Momskazinsky

Momskazinsky 🇿🇦 SA ma “relatable chaos” | Momskazinsky™ | Est. 2025
IG:  | Collabs: [email protected]

07/09/2026

As jy ’n ma “cringe” noem, moet jy darem weet met wie jy praat. 🤣 Ons het jare se praktiese ondervinding én ’n honneursgraad in Cringeology. 🎓🤪

Wie se kinders dink ook hulle ma is cringe? 🙋🏼‍♀️🤣

05/09/2026

Temu… Lees altyd eers MOOI die beskrywing voor jy bestel… Oops. 🙈🤣🤷🏼‍♀️

Wat ‘n heerlike & pragtige vroue-oggend saam met awesome maters! So blessed 🙏🏻❤️💐
05/09/2026

Wat ‘n heerlike & pragtige vroue-oggend saam met awesome maters! So blessed 🙏🏻❤️💐

01/09/2026

Vars gebak smaak mos nou net beter… veral as iemand anders 3:30 opgestaan het om dit te maak. 🤣🥐🥖
Kom loer wat word alles van scratch af gemaak by Food Lover’s Market Menlyn se bakkery. En nee… Thabiso is nie ingesluit nie. 🤣🛒

Food Lover's Market

31/08/2026

Mens worry so baie oor aardse dinge. Finansies. Hokkie-oefening. Revue klere. Aandete. Skoolpunte. Maar vandag is ek DANKBAAR vir GESONDHEID. Ek doen jaarliks ‘n screening vir my ma se kanker, my skildklier, suiker, cholestrol, yster, nierfunksie. En wat ‘n BLESSING as die dokter jou bel met goeie nuus! ALLES is 100% normaal. 🙏🏻🙏🏻🙏🏻

31/08/2026

Hoe ander mense mop VS hoe ék mop… 🤪🤘🏻💃🏼
Sommer skoonmaak, fiksheid en terapie in een!
Watter metode gebruik jy?

29/08/2026

As jou influencer maatjie kom kuier… Alechia Motiveer 🤣❤️

Wat ’n ongelooflike aand! 🎭✨Gisteraand het ek die voorreg gehad om die voorlesing van Die Grenshotel, ’n nuwe oorspronkl...
28/08/2026

Wat ’n ongelooflike aand! 🎭✨

Gisteraand het ek die voorreg gehad om die voorlesing van Die Grenshotel, ’n nuwe oorspronklike Afrikaanse musiekblyspel uit die pen van Lize Jacobs, by te woon — en sjoe… hoendervleis! Die storie, musiek en vertolkings het my van die begin af ingetrek.

Die Grenshotel neem jou terug na die laat 70’s, teen die agtergrond van die Grensoorlog, en verweef liefde, verlies, humor, verlange en ons eie Suid-Afrikaanse geskiedenis in ’n storie wat verrassend vars en relevant voel.

Wat ’n eer om genooi te word om ’n klein deeltjie van hierdie reis van so vroeg af te beleef. Baie geluk, Lize Jacobs, en die ongelooflike kreatiewe en tegniese span wat saam met jou hierdie droom lewe gee. Gisteraand was ’n groot tree op pad na iets wat ek dink nog baie besonders gaan wees. ❤️

En hoe lekker om Afrikaanse legendes soos Tobie Cronjé sommer in lewende lywe daar te sien en te weet daar is sulke mense wat hierdie nuwe werk ondersteun. 🥹 Ek was so “star struck”, ek’t vergeet om te vra vir ‘n foto! 🤣🙈

In ’n era van eindelose, breinlose skermtyd voel lewende teater soos ’n vars briesie! Kom ons ondersteun nuwe Afrikaanse teater en help om dit weer behoorlik léwendig te maak! 🙌🏻🎭

En as jy nou FOMO het soos ek sou hê… volg Die Grenshotel👀 Hierdie is maar net die begin!

28/08/2026

Ons ma’s het duidelik almal dieselfde handboek gekry. 🤣

Wat raak JOU ma gereeld kwyt? 😂 Kan julle aan nog dink?

Tag jou ma — of jou kinders as JY nou daai ma geword het. 👀🤣

Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Momskazinsky posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Momskazinsky:

Shortcuts

Share