vir kuns en leer vandag steeds hard daaraan om meer te doen
Daardie meisie moes breek
Sy moes val
Sy moes lag en huil
En na dit alles glo sy steeds om eendag te openlik te sing en beter te skilder
Daar die meisie is EK
Chadine Hector ✌
"Maak nie saak hoeveel kere die lewe jou keer om te droom nie , droom net groter wees vasbeslote en hou vas aan net een hand ..GOD SE HAND!