Liewe Vrou

Liewe Vrou Vir elke vrou wat nog probeer heel word terwyl sy aanhou leef…

Wanneer jou hart bloei… sien niemand die rooi nieNiemand voel die seer wat stil binne-in jou leef nieJy stap deur jou da...
10/04/2026

Wanneer jou hart bloei… sien niemand die rooi nie
Niemand voel die seer wat stil binne-in jou leef nie
Jy stap deur jou dag met ‘n sagte glimlag,
antwoord vriendelik wanneer mense jou groet,
gesels liggies oor die gewone dinge
asof alles reg is… asof jy heel is
Niemand sien hoe jy jouself bymekaar hou nie
Teen die aand kom jy huis toe
klein hande trek aan jou,
stemme roep jou naam,
en vier pote druk teen jou vas vir net nog ‘n bietjie liefde
Jy gee… want dit is wie jy is
Selfs wanneer jy leeg voel, gee jy steeds
En dan… raak dit stil
Jy stap kamer toe,
maak die deur sagkens toe agter jou,
gaan sit op die rand van jou bed…
En daar, in die stilte,
breek alles wat jy deur die dag vasgehou het
Jou hart bloei
sonder klank, sonder getuies
Niemand weet nie…
hoe hard jy probeer nie,
hoe diep jy voel nie,
hoe swaar jy soms dra nie
Maar dit beteken nie jy is onsigbaar nie
Dit beteken net… jy dra jou pyn in stilte

Die enigste toestemming wat jy benodig om super fantasties te wees, is jou eie!!Niemand anders hoef jou waarde te bevest...
24/03/2026

Die enigste toestemming wat jy benodig om super fantasties te wees, is jou eie!!

Niemand anders hoef jou waarde te bevestig of jou lig te erken voordat jy mag skyn nie
Jy dra reeds alles binne jou wat jy nodig het… die krag, die moed en die vuur
Hou op wag vir goedkeuring
Hou op twyfel of jy genoeg is

Jy is genoeg
Jy was nog altyd genoeg!!

Wanneer jy jouself begin kies,
wanneer jy jouself begin vertrou,
wanneer jy jouself toelaat om voluit te leef en lief te hê…
dan gebeur iets besonders…
jy word onstuitbaar!!
Want ware grootsheid kom nie van buite nie,
dit groei van binne af

En die oomblik wat jy dit besef,
sal jy nooit weer toestemming soek om jouself te wees nie

For years, the way I was spoken to… was the norm I had grown used toI was always sharp with jokes, playful with words, b...
17/03/2026

For years, the way I was spoken to… was the norm I had grown used to
I was always sharp with jokes, playful with words, busy… here and there… everywhere
That was how I lived…
My nature…
My personality…
It was… accepted
Until the day it was no longer “acceptable.”

Harsh, humiliating words started coming my way… subtly hidden in a joke
Over time, the jokes became comparisons… demeaning comparisons
And in the end… I no longer knew the difference between a compliment and an insult
In my mind, they were all just words…
Words that were spoken…
Shouted…
Sometimes even sung…

Then actions began to take on a voice of their own
A car window smashed…
Dents kicked in…
Things broken…
Never my body, thank God… but the violence came to live in the same room where the words already stayed

Today I know:
I was the recipient of verbal and emotional abuse
Why did I say nothing?
Because it was accepted…
Friends accepted it…
Family accepted it…
New acquaintances stayed quiet… turned away… and accepted it too…
And I know your eyes move over my words as I now lay everything down in black and white…

Until the day I stood up and said:
Enough

And suddenly…
I became the villain…
… Because I had danced on the thin line of patience
… Because I had played with fire
… Because I had been “content” with the chapter

No…
I ran.
At 100 km per hour… when the door to a new beginning, as dark as it was, opened… I ran!
Clutching what mattered in my arms… throwing my sneakers against the tar!
At last, it was no longer my sunrise and my sunset…
I promised myself I would never be in such a situation again…
Long, lonely nights followed… days filled with “What now?”
High walls were built, and me, myself and I… together with my little ducks… were born anew
Then I realized… abuse lives everywhere… in forms most people are not even aware of.
We all walk daily under the blows of a society that sometimes chooses not to see.
Abused…
when those who could help you turn a blind eye… deny it and walk away
Abused…
when agreed decisions are twisted at the will of others, and you must accept it… quietly, even under pressure.
Abused…
when the truth is smothered in a cloud of color, with gossip trailing behind, excited in the retelling
And that fairytale…
of a rescuer on a white horse…?
No…
Look in the mirror…
Every morning…
Look your knight in the eyes…
and push the biggest smile from ear to ear!!
I want to say:
“Forgive me when I stand up for myself… when I no longer tolerate degrading words and actions… when I remove myself…”
But I won’t say it…
Because I will no longer apologize for my reaction to you… the person, the society, the so-called “I know her” circles… and your abuse.
No person on this earth has the right to decide how I should feel after the low blows of a bully!!
And so…
my story continues…
Without you… who thought I would be your next punching bag!!

