OFJ media

OFJ media OFJ Media | Creative content from Springbok, NC. We offer photography, videography, editing & sound services. Founded by Faroll Coetzee & Oscar Langdown.

Let us bring your story to life. 📩 [email protected] | 📞 071 754 7758 / 078 642 5026

05/05/2026
28/02/2026

WONDE 🌑🔥
’n Bekroonde Klassen / Garage Dance Ensemble-produksie, in opdrag van Tshegohatso Mothelesi.

🏆 Mees voorpunt-choreografie
🏆 Beste uitvoerder in ’n choreografie

Sien dit live by die Suidoosterfees (1, 2, 3 Mei) — en daarna by die Guggenheim Bilbao, Spanje (Mei).

HSN-leerders en volwassenes kry die skaars voorreg van ’n eksklusiewe voorskou van hierdie internasionaal bekroonde werk — teen ’n weggee-prys.

Jy kan dit rêrig nie bekostig om hierdie geleentheid mis te loop nie.

🎟️ Kaartjies: Mnr Shaun Kuswayo
📞 078 323 9034

27/02/2026

Oscar Langdown: ’n Lewe wat klaar van kleins af “tech run” 💡🎚️🔥
VERHOOGBESTUUR G*T: KKNK en SUIDOOSTERFEES.
Oscar, seun van Mark, neefie van Dawn en May, kleinseun van Meester Langdown (en natuurlik ook Aunty B), is in 1994 in Okiep gebore—reg in ’n clan van kunstenaars én onderwysers. Watse kans het die kind ooit gehad? Natuurlik beland hy in die kunste.

Hy begin DJ terwyl hy nog op hoërskool is, matrikuleer in 2012 met Ontwerp en Drama as vakke (mens wonder… was dit ’n roeping of was dit “auntie influence”? 👀).

Nog vóór matriek hanteer hy reeds klank en ligte vir sy tannies se produksies—en sommer met styl ook. Hy werk aan ikoniese Namjive-produksies soos Dans Collage, Vlam, Is Was, én help met die opening van die COSAFA sokkertoernooi.

In 2011 kry hy die geleentheid om Tony Madikani—’n topklas klankingenieur by ARTSCAPE en kollega van John en Alfred—te skadu. Dit was tydens Alfred se produksie Padonbekkend en Dawn se bekroonde Mense van Mense met Richie Cloete. Ja-nee, hy het nie sommer net “by ’n knoppie gestaan” nie—hy het by die beste geleer.

In 2012 is hy terug by die KKNK, waar hy sy tannies ondersteun met die buitelugproduksie Vlam. ’n Resensie het dit só beskryf: die Namjive-dansgeselskap van Okiep se Vlam meng dansteater met visuele effekte, gedramatiseerde mites, musiek, beeldhouwerke, reuse marionette en vlamme onder die Karoo se sterre—met Oudtshoorn-inwoners wat help om stories te ontgin en marionette te bou.

In 2016 skryf hy by City Varsity in om klankingenieurswese te studeer. Die kursus word ongelukkig nie voltooi nie weens finansiële uitdagings—maar soos ons almal weet: talent vra nie altyd vir ’n sertifikaat nie.

Hy toer ook deur die provinsie met Namjive se produksie MIS, ’n skool-voorgeskrewe werk wat deur tannie Dawn ontwikkel is. En oor die laaste dekade lewer hy tegniese ondersteuning vir al Garage se groot én klein produksies, plaaslik én op toer, insluitend as verhoogbestuurder vir G*T by Die Toyota Woordfees.

In 2022 voorsien hy die klank op Faroll Coetzee se filmverwerking van Hinkel se Krummelpap wat op Woordfees se DStv-pop-upkanaal vertoon is—

Hy het leer bestuur op Alfred se gehawende blou Golf. So ja—jy kan maar gerus wees: hy’s ’n verantwoordelike bestuurder. 😄

Vandag is Oscar ’n toelatingsassistent by die NCED, verantwoordelik vir die registrasie van nuwe leerders in die intreegrade. En in 2023 stig hy saam met Faroll Coetzee die media-agentskap OFJ Media, wat fotografie, videografie en klankingenieursdienste aanbied.

Hou hierdie spasie dop 👀✨Groot dinge is op pad—klank, lig, lens en ’n bietjie Okiep-magic. 🔥🎚️📸

KKNK 29 en 30 Maart. KOOP JOU KAARTJIES HIER> https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1582295326
SUIDOOSTERFEES 30 April, 1 en 2 Mei KOOP JOU KAARTJIES HIER>

G*T –https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1587851530

WONDE – https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1587358737

PIC Ruth Smith Creates

About today Faroll out with Antie Katriena doing what we do best 🤘🤘
31/07/2025

About today Faroll out with Antie Katriena doing what we do best 🤘🤘

25/07/2025

Address

Okiep
8270

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when OFJ media posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category