Karoohart-Koffie,Kuier &Hartskos

Karoohart-Koffie,Kuier &Hartskos Ons bou stap vir stap aan Karoohart — ’n plekkie vol plaaswarmte vir liggaam, siel en gees.

Dankie dat jy saam met ons dié pad stap dit beteken baie. 🌿 Als wat hier gedeel word is net vir opvoedkundige doeleindes, vervang nie mediese advies nie ❤️

Brain Essentials & Dopamien So op n Maandag,kan ons almal baat vind by dit. Dopamien is die brein se “aandrywer” vir fok...
22/09/2025

Brain Essentials & Dopamien

So op n Maandag,kan ons almal baat vind by dit.

Dopamien is die brein se “aandrywer” vir fokus, motivering en lewensvreugde.

✨ Wat maak Brain Essentials besonders?

Dit bevat Mucuna pruriens (ook bekend as Dopa Mucuna ) wat natuurlik 10% L-Dopa bevat – die onmiddellike voorloper van dopamien.

👉 Dit beteken jou liggaam kry die boustene wat hy nodig het om dopamien natuurlik aan te vul.

🧠 Wat doen dopamien in jou liggaam?

🔹 Bevorder jou beloningsisteem & geluk – daardie lekker “goed-voel” gevoel.

🔹 Versterk motivering & doelgerigtheid – help jou om take klaar te maak.

🔹 Omdat dopamien ook ’n rol speel in beweging, kan dit ondersteuning bied vir persone met Parkinsons.

🔹 Verbeter konsentrasie & leervermoë – hou jou gefokus.

🔹 Speel ’n rol in hormoonbalans – soos die beheer van prolaktien.

⚠️ Wanneer dopamienvlakke te laag is, kan dit lei tot:

Lusteloosheid

Gebrek aan motivering

Depressie

Konsentrasieprobleme

🌱 Met Brain Essentials gee jy jou brein wat dit nodig het om energiek, gefokus en positief te funksioneer.

Aanbevole gebruik
Neem 1 tot 2 kapsules saam met ’n maaltyd. Beste om vroeg in die dag te gebruik.
Moenie die aanbevole dosis oorskry nie.

Bestanddele
Mucuna Pruriens, Shilajit-ekstrak, Sinkpikolinaat en Bioperine

Waarskuwings
⚠️ Versigtigheid: Slegs vir volwassenes. Raadpleeg jou geneesheer indien jy swanger is/’n baba borsvoed, medikasie gebruik, of ’n mediese toestand het.
Hou buite bereik van kinders

Mooi week vir almal
Plaasgroete
Hannelie
0720101721

NS. Onthou Pierre kom 10 Okt Oudtshoorn toe
Almal is welkom

Kom kuier in die mooi Klein Karoo. Kontak vir my of Andre.💚

Splinter en sepsis –KYK net  Die krag van Sunlight seep en suikerJammer vir die grafiese foto. Ek het ongelukkig nie fot...
21/09/2025

Splinter en sepsis –KYK net Die krag van Sunlight seep en suiker

Jammer vir die grafiese foto. Ek het ongelukkig nie foto’s geneem van die begin af nie. Eers ‘n bietjie agtergrond:

Verlede week werk my man in die kraal. Sy hand kap teen ‘n houtpaal van 19-toet en ‘n lang splinter steek in sy vinger vas.

Die volgende dag was die vinger al rooi, dubbeld sy normale grootte, die rooiheid en swelling het al begin versprei na sy hand.

Vroeër jare sou ek dalk paniekerig geraak het.
Maar nee… Pierre het ons mos mooi geleer.

Ek het net gou in my brein se “files” gaan soek en onthou:
Sunlight seep en suiker – die beproefde middel vir pitswere en absesse.
Want sien, al die sepsis en oorblywende stukkies hout moet uit."Trek" moet hy "trek"

Ek kon nie glo hoe n eenvoudige mengsel nogsteeds die laaste bietjie 'vuilgoed' uittrek nie.

Dit werk regtig. Die swelling is baie beter en die rooiheid ook.
Ons hou die hand in soutoplossing en Epsom sout. Nou gaan ons activated charcoalpoeier opgooi en toemaak. Die weet ek ook gaan sommer gou help soos met die horde skape se sweerpote van bosluisbyte wat ons al kon help.

En ek kan bed toe gaan met n tevrede en geruste hart.