Vir jare was die manier hoe daar met my gepraat word… die norm waaraan ek gewoond wasEk was nog altyd bitsig met grappe,...
17/03/2026

Vir jare was die manier hoe daar met my gepraat word… die norm waaraan ek gewoond was
Ek was nog altyd bitsig met grappe, het met woorde gespeel, besig… hier en daar… oral besig
Dis hoe ek geleef het…
My geaardheid…
My persoonlikheid…
Dit was… aanvaar

Tot die dag wat dit nie meer “aanvaarbaar” was nie.

Harde, vernederende woorde het my kant toe begin kom… subtiel weg gesteek in ’n grap.
Met tyd het die grappe vergelyke geword… Afbrekende vergelyke.
En op die ou end… het ek nie meer die verskil geken tussen ’n kompliment en ’n belediging nie.
In my kop was alles net woorde….
Woorde wat gesê word…
Geskree word…
Soms selfs gesing word…

Toe begin aksies lewe kry en praat.

’n Motorruit word stukkend slaan…
Duike wat geskop word…
Dinge wat gebreek word…
Nooit my lyf nie, dank die Vader… maar die gewelddadige aksies het kom lê in dieselfde kamer waar die woorde gewoon het

Vandag weet ek:.. ek was die ontvanger van verbale en emosionele mishandeling

Hoekom het ek niks gesê nie?
Want dit was aanvaar…
Vriende het dit aanvaar…
Familie het dit aanvaar….
Nuwe kennisse het stil gebly… weggedraai… en dit ook aanvaar…
En ek weet julle oë dwaal oor my woorde soos ek vandag alles op wit neerlê…

Tot die dag wat ek opstaan en sê:
Dit is genoeg.

En skielik…
word ek die skurk…
… Want ek het dan gedans op die dun lyn van geduld.
… Ek het dan met vuur gespeel.
… Ek was dan “tevrede” met die hoofstuk.
Nee…
Ek het weggehardloop!!
Teen 100 km per uur… toe die deur na ‘n nuwe begin, donker soos dit was, oop gaan, het ek gehol! Dit wat belangrik was in my arms vasgedruk… en tekkies teen die teer gegooi!
Uiteindelik was dit nie meer my sonsopkoms en my sonsak nie…

Ek het myself belowe ek sal nooit weer in so ’n situasie beland nie…
Lang eensame nagte, dae van “Wat Nou” het gevolg… Hoë mure was gebou, en myself en ek…saam met my hoendertjies, was gebore!

Toe besef ek… mishandeling leef oral… in vorms waarvan meeste nie eers bewus is nnie!!
Almal loop daagliks onder die houe van ’n samelewing wat soms kies om nie te sien nie.
Mishandel…
wanneer die wat jou kan help,’n blinde oog gooi… in ontkenning omdraai en weg stap
Mishandel…
wanneer ooreengekome besluite na willekeur van ander gedraai word en jy dit gedwee, en selfs onder dwang, moet aanvaar
Mishandel…
wanneer die waarheid in ’n rookwolk van kleur toegesmeer word, met skinder stertjies wat opgewonde waai met die oorvertel sessies

En daardie fantasie storie…
van ’n redder op ’n wit perd…?
Nee…
Kyk in die spieël…
Elke oggend…
Kyk jou ridder in die oë…
en stoot die grootste glimlag van oor tot oor.

