01/05/2026
Vandag is "Red die Renoster Dag" en ons kyk terug na ons heel eerste Tussen Kussings episode met Justin Terblanche, bekend as die "Rhino Whisperer", is'n 27-jarige Suid-Afrikaanse anti-stropery-bewaringsaktivis wat toegewy is aan die beskerming van die laaste vier renosters – Amanda, Brittany, Tiffany en Herbie.
Justin het sy vorige lewe verlaat om in die bos te woon, met die fokus op die beskerming van die renosters teen stropery, veral snags. Deur sy toewyding het hy aansienlike fondse ingesamel om die poging teen stropery te ondersteun en bewustheid te verhoog oor die kwesbaarheid van die oorblywende renosterbevolking.
Kouga Rhino Sanctuary Lombardini Game Farm & Events Venue
Lesa-Maré Harris Zane Brown
13 likes. "Tussen Kussings Ep 01 - Justin the Rhino Whisperer"