Mooi aand en week vir almal💚

Karoo Plaasgroete

.🧠  Brain Essentials – met o.a. Rosemary. Lees meer oor die voordele wat bevestig is in studies, soos gerapporteer deur ...
20/09/2025

.🧠 Brain Essentials – met o.a. Rosemary. Lees meer oor die voordele wat bevestig is in studies, soos gerapporteer deur Medical News Today.com

Brain Essentials is n Unieke kombinasie wat ontwerp is om breingesondheid, energie en algehele welsyn te ondersteun.

Dit bevat die volgende:Mucuna Pruriens, Rosemary & Shilajit Uittreksel en Sink

Bestanddele en Voordele

Mucuna Pruriens

♡ Navorsing toon dat Mucuna pruriens dopamienvlakke in die liggaam kan verhoog, veral by persone met Parkinson se siekte, waar ’n tekort aan dopamien beweging beïnvloed.

♡Bevorder gesonde seksuele energie en libido.

♡Ondersteun gesonde spysvertering en natuurlike uitskeiding, deur gladde spierkontraksies in die spysverteringskanaal te stimuleer.

Rosemary Uittreksel

Rosemary word al eeue lank gebruik in volksgeneeskunde vir:

Hoofpyn en menstruele ongemak.

Maagpyn, epilepsie, rumatiek en spierpyne.

gevoel van innerlike onrus of spanning

Verbetering van geheue en konsentrasie.

Verligting van depressie en histerie.

Mag help met fisiese én geestelike moegheid.

📌 Navorsing:

’n 2020-studie in Japan met 42 mans wat aan gemoedsversteurings gely het, het getoon dat 4 weke se gebruik van rosemary-uittreksel hul mental energie en slaapkwaliteit verbeter het.

Volgens Medical News Today het ’n 2018-beheerde studie bevind dat universiteitstudente wat rosemary-aanvullings vir 1 maand gebruik het, ’n beduidende verbetering in geheueprestasie ervaar het.

⛰️ Shilajit Uittreksel

Shilajit is bekend as ’n natuurlike versterker met veelvuldige voordele:

♡ Bevorder algemene gesondheid en stamina.

♡ Ondersteun kognitiewe funksie en breinkrag.

♡ Versterk beengesondheid en hartfunksie.

♡ Help met eetlus en spysvertering.

♡ Ondersteun die senuweestelsel.
-

Sink

’n Belangrike mineraal en antioksidant wat ’n groot rol speel in:

Ondersteuning van die immuunstelsel.

Algehele gesondheid en welsyn.

💊 Aanbevole gebruik

Neem 1–2 kapsules saam met ’n maaltyd, verkieslik vroeg in die dag.
👉 Moenie die aanbevole dosis oorskry nie.

⚠️ Waarskuwing

Uitsluitlik vir volwassenes.

Raadpleeg jou geneesheer indien jy swanger is, borsvoed, medikasie gebruik of ’n mediese toestand het.

Hou buite bereik van kinders.

Plaasgroete
Hannelie
Kontak my 0720101721 vir n lieflike produk

Inflammasie – wat is dit?Hier op die plaas het ons dit  die  week  weer beleef hoe inflammasie in ons liggame kan inskop...
19/09/2025

Inflammasie – wat is dit?

Hier op die plaas het ons dit die week weer beleef hoe inflammasie in ons liggame kan inskop. Veldheinings van toeka se tye, en ’n splinter van ’n houtpaal 'spring' sommer in my man se hand :) Die eerste aand begin die vinger en hand al klaar swel – dik, pofferig en pynlik. Presies waar inflammasie begin werk.

Wat is inflammasie?

Inflammasie is jou liggaam se natuurlike reaksie teen besering, infeksies of irriterende stowwe. Jou immuunstelsel stuur ekstra bloed, selle en voedingstowwe na die plek van skade om herstel te help – daarom raak dit rooi, warm, dik en soms pynlik. Korttermyn-inflammasie help jou genees, maar as dit te lank of te sterk aanhou, kan dit self skadelik wees en bydra tot ander gesondheidsprobleme.

Aanhoudend inflammasie – dit is die probleem

Wanneer inflammasie chronies word, beteken dit jou liggaam is voortdurend in ’n “alarmtoestand.” Jou immuunstelsel bly aktief, selfs al is daar geen onmiddellike besering nie. Hierdie soort aanhoudende inflammasie kom dikwels van:

Teveel suiker en verwerkte kosse

Langdurige stres en onvoldoende slaap

Toksiene in die omgewing of medikasie

Onopgeloste infeksies of onderliggende siektes

Wat doen dit aan die liggaam?