Ek wil sê:
“Vergewe my wanneer ek opstaan vir myself… wanneer ek nie meer afbrekende woorde en aksies duld nie… wanneer ek myself verwyder…”
Maar ek gaan dit nie sê nie…
Want ek sal nie weer om verskoning vra vir my reaksie op jou, die mens, samelewing, so-genaamde “ek ken haar’ groepies, se mishandeling nie…

Geen mens op hierdie aarde het die reg om te besluit hoe ek moet voel na lae houe van ’n boelie nie

Fluit-fluit…
my storie gaan aan…
Sonder jou… wat gedink het ek gaan jou volgende slaansak wees

Soms het ons harde dae nodig…dae wat ons tot stilstand rukDae wat vir ons wys wie werklik familie is,wie vriende is wat ...
15/03/2026

Soms het ons harde dae nodig…
dae wat ons tot stilstand ruk

Dae wat vir ons wys wie werklik familie is,
wie vriende is wat langs jou bly staan,
en wie ’n lewensmaat is wat saam met jou dra

En dan…
wie net ’n passasier was op ’n stuk van jou lewensreis

Want slegs die wat jou regtig ken…
soos die binnekamer van jou siel ken,
kan hoor wanneer jy stil raak

Vergewe jouself vir dit wat jy nie vroeër raakgesien het nie
Party lesse kan net deur jou eie siel geleer word

Die lewe is slegs so goed soos jou geestestoestand…
soos jou gedagtes...
Want ’n negatiewe denkwyse kan nooit
’n positiewe lewe optower nie

For me, Writing is the best therapy…It’s where I process the “things” I cannot always say out loud…Turns the chaos in my...
12/03/2026

For me, Writing is the best therapy…
It’s where I process the “things” I cannot always say out loud…
Turns the chaos in my mind into something I can understand…
Ink understands what words sometimes cannot…
It is where my heart finally gets to speak!

Jy kan nie met ’n geparkeerde kar bestuur… ry nie.En tog is daar soveel vroue wat langs die pad van hul eie lewens staan...
10/03/2026

Jy kan nie met ’n geparkeerde kar bestuur… ry nie.
En tog is daar soveel vroue wat langs die pad van hul eie lewens staan…
sleutel in die hand,
drome in die hart,
maar voete vasgevang in die gewig van twyfel, herinneringe en die stemme van ander wat lankal gesê het:
“Wag nog… jy is nie reg nie… jy is te veel… of dalk nie genoeg nie.”

Maar ’n lewe is nie gemaak om net geparkeer te wees nie.
’n Vrou se siel is gemaak vir beweging… vir paaie, vir horisonne, vir nuwe sonlig oor onbekende landskappe.
Ja, die begin voel soms onseker.
Die enjin huiwer...
Die hande bewe effens op die stuur...
Want vorentoe beweeg beteken dikwels om iets agter te laat:
’n ou pyn,
’n ou storie,
of ’n weergawe van jouself wat lankal te klein geword het vir die vrou wat jy besig is om te word.

Maar.... die wonder van ’n pad is dit:
dit openbaar homself eers wanneer jy begin ry.
Elke meter vorentoe is ’n besluit.
Elke draai ’n daad van moed.
Elke nuwe uitsig ’n herinnering dat die wêreld groter is as die plek waar jy vasgestaan het.

En eendag, wanneer jy terugkyk oor die kilometers van jou eie groei, sal jy besef:
Die krag was nooit in die pad nie.
Die krag was nog altyd in die vrou … jy… wat besluit het
om die sleutel te draai
en te begin beweeg.

… just do not give up 🖤
02/03/2026

… just do not give up 🖤

as many times as it takes.

Dit is tydNie môre nieNie wanneer alles rustiger raak nie.. Nou!Soms moet jy nie net breek nie…jy moet losruk!Losruk van...
02/03/2026

Dit is tyd
Nie môre nie
Nie wanneer alles rustiger raak nie.. Nou!
Soms moet jy nie net breek nie…jy moet losruk!
Losruk van die gewone wat jou stadig stomp maak…
Losruk van die alledaagse wat jou lig steel…
Losruk van die negatiwiteit wat diep in jou wortel skiet…
Die geraas om jou…
Die geraas in jou…
Die stemme wat sê: hou aan, hou uit, hou stil
Maar jou siel fluister iets anders
Sy sê: … gaan ...
Gaan vind daardie plek waar jy nie hoef te baklei om asem te haal nie
Waar stilte nie leeg is nie, maar vol
Waar die son rooi sak soos ’n belofte
Waar die wind jou naam ken
Waar jy weer onthou wie jy was voor die wêreld so hard geraak het.
Dis nie wegvlug nie
Dis terugkeer
Net jy weet waar daardie plek is
Net jy weet wat jou weer heel maak
En jy weet ook…
dit is tyd

Wat beteken dit om vandag ’n vrou te wees?Ek sien vroue met spiere groter as mans by die gimnasium.Ek sien kunsmatige ge...
28/02/2026

Wat beteken dit om vandag ’n vrou te wees?

