Philippolis Post

Philippolis Post Jens Friis van die Philippolis Groenhuise (0845810149) se keuse van nuus en foto’s uit Philippolis en omgewing.

Die kerktoring soos gesien vanaf Rowelsfontein. Foto: Jens Friis
21/12/2025

Die kerktoring soos gesien vanaf Rowelsfontein. Foto: Jens Friis

Foto: Jens Friis
20/12/2025

Foto: Jens Friis

Die volgende Philippolis Skou vind plaas op Vrydag en Saterdag, 30 en 31 Oktober 2026.  Ons skou is al die jare gehou op...
20/12/2025

Die volgende Philippolis Skou vind plaas op Vrydag en Saterdag, 30 en 31 Oktober 2026. Ons skou is al die jare gehou op die eerste naweek van November, maar daar is besluit om dit vroeër te hou onder meer omdat eksamens deesdae vroeër begin en skoliere dan nie maklik kan kom perd ry nie.

20/12/2025
Wyk 1 en 2 van die NG kerk Philippolis het gisteraand ‘n straatbraai gehou voor die huis van Alida en Kobus de Beer van ...
20/12/2025

Wyk 1 en 2 van die NG kerk Philippolis het gisteraand ‘n straatbraai gehou voor die huis van Alida en Kobus de Beer van Kokstraat. Sowat 60 Philippolisers het dit bygewoon. “Daar is tot laat onder die sterre gekuier. Hopelik maak ons weer so,” sê Alida. Foto’s: Alida de Beer

Wyk 1 en 2 van die NG kerk Philippolis het gisteraand ‘n straatbraai gehou voor die huis van Alida en Kobus de Beer van ...
20/12/2025

Wyk 1 en 2 van die NG kerk Philippolis het gisteraand ‘n straatbraai gehou voor die huis van Alida en Kobus de Beer van Kokstraat. Sowat 60 Philippolisers het dit bygewoon. “Daar is tot laat onder die sterre gekuier. Hopelik maak ons weer so,” sê Alida. Foto’s: Anita Muller

Kokstraat, Philippolis. Foto: Jens Friis
20/12/2025

Kokstraat, Philippolis.
Foto: Jens Friis

Mens kan dit skaars glo, maar die langste dag van die jaar is om die draai. Oormore (22 Desember) sal dit die langste da...
20/12/2025

Mens kan dit skaars glo, maar die langste dag van die jaar is om die draai. Oormore (22 Desember) sal dit die langste dag (sonskyn) van die jaar in Philippolis wees. Hierdie dag is 'n volle 3 ure en 17 minute langer as die kortste dag in Junie.

KERSVADER sal laatmiddag op 24 Desember - nes verlede jaar - in Philippolis ‘n draai maak om lekkergoed uit te deel.  Da...
20/12/2025

KERSVADER sal laatmiddag op 24 Desember - nes verlede jaar - in Philippolis ‘n draai maak om lekkergoed uit te deel. Daar sal 17:00 by die Groenhuise aangedoen word waarna sy besoek deur Philippolis later sal afsluit by die Karoo Artist’s Café.
* As jy ‘n bydrae wil maak tot lekkergoed of wil reël dat Kersvader jou kleinding se geskenk aflewer, kontak vir Heiltjie Snyman by 0836608702.
* ⁠Alta Snyman (0823098451) sal meer lig kan werp op die roete deur Philippolis wat onse Kersvader sal volg. - Jens

My boek oor Philippolis is ook te koop by Marilyn se Another Story skuins oorkant die NG kerk in Philippolis.  - Jens
20/12/2025

My boek oor Philippolis is ook te koop by Marilyn se Another Story skuins oorkant die NG kerk in Philippolis. - Jens

NA AL DIE JARE:  Hansie Jordaan het onlangs in Philippolis aangedoen en by Elwena Pienaar aangedoen.  Sy was destyds ‘n ...
20/12/2025

NA AL DIE JARE: Hansie Jordaan het onlangs in Philippolis aangedoen en by Elwena Pienaar aangedoen. Sy was destyds ‘n onderwyseres in Burgersdorp waar Hansie skool gegaan het. Hansie was in Philippolis waar hy en Pieter van der Linde ‘n orreluitvoering gelewer het. Foto: Jens Friis

Address

Philippolis

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Philippolis Post posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Philippolis Post:

Share