Verhoog die produksie van kortisol, wat jou immuunstelsel en selle kan beskadig

Beskadig weefsels en organe soos hart, lewer en niere

Versnel veroudering van selle en bindweefsel

Verhoog risiko vir siektes soos hart- en vaatprobleme, diabetes en chroniese pyn

Maak jou meer vatbaar vir infeksies en moegheid

Kortom, aanhoudende inflammasie is soos ’n stil vuur binne-in jou liggaam. Dit help nie meer om jou te genees nie, maar begin jou selle en organe beskadig.

Hoe kan ons dit ondersteun? Die fokus is nou op net een produk

Cell Health Protector –

’n produk wat ontwerp is om jou selle te beskerm en langtermyn-inflammasie te help verminder. Hierdie kapsules bevat ’n kragtige kombinasie van natuurlike bestanddele, elk met unieke gesondheidsvoordele:

✨ Kaneel (Cinnamon) – Help om bloedsuiker te stabiliseer en inflammasie te verminder
✨ (Curcumin) – Sterk anti-inflammatories en antioksidant, ondersteun immuunstelsel en beskerm selle
✨ Bioperine (Piperien) – Verhoog opname van Curcumin sodat jou liggaam dit beter kan gebruik
✨ Cayenne peper – Stimuleer bloedvloei, ondersteun metabolisme en verminder inflammasie
✨ Gemmer – Anti-inflammatories en pynverligting, ondersteun ook spysvertering
✨ Fulvic suur – Beskerm selle teen oksidatiewe stres en verbeter opname van voedingstowwe

💚 Voordele van Cell Health Protector:

Verminder chroniese inflammasie

Ondersteun gesonde bloedsuiker

Help om bloeddruk in balans te hou

Bevorder algemene selgesondheid

Indikasies: Dit mag help in die volgende gevalle.

Enige toestand wat kroniese inflammasie veroorsaak. So baie mense sukkel met sinus - dit kan verligting bring

Hoë bloedsuiker (diabetes)

Hoë bloeddruk

Kontra-indikasies:

Moet nie gebruik word saam met medikasie vir bloedverdunning nie, aangesien sommige bestanddele stollingsfaktore kan beïnvloed

Waarskuwings:

Moet nie voorgeskrewe medikasie stop sonder toestemming van jou dokter nie

Nie aanbeveel tydens swangerskap nie

Staak gebruik en raadpleeg ’n geneesheer indien sensitiwiteit teenoor enige bestanddeel voorkom

Ons help graag. Het voorraad van die meeste produkte.
Plaasgroete
Hannelie
072 010 1721

Ns. Die foto is is net van n manspersoon met n seer hand 😁

Hoe Ecohealth my Aknee-Storie verander het. N Ware verhaal soos verskyn op Pierre se blog."Hier is een van duisende mens...
14/09/2025

Hoe Ecohealth my Aknee-Storie verander het. N Ware verhaal soos verskyn op Pierre se blog.

"Hier is een van duisende mense wat geworstel het met aknee en die gevolge daarvan. Hier volg haar eie storie…

Aknee en die sigbaarheid daarvan wek dikwels uiteenlopende emosies – skaamte oor hoe die vel lyk, frustrasie wanneer niks wil help nie, moedeloosheid oor die aanhoudende stryd, en selfs isolasie omdat ander jou met vraende of kritiese oë aankyk. Tog bring dit ook hoop en dankbaarheid wanneer genesing begin deurbreek en ’n mens weer selfvertroue kry.

Die voorkoms van puisies en swartkoppies wat onverwags en onbeheersd opduik, kan groot emosionele spanning veroorsaak.

Al is daar vele produkte in die handel beskikbaar, blyk dit meestal net simptome te onderdruk sonder om ’n praktiese, volhoubare oplossing te bied.

Ecohealth se velsorgreeks bied ’n natuurlike benadering. Hierdie program werk saam met die liggaam se eie immuunstelsel, sowel as ’n skoon kolon en lewer, om deur die krag van Moeder Natuur werklike resultate te bewerkstellig.

So begin sy.

My probleem het begin toe ek 22 jaar oud geword het.