Ek sien vroue met spiere groter as mans by die gimnasium.
Ek sien kunsmatige gesigte wat jou aankyk wanneer jy haastig by die winkel instap.
Ek sien liggame wat al hoe minder natuurlik lyk… al hoe verder van hoe ons geskep is.

En ek wonder…

Wanneer het ons begin glo dat vrouwees iets is wat gebou, gespuit, gefiltreer en gevorm moet word?

Weg is die sagte kurwes waaroor digters eens boeke vol geskryf het.
Weg is die natuurlike lyne wat lewe kan dra.
Weg is die gesig wat stories vertel sonder inspuiting of skadu.

Maar dalk… dalk is vrouwees nie weg nie.
Dalk het dit net stil geraak onder die wêreld se geraas.

Om ’n vrou te wees is nie ’n liggaamsvorm nie.
Dit is nie ’n sosiale media trend of ’n algoritme nie.
Dit is nie die wêreld se definisie nie.

Om ’n vrou te wees is om lewe te dra… in jou liggaam, jou woorde, jou drome.
Om sag te kan wees in ’n harde wêreld.
Om sterk te wees sonder om jou sagtheid te verloor.
Om jouself te kies, selfs wanneer die wêreld jou anders wil vorm.

Miskien is die ware rebellie vandag nie om “meer” te word nie… maar om terug te keer na wie jy nog altyd was.

’n Vrou…
Ongefilter…
Ongekunsteld (Natuurlik sonder voorgee)…
Onverskoning…

Om die sterk een in die familie te wees klink soos ’n kompliment. Maar wat mense nie sien nie, is hoe swaar daardie tite...
25/02/2026

Om die sterk een in die familie te wees klink soos ’n kompliment. Maar wat mense nie sien nie, is hoe swaar daardie titel regtig is.
Jy word die een wat nie kan uitmekaar val nie.
Wanneer geld min raak, is jy die een wat bereken.
Wanneer iemand siek word, bly jy kalm.
Wanneer daar konflik is, bemiddel jy.
Wanneer almal paniekerig raak, absorbeer jy dit.
En op een of ander manier moet jou trane altyd wag.
Want as jy breek… wie hou alles bymekaar?
Om die sterk een te wees beteken:
Jy antwoord oproepe al is jy moeg.
Jy sê “Ek is ok” wanneer jy nie is nie.
Jy los probleme op wat jy nie geskep het nie.
Jy dra verantwoordelikhede wat niemand amptelik aan jou gegee het nie, maar wat almal stilweg verwag jy moet hanteer.
Dit is uitputtend.
Nie omdat jy nie jou familie liefhet nie.
Maar omdat liefde nie moegheid kanselleer nie.
Hier is die waarheid wat niemand jou vertel nie:
DIE STERK EEN IS GEWOONLIK DIE EEN NA WIE DIE MINSTE OMGEKYK WORD.
Mense neem aan jy is ok, want jy was nog altyd ok.
Hulle neem aan jy kan dit hanteer, want jy het nog altyd.
Hulle neem aan jy het nie hulp nodig nie, want jy vra nooit.
Maar krag is nie die afwesigheid van stryd nie.
Dis net ’n stryd wat stilweg gedra word.
En as dit jy is… die een wat die versorger geword het, die broodwinner, die emosionele skokbreker…
wil ek hê jy moet dit duidelik hoor:
Jy mag moeg wees.
Jy mag sê: “Ek kan nie.”
Jy mag ook ondersteuning nodig hê.
Jy verloor nie jou krag deur te rus nie.
Jy verloor nie jou rol deur te erken jy is oorweldig nie.
Jy bly steeds die pilaar… selfs wanneer jy vir ’n oomblik leun.
Om heeltyd sterk te wees is nie ’n persoonlikheid nie.
Dis ’n oorlewingsvaardigheid.
En oorlewing is uitputtend.
So as niemand dit onlangs vir jou gesê het nie:
Dankie.
Dat jy alles bymekaar hou.
Dat jy opdaag.
Dat jy meer dra as wat mense besef.
Maar asseblief…
moenie vergeet om ook na die een persoon om te sien op wie almal staatmaak nie.
Jy.

Address

Oudtshoorn

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Liewe Vrou posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share