Woorde uit Ronelle se pen

Woorde uit Ronelle se pen Skryf uit die hart en deel woorde met almal wat dit nodig het....
Copyright © Ronelle Strydom

25/12/2025

Engelkind...
Jou 5de Kersfees in die hemel
ek weet jy geniet dit seker so....
en jy hardloop vandag rond
saam ander kinders daarbo... 🎅

Hoe sou ek jou nie vandag
teen my hart vas wou hou...
en jou so styf in my arms
toe wou vou... 🎄

Die jare stap so vinnig
maar in my hart sal jy bly....
tot oumie jou eendag
weer by God terug sal kry... 🤶

Eendag sal ek ook op die goue strate
van die hemel kom staan....
en dan sal ek my arms
om jou lyfie slaan..... 🤶

Saam sal ons dan Kersfees
in die hemel vier...
maar vir nou vra ek God
om vir jou liefde te stuur... 🌲

Eendag sal ons weer ontmoet
wanneer ons mekaar weer by die hemelhekke groet🎅
Kopiereg©Ronelle Strydom

Address

Port Elizabeth

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Woorde uit Ronelle se pen posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category