Soos soveel ander, is ek op voorbehoeding geplaas. Daarna het ek deur baie dokters se hande gegaan, en feitlik elke voorskrifmedikasie op die mark is vir my voorgeskryf.

Ek het álles probeer – inspuitings, boererate, selfs gevaarlike industriële skoonmaakmiddels.

My menswees, veral my vrouwees, het diep daaronder gely. Ek wou nie in die openbaar verskyn nie, nie met mans deel of met mense gesels nie. Ek het net wou wegkruip.

Soms het groot pitsere en siste selfs op my rug en onder my arms ontstaan – so ernstig dat ek dit moes laat uitsny. Die produkte wat ek gebruik het, het my vel gebrand, uitgedroog, laat vervel en sonsensitief gemaak. Vandag dra ek steeds die snymerke op my lyf, selfs op my borste.

Ek het menigmaal probeer vrede maak dat niks ooit vir my gaan werk nie. Ek het gevoel dit is my straf – om as ’n vuil, onaantreklike puisiegevreet te leef.

Toe hoor ek van Ecohealth se Facebook-blad en van mense wat Oom Pierre gehelp het. Ek het met een van sy agente, Anneke Vorholter, kontak gemaak. Haar geloof in Oom Pierre se produkte was só groot dat ek besluit het om nog een keer te probeer – vir die heel laaste keer.

Ek het begin om Oom Pierre se skrywes op Facebook te volg. Reeds ná ’n enkele week was daar ’n merkbare verskil in my vel. Toe ek sy voorskrifte presies begin volg, het daar dramatiese verbetering ingetree.

Vandag, twee maande later, voel my vel fantasties. Ek het dit jare laas só sag en soepel gehad. Nuwe puisies het byna heeltemal verdwyn, die olierigheid en droogheid is weg, en my porieë is merkbaar kleiner. Ek is nog jonk – wie weet wat die toekoms nog kan bring?

Ons het my storie op Facebook gedeel.

Wat my die meeste getref het tydens my besoek aan die fabriek, was dat Oom Pierre my nooit laat voel het ek is vuil of minderwaardig nie. Hy het met deernis en praktiese oplossings gekom – selfs om die nare goed wat ek jare lank saamgedra het, in oomblikke skoon te maak. Vir die eerste keer het ek gevoel iemand kyk regtig na my probleem wat my hele lewe al verwoes het.

Oom Pierre se Voorskrifte

Inwendig:

• Maak die kolon skoon met ’n Engelse sout-purgasie (2 hoogvol eetlepels in ’n groot glas louwarm water).

• Maak die lewer skoon: 30 minute ná die purgasie neem 6 eetlepels Ecohealth se suiwer olyfolie.

• Drink baie vloeistowwe die dag voor en na die purgasie – veral water, tee en elektroliete.

• Vermy suiker en stysel - dit voed inflammasie.

• Gebruik aanvullings: kolostrum, kollageen, fulvicsuur, baie probiotika en kefir, asook Hippie Shake vir volledige voeding.

Uitwendig (velsorg-regime):

• Olyfolie-pulp: Smeer oggend en aand. Laat dit 10–15 minute inwerk, spoel met louwarm water en laat die res intrek.

• Bentoniet/houtskool-masker: Twee keer per week ná die olyfolie-pulp. Meng 1–2 eetlepels met water tot ’n pasta, smeer aan en sit in die son totdat dit droog is (30–45 minute). Dit absorbeer oortollige olie, herstel die pH en droog die puisies uit.

• Spoel af met louwarm water en Ecohealth se gesigsseep, wat sag die ou vel afskilfer en die nuwe vel laat deurskyn.

• Voeg Rejuvenating Oil by om die vel met voedende olies te stimuleer.

• (Indien die vel gesond genoeg is): gebruik die Skin Toner om die vel saam te trek en bloedvloei te stimuleer.

• Gebruik Ecohealth se Collagen en Colostrum Balm.

• Laastens, sluit af met die vogroom( moisturiser)

Slot

Ecohealth se produkte beloof om die vel te vernuwe – en ek kon dit reeds met my eie oë sien. Die droogheid en olierigheid het verdwyn, die porieë het kleiner geword, en my vel voel weer lewendig en gesond.

Mag hierdie storie ’n ligpunt wees vir ander wat ook moed verloor het. Onthou, jy is nie alleen nie – daar is altyd ’n pad van genesing en hoop.

Plaasgroete
Hannelie
0720101721

🌿  Kollageen - ons kan nie daarsonder nie. Die bousteen van ons liggaam om gesond te kan bly..Kollageen is die belangrik...
08/09/2025

🌿 Kollageen - ons kan nie daarsonder nie. Die bousteen van ons liggaam om gesond te kan bly..

Kollageen is die belangrikste komponent in die bindweefsel van die liggaam.

Groot hoeveelhede word gevind in die vel, spiere, senings, ligamente en ander weefsels van mens en dier. Dit is die bousteen wat jou liggaam help om sterk en gesond te bly.

✨ Voordele van Kollageen:

• Speel ’n belangrike rol in die verstadiging van die verouderingsproses – gesonde, ferm vel wat weerstand kan bied teen vrye radikale.

• Verminder inflammasie in gewrigte en stimuleer jou liggaam se eie kollageenproduksie.

• Belangrik vir mense wat herstel van sportbeserings, operasies, osteoartritis en ouderdomsverwante probleme.

• Ondersteun beendigtheid en beensterkte – verminder risiko van osteoporose, beenfrakture en swak beenstrukture.

• Versterk hare en naels, voorkom verbrokkeling en help dat hare langer groei.

• Kan help om lekkende dermwande (leaky gut syndrome) te herstel.

• Speel ’n rol in breingesondheid – sommige studies wys dat dit gemoed verbeter, depressie en angs kan verlig.

• Bevorder gewigsverlies deur die metabolisme van selle te verhoog en ’n gevoel van versadiging te gee.
• Ondersteun herstel van selwande in die spysverteringskanaal – ’n kernfaktor agter baie outo-immuun siektes.
• Gehidroliseerde kollageen het ’n hoër opname as kollageen uit kos.

🍊 Wenk: Kollageen werk die beste saam met Vitamient C, aangesien Vit C noodsaaklik is vir jou liggaam om kollageen effektief op te neem en te bou.

🌸 Pierre @ EcoHealth Kollageen Produkte:

Kollageen Kapsules

Kollageen Poeier

Kolostrum & Kollageen Kapsules

Vloeibare Kollageen met olyfolie

Vloeibare Kollageen met vlasaad-olie

Kollageen Koffie Creamer

Kolostrum & Kollageen Balsem

📖 Lees meer hier:
👉 Kollageen – Pierre Dieregesondheid

💚 Gee jou liggaam die boustene wat dit nodig het – natuurlik, kragtig en vol voordele!

🌿 Getuienis van ’n kliënt oor Pierre @ EcoHealth Kollageen 🌿 Geplaas op Pierre se blad.

“Ek het eers begin met die Kollageen Kapsules en later oorgeskakel na die Vloeibare Kollageen. Vir 18 maande het ek dit getrou elke dag gebruik. Stadig maar seker het ek gesien hoe daar weer nuwe hare begin groei. 🌸

Ek is só dankbaar vir hierdie natuurlike produk wat my liggaam help herstel van binne af!” 💚

Ons kan nie daarsonder.

Mag jou week gevul wees met nuwe moed en sagte herinneringe dat jy nooit alleen stap nie. 💛 Elke dag bring sy eie kans vir groei, genesing en vreugde – vat dit een tree op ’n slag.

“Die Here se goedertierenhede het geen einde nie, Sy barmhartighede hou nooit op nie; hulle is elke môre nuut.” – Klaagl. 3:22-23 ✨

🌿 Mooi week vir jou! 🌿

Plaasgroete
Hannelie
0720101721

Diabetes Mellitus ná ’n motorongeluk Dis Vrydagaand. Party mense is dalk oppad na vriende toe –Dan wil ek klaar sê....we...
05/09/2025

Diabetes Mellitus ná ’n motorongeluk

Dis Vrydagaand. Party mense is dalk oppad na vriende toe –Dan wil ek klaar sê....wees veilig ASB.

Dit laat my d**k aan jare terug, toe ek as jong verpleegster in die Ongevalle se Trauma-afdeling gewerk het. Vrydae en Saterdae was altyd ons besigste tye… en ek het daar soveel fasette van die lewe gesien.

Ek het saam gehuil met ’n ma wie se kindertjies onder ’n warm stort gebrand het toe sy nie vinnig genoeg die kraan kon toedraai nie. En ek het saam met ’n jong pa gehuil – dié keer van blydskap – toe sy 8-maande-oue baba, met verskeie skedelfrakture ná ’n motorongeluk, sonder enige breinskade of bloeding ontslaan kon word, nadat hy uit die voertuig geslinger is toe dit omgeslaan het.

Maar daar was nog iets wat my altyd opgeval het: ná ’n motorongeluk het ons dikwels ontdek, tydens roetine toetse, dat ’n pasiënt tipe 2-diabetes het – iets waarvan hulle self glad nie bewus was nie.

Die ongeluk veroorsaak nie diabetes nie, maar die skok en trauma plaas die liggaam onder enorme druk.

Streshormone soos kortisol en adrenalien word afgeskei om jou liggaam te help oorleef – maar dit jaag die bloedsuiker vinnig op. En as iemand reeds in ’n pre-diabetes toestand was, kan daardie trauma die sneller wees wat dit aan die lig bring.

👉 Dit het my geleer: beskerm jou liggaam vóór die tyd – dit help jou ook met herstel ná trauma.

Pierre skryf, praat en waarsku – en daar ís ’n rede daarvoor.
Dit wat hy en sy span elke dag hoor en sien, laat hom nie toe om stil te bly nie.
As jy ’n hart het om mense te help, kan jy eenvoudig nie swyg wanneer jy weet daar is hoop en uitkoms nie. ❤️🌿

🌿 Kom ons begin by die basiese:

Sny uit op suiker en al die verfynde, verwerkte kosse wat inflammasie veroorsaak – die oorsaak en bydraende faktor van liggaamspyne, jig en selfs kanker floreer daarop.

Maak jou kolon skoon, gee jou lewer ’n detox en sorg dat jou GUT optimaal funksioneer om voedsel behoorlik af te breek.

Laat staan die chemiese produkte waarmee ons bad en ons lywe smeer – kies eerder skoon, natuurlike alternatiewe.

Vervang skadelike saad-olies met goeie vet soos botter, olyfolie en macadamia-olie.

Bou jou immuunsisteem op met Ecohealth se beproefde produkte soos Kolostrum, Vit C,Omega 3. K2D3 om kalsium uit jou are te hou na waar dit hoort - bene en tande.

Drink genoeg suiwer water.

Gee jou liggaam die rus en slaap wat dit nodig het om te herstel.

’n Gesonde leefstyl is jou beste versekering teen ’n skokdiagnose ná trauma. 🌱

Plaasgroete en Liefde💚
Hannelie
0720101721

Moenie jou laat flous deur mooi verpakkings wat jou mislei nie.Voedselmaatskappye gebruik slim bemarking en los woorde s...
05/09/2025

Moenie jou laat flous deur mooi verpakkings wat jou mislei nie.

Voedselmaatskappye gebruik slim bemarking en los woorde soos “natuurlik” om dit te laat lyk asof hul produkte gesond is, al is dit nie.

Bly weg van verwerkte kosse wat saad-olies, stysels en suiker bevat – feitlik alle gemorskos sluit minstens een van hierdie skadelike bestanddele in.

Soos geplaas deur Ecohealth  Wat n interessante en belangrike storie.R60k LATER VIR VERSTOPTE LIMFPartykeer wonder ek of...
03/09/2025

Soos geplaas deur Ecohealth Wat n interessante en belangrike storie.

R60k LATER VIR VERSTOPTE LIMF

Partykeer wonder ek of julle luister na wat Pierre van Niekerk se op die blad as hy praat van limf dreinering. Almal d**k seker dis ‘n nuwe gesondheid gier. Maar vandag gaan ek julle nou mooi vertel. Luister, of soos my professor altyd gesê het: “As jy dom is moet jy sukkel”.

So kom dit dat ‘n man by die bloedanalise in gehinkepink die dag inkom om uit te vind wat gaan in sy liggaam aan. Hy beskryf dat hy ‘n steek pyn diep in sy lies het en hy sweer sy heup is besig om uit te hak.

Ek kyk hom bietjie skeef aan en dog toe laat ek hom eers uithoor. Hy vertel dat hy dokter toe gegaan het en dit is waar ek ‘n gedagte kry: “Ja, toe se die dokter seker; dis nie waar jou heup sit nie, neh?”

NEEEEEE, hoekom sal hy nou so ding doen...Die man word toe na ‘n spesialis ortopeed toe gestuur???

Die ortopeed neem x-strale en CT en sien “wonderbaarlik” niks fout nie. Hy word die keer na ‘n gastaroentoroloog toe verwys, en die wil natuurlik ‘n kolonoskopie doen. - Vir wat vra jy my nou, dis mos nie waar die kolon sit nie – Ek wonder toe: ‘het hierdie klomp professionele al ‘n anatomie boek oopgemaak?’

GELUKKIG, keer sy suster hom voor en stuur hom na ons toe voordat hy nog verder sy medies uitput.

So na sestig-duisend-rand kom hy hier aan, en terwyl ek die storie bekyk, vra ek toe of hy al ‘n limf dreinering gedoen het, want die klink soos limf... Nee, se hy (sy heup is seer).
Soos altyd se ek: “Kom ons kyk wat se jou bloed”, en dit lyk toe nou nie te sleg nie, BEHALWE

Die droe bloed wys dat hy sirkulatoriese kongestie in die limf area het. Ek stuur hom direk limf toe en wat beleef ek?

DROM ROL

Hy jubel en juig daar uit, LOOP en kom spog by my hoe hoog hy sy been kan oplig.

Dames en Here – Sy limf was verstop.

📍 Beskikbaar by Pierre Ecohealth, 19 Pieter Street, Highveld, Centurion
📧 E-pos: [email protected]
🌐 Web: www.pierre-ecohealth.co.za
Book online: https://pierre-ecohealth.co.za/services/

🌸 Geseënde Lentedag aan almalMag vars lewe, gesondheid en nuwe hoop soos lenteblommetjies in jou hart oopgaan Plaasgroet...
01/09/2025

🌸 Geseënde Lentedag aan almal
Mag vars lewe, gesondheid en nuwe hoop soos lenteblommetjies in jou hart oopgaan

Plaasgroete 💚

“Wanneer Geloof en Voeding Saamwerk: ’n Jongman se Wonderlike Transformasie” Pierre skryf: Alle, eer en erkenning aan di...
31/08/2025

“Wanneer Geloof en Voeding Saamwerk: ’n Jongman se Wonderlike Transformasie”

Pierre skryf: Alle, eer en erkenning aan die Gewer van die Goeie. En die menslike immuunstelsel.

Ek plaas die storie omdat die jong man vir ander hoop wil gee. Hierdie jongman se ma se bittere hartseer Augustus 2022 in my kantoor, was ONBESKRYFLIK

Sy persoonlike belewenis van sy maats se opinies en denke sal ons die pyn seker nooit kan verstaan nie. Sy onttrekking van sosiale geleenthede. Sy persoonlike selfbeeld en ontwikkeling, kan mens jouself maar net ind**k. Kinders en oningeligte mense kan baie, baie wreed wees.

Die geld en kostes wat aangegaan is om hierdie jongman net ‘n normale lewe te gee, beloop baie, baie duisende Rande.

Ek onthou dat sy vir ‘n nuwe behandeling ’n reuse maandelikse bedrag genoem het.

Die jong man was ‘n leerling by ‘n bekende Hoërskool in Centurion. Sy velkondisie was onder vele kinders goed bekend. Hy was toegelaat om weens sy velkondisie ‘n keps te dra.

Die fotos wys hoekom.

Ek d**k hy het hierdie kondisie al 4 of 5 jaar. Hy was al op alle medikasie onder die son vir aknee, psoriase, bakteriese velsiektes. Baie duur chemiese behandeling ook. Noem maar op en, ek weet ook nie by watter velspesialiste en klinieke ook nie.

Noem ook maar ‘n duur velsorgproduk ook. Net om hom te help. Hy het in 2018 ‘n beenmuroorplanting gehad.

Toe het hy ‘n erge velkondisie ontwikkel. So erg en pynlik dat hy nie eens uit die bed uit kon/wou opstaan nie.

Sy ma se hart was bitter seer en gebreek. Hulle het hul beste vir hom probeer gee wat geld kon koop.

Met ‘n baie swaar hart het sy in laaste hoop fabriek toe gekom. Toe Sarina die jongman sien, het sy sonder afspraak hom dadelik na my toe gebring.

Hy het geen immuniteit gehad weens die medikasie wat hy, en ek weet nie hoe lank, gebruik het nie. Enige ding kon die immuunrespons by hom veroorsaak het:

Plante

Stuifmeel

Ander kinders se kieme

Kossoorte, stysel, suiker

Diere se pelse en die proteïene daarop

Sepe en wasmiddels

Stof, myte, vlieë, muskietbyte

WAAR BEGIN N MENS?

Sy ma skrywe dat my aanvanklike bevinding haar geskok het. Sy het ged**k ek het dit verloor. Van my sinne beroof. En ek was haar laaste, heel laaste hoop?

Ek het haar belowe dat ek hom gesond sal maak. Ek kon nie d**k dat dit te moeilik kan wees nie. Ek het dit ook gesê.

Ecohealth het die eerste produkte geskenk – voeding, nie medikasie nie:

Kolostrum

Kollageen

Fulvicsuur

Probiotika’s

Kefir

Teeny Shake

Bentoniet/houtskool masker

Olyfoliepulp

Kolostrum & kollageen balm

Vogroom

Verder:

Geen suiker en stysel nie

Geen kosse met preserveermiddels nie

Sy ma skryf verder:

“Pierre het vir S sy produkte gegee. Ons het toe ook die chemiese medisyne gelos en S het stadig maar seker beter geword. As julle net weet hoe bly hierdie ma se hart is.

S drink nou sy ‘voeding’ elke dag. Hy is nou mooi gesond. Ons is dankbaar!

Pierre, Sarina en al jou personeel, dankie vir alles wat julle vir mens en dier beteken, julle weet wat julle doen! Waardeer julle so baie!

Groete en liefde,

https://pierredieregesondheid.wordpress.com/2023/07/25/psoriasis-aknee-velkondisies/

“Ek staan elke keer verstom oor wat gebeur wanneer ons ons GUT en immuniteit voed met kolostrum ,kameelmelk o.a , en ander stelsels soos met die jonge man se geval - sy vel . Dan sien ons die wonderwerke gebeur …

Van ons plaas na jou hart, met Karoohart, koffie

Plaasgroete.
0720101721

Baie siek seuntjie en Kameelmelk geplaas deur Pierre Des 2022’n Mamma deel die volgende storie oor haar seuntjie se pad ...
31/08/2025

Baie siek seuntjie en Kameelmelk geplaas deur Pierre Des 2022

’n Mamma deel die volgende storie oor haar seuntjie se pad na gesondheid:

Desember 2022 was my seun 2 jaar en 9 maande oud. Hy was gedurig siek – elke tweede week het dit begin met ’n verkoue en dan vinnig oorgegaan in longontsteking. Antibiotika was amper deel van ons daaglikse lewe. Hy het selfs al in die hospitaal beland met longontsteking, RS-virus, varkgriep en die rhino-virus.

In die hospitaal is hy getoets en daar is bevestig dat hy allergies is vir suiwel en eierwit. Ons het sy dieet streng aangepas, maar steeds was hy elke twee weke siek. Uiteindelik het dokters aanbeveel dat sy mangels en adenoïede uitgehaal word. Drie weke ná die operasie het hy weer ernstig siek geword… ons was raadop.

Agt weke gelede het ons vir Pierre besoek. Hy het voorgestel dat ons kameelmelk probeer. Aanvanklik was dit vir ons ’n vreemde en amper ondenkbare idee – veral omdat hy allergies is vir suiwel. Maar uit desperaatheid het ons dit probeer.

Sedertdien het ons kind se lewe totaal verander. Hy drink elke dag een bottel kameelmelk – en in hierdie agt weke was hy nie een keer siek nie. Ons het hom geen medikasie gegee nie, net kameelmelk.

Sy loopneus wat permanent daar was, is weg. Hy is vol lewe, vol energie – ’n nuwe kind. Hy kan selfs weer kosse eet wat hy vroeër nie kon verdra nie, soos eiers en suiwelprodukte.

Ons meng soms ook die Chocolate Kiddies Shake saam met die kameelmelk, wat hy heerlik geniet.

As ouers is ons ongelooflik dankbaar. Om jou kind keer op keer siek te sien en niks help nie, breek jou. Maar kameelmelk het vir ons hoop en genesing gebring.”

💛 Hierdie mamma se storie is ’n pragtige getuienis van hoe natuurlike voeding soms meer kan doen as medikasie.

https://www.facebook.com/share/p/171DeN9DTf/

https://www.facebook.com/share/p/19MdwsXipD/
Plaasgroete
Karoohart-Koffie,Kuier &Hartskos

0720101721

Address

Prins Albert

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Karoohart-Koffie,Kuier &Hartskos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Karoohart-Koffie,Kuier &Hartskos:

Share