Hessequa Radio

Hessequa Radio Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Hessequa Radio, Radio Station, 12 Church Street, Riversdale.

Bank: Capitec Business
Account Holder: Hessequa Radio NPC
Account Type: current
Account Number: 1055 194 886
Branch Code: 450105
email: [email protected]

07/06/2026

💚🖤 SONDAG OP HESSEQUA ONLINE RADIO 💚🖤

Wat ’n voorreg om weer hierdie Sondag saam met julle te kan deel. Vandag bring ons vir jou ’n dag vol inspirasie, aanbidding en lekker musiek.

☕ 07:00 - 08:00
Padkos saam met Danville Willemse – die perfekte manier om jou dag te begin met ’n boodskap van hoop en bemoediging.

🎶 08:00 - 13:00
Gospel Sunday met die beste gospelmusiek om jou gees te verfris.

⛪ 10:00
’n Spesiale kerkdienst word uitgesaai as deel van ons Gospel Sunday-program.

🎵 13:00 en verder
Lekker musiek om jou Sondagmiddag rustig en ontspanne te geniet.

🙏 20:00 - 21:00
Stille Oomblikke in Sy Teenwoordigheid saam met Ewie Snyers – ’n uur van refleksie, gebed en voorbereiding vir die week wat voorlê.

Skakel in deur op enige van die skakels hieronder te klik en druk net “Play”.

Deel gerus hierdie plasing of plaas een van ons skakels op jou status sodat meer mense deel kan wees van vandag se seën.

Mooi en geseënde Sondag vir almal.

Let’s do good.

www.hessequaradio.co.za
Hessequa Online Radio 💚🖤

🎉🎂 Baie geluk, Ouma Elizabeth Moolman! 🎂🎉Vanoggend wil ons by Hessequa Online Radio vir Ouma Elizabeth Moolman geluk wen...
06/06/2026

🎉🎂 Baie geluk, Ouma Elizabeth Moolman! 🎂🎉

Vanoggend wil ons by Hessequa Online Radio vir Ouma Elizabeth Moolman geluk wens met ’n besonderse mylpaal – 113 jaar!

Wat ’n ongelooflike voorreg en getuienis van God se genade. En as ons vir Ouma vra wat die geheim is, sal sy waarskynlik eenvoudig antwoord: “Hou vas aan die Here en eer jou vader en jou moeder.”

Dankie, Ouma, vir die voorbeeld wat u vir ons almal stel. Mag hierdie spesiale dag gevul wees met liefde, vreugde, familie en baie mooi herinneringe.

Veels geluk met u 113de verjaardag, Ouma Elizabeth! Ons vier en eer u vandag. 🎉❤️

Groete van almal by Hessequa Online Radio 💚🖤

Let’s do good.

03/06/2026

📢 COMMUNITY TALK MET OZZY K – VERVOLG VANAAND! 📢

Gisteraand het ons ’n baie belangrike gesprek begin oor die koste van sport en die druk wat dit op ouers plaas. Die terugvoer van die gemeenskap was ongelooflik, en daarom gaan ons die gesprek vanaand, 3 Junie 2026, voortsit.

⚽🏉🏐 Moet kinders duisende rande betaal om hul sportdrome te volg?

💬 Is sport nog vir almal toeganklik?
💬 Is talent besig om uitgeprys te word?
💬 Hoe raak hierdie kostes ons gesinne en gemeenskappe?
💬 Wat kan skole, sportorganisasies en die gemeenskap doen om te help?

Ons wil weer jou stem hoor. Deel jou ervaring, jou mening en moontlike oplossings.

📱 WhatsApp jou stemnota of boodskap na:
071 484 8262

🗓 Woensdag, 3 Junie 2026
🕗 8 PM – 9 PM
🎙 Community Talk met Ozzy K
📻 Net op Hessequa Online Radio

Kom sluit by ons aan terwyl ons voortbou op gisteraand se gesprek en saam kyk hoe ons ons jong sporttalent kan ondersteun sonder om gesinne finansieel te oorlaai.

Jou stem maak saak. Jou ervaring kan ’n verskil maak.

💚🖤 Let’s do good.

Hessequa Online Radio
💚🖤 Build a Dream
Mooi loop.

02/06/2026

⚠️ BELANGRIKE WEERWAARSKUWING VIR HESSEQUA EN DIE SUID-KAAP ⚠️

Aan al ons mense van Hessequa en die Suid-Kaap.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel dat ’n sterk afsnylaagdrukstelsel en kouefront vanaf Woensdag 3 Junie tot Donderdag 4 Junie ernstige weerstoestande oor dele van die Suid-Kaap sal veroorsaak. Swaar reënval, sterk tot stormsterk winde, baie rowwe seetoestande en baie koue temperature word verwag.

Vir dele van die Suid-Kaap word baie swaar reën voorspel, met ’n verhoogde risiko van plaaslike oorstromings, stygende riviere, skade aan infrastruktuur en moontlike padsluitings. Die Weerdiens het ook ’n waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in die Hessequa gebied vir 3 en 4 Junie 2026.

Ons vra almal om asseblief die volgende veiligheidsmaatreëls te volg:

✅ Vermy onnodige reis gedurende swaar reën en sterk winde.
✅ Moenie deur vloedwater, oorstroomde paaie of laagwaterbrûe ry nie.
✅ Hou kinders weg van riviere, spruite en stormwaterkanale.
✅ Maak seker dat los voorwerpe rondom jou huis veilig vasgemaak is.
✅ Hou jou selfoon gelaai en noodnommers byderhand.
✅ Kyk uit vir bejaardes, bure en ander kwesbare lede van ons gemeenskap.
✅ Vissers en seegebruikers word versoek om ekstra versigtig te wees weens gevaarlike seetoestande.

Onthou, geen afspraak of bestemming is belangriker as jou veiligheid en dié van jou gesin nie.

Kom ons staan saam as