Kambro Kind

Kambro Kind Kambro kind 'n digtersblad met Afrikaanse gedigte en gesegdes om te motiveer en te inspireer. Wees di

Baie dankie Malherbe Uitgewers vir die vrystelling van my 2e Digbundel "Stemme uit die Hemel" . Alle eer aan ons Hemelse...
13/10/2024

Baie dankie Malherbe Uitgewers vir die vrystelling van my 2e Digbundel "Stemme uit die Hemel" . Alle eer aan ons Hemelse Vader vir Sy groot genade. Die boek is nou te koop. Volg die aanwysing onderaan na Malherbe Uitgewers se blad om dit aanlyn te koop.

New Release! Stemme uit die Hemel - Petrus JS Vermaak

Die nagedagtenis van ’n geliefde moet altyd voortleef in ons harte, glimlagte en dade. Met elke herinnering word opnuut ’n vuurtjie van liefde aangesteek in ons harte wat deurskemer na on glimlagte en sal uitloop op ons dade.

Ek is ‘n Karoo kind wat van kindsbeen af opgegroei het in sy stilte en natuurskoon. As kind het ek grootgeword tussen twee familie plase, Wilgerbos en Lammerkraal in die Prins Albert omgewing. My familie het ‘n groot rol gespeel in die vaslegging van die liefdesfondament vir die Karoo. Hul sterk geloof het ook vir my gehelp oor baie lewensberge.
https://www.malherbe-uitgewers.co.za/poesie-poetry/product/stemme-uit-die-hemel-petrus-js-vermaak

Dit was op die 19e April wat ek die boodskap van Marsofine Krynauw ontvang om deel te wees van die Nuwe Era Groot Verseb...
12/07/2024

Dit was op die 19e April wat ek die boodskap van Marsofine Krynauw ontvang om deel te wees van die Nuwe Era Groot Verseboek 2024 van Malherbe Uitgewers. 'n Groot voorreg om deel te kan wees van 46 gekose digters in 'n spogbundel. Dit was 'n groot uidaging in 'n geweldige uitdagende tyd.

Wie was die groot dryfveer agter die skryf van die gedigte wat ek ingestuur het? Toe sy hoor ek is uitgenooi om deel van die boek te wees, het sy voortdurend vir my aangemoedig om betyds my gedigte in te stuur. My vrou, my Karoo Engel, ek verstom my in jou geloof, krag en liefde.

Dit was 'n paar moeilike maande. Voor my oë het my vrou al hoe sieker geword. Elke dag het ek gesien hoe die grou en gru van 'n onverklaarbare siekte haar probeer kniehalter. Nog steeds het sy my bly aanmoedig. Dit was 'n dag voor die sluitingsdatum wat ek die gedigte ingestuur het.

OP die 11e Julie kry ek die boodskap van Marsofine dat my gedigte goedgekeur is en deel vorm van die spogbundel. Maureen, my vrou, baie dankie vir jou volgehoue aanmoediging. Marsofine Krynauw Skrywer & Digter en Malherbe Uitgewers baie dankie om deel te kan wees van 46 gekose digters wat 'n nalatenskap skep vir ons pragtige taal Afrikaans. My mede digters, baie geluk aan elk. Dit is 'n voorreg om saam met julle nuwe spore te trap vir ons taal, Afrikaans.

Met my vorige plasing oor Maureen. Die krag van gebed kan nooit onderskat word nie. Dit is gebed wat hoop gee, wat paaie wat genestel is in geloof oopmaak. Dit is die gebede van gelowiges wat berge kan versit. Baie dankie vir al die gebede en mooi boodskappe van bemoediging. Daar lê nog 'n moeilike pad voor, maar op die vleuels van gebed is die toekoms verseël in geloof en hoop.

24/06/2024

Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees van Junie se prag uitgawe van Kaleidoskoop Tydskrif . Baie dankie Leonita Coutts . Dit is 'n groot voorreg. Leonita laat 'n vars en opwindende Afrikaanse taalbries waai oor die kuns en kultuur landskap in Suid-Afrika. Koop jou kopie en word deel van die hede en toekoms van ons pragtige taal Afrikaans. Trots Afrikaans.
---------------------------------------------
almal!

Junie se uitgawe van Kaleidoskoop Tydskrif is beskikbaar. Sjoe.. 31 bladsye! Hierdie is een van die bestes nog, vir die jaar.

Ons het gesels met Danie Marais en wow.. Hy is briljant. Ons het ook in geloer by Anzé Bezuidenhout, die hartklop van INK Skryf in Afrikaans, digter, Peet Vermaak, Luchen Cloete, Riëtte Bezuidenhout en Sandy Schoeman het gesels oor haar emosionele reistog in Rooiletterkind.

As jy wil saamlees:
Slegs R30 per kopie. Betaling kan gemaak word by: Kaleidoskoop: Bank - Absa; Takkode - 632005 ; Reknr - 4107684551; Tipe - Cheque ; Verwysing: JOU NAAM
Stuur bewys van betaling na: 082 407 9555

24/06/2024
Sjoe dit is nou baie goeie nuus so op die Sondag oggend. Vlokkies van hoop en genade wat op 'n mens neerdaal uit die han...
03/03/2024

Sjoe dit is nou baie goeie nuus so op die Sondag oggend. Vlokkies van hoop en genade wat op 'n mens neerdaal uit die hand van ons Hemelse Vader.

Twee van my gedigte (Karoonag en Klein Karoo land) word vir die volgende 2 weke op 3 verskillende radiostasies uitgesaai.

Martie Elizabeth Bezuidenhout Benita Stander Lenel Oosthuizen Margaret Bennett en almal betrokke by Afrikaans in sy oortreffende trap . My opregte dank en waardering vir alles wat julle vir ons digters doen en beteken. Julle almal lê my na aan die hart. Aan Al my mede digters dit is 'n groot voorreg om saam met julle te kan wees . Baie geluk aan almal. Mooi en geseënde dag vir almal en vriendelike Klein Karoo groete

Ek sal later meer besonderhede verskaf oor die radiostasies en uitsaaitye.

Address

Oudtshoorn

Telephone

0710570636

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kambro Kind posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kambro Kind:

Share

Category

Kambro Kind

‘n blad met gedigte en gesegdes om te motiveer en te inspireer.

“Dit is nie wat om ons is nie, maar wat in ons is wat die verskil maak. Dit is nie wat ons besit nie, maar dit wat in ons is wat ons gelukkig of ongelukkig maak. Dit bly egter jou keuse”


  • Petrus JS Vermaak ( Kambrokind)
  • ( Digter, denker, filosoof en motiveerder)