23/08/2026
Soms vergeet mens watter voorreg dit is om tussen ander kreatiewe siele te kan lewe en deur nuwe perspektiewe rondom ons verryk te word. Dis niks om oor skaam te wees nie... dis normaal. Ons raak soms gemaklik in ons toemaak en eiewil.
Dán... is daar oomblikke wat jou nuuskierigheid weer prikkel, en jou kreatiwiteit weer laat vlamvat. Tye wat my laat besef hoe gelukkig ek is om te kan doen waarvoor jy lief is.
Die Silwerskermfees was hierdie jaar weer só 'n wakkerword-wekker. Om dan boonop die Toekenningsand vir film en televisie te kon aanbied was 'n uitsonderlike voorreg en ʼn oomblik wat ek vir altyd sal koester.
Baie dankie kykNET vir baie jare se vreugde, dankbaarheid en omgee.
Dankie, beeldskone, slim, spontane en merkwaardige Reandi Grey Actress, dat ons saam kon speel. Jy slaan werklik my asem weg.
En dankie vir Bril in Pretoria vir my nuwe oge vir die aand. Dit maak my baie gelukkig.
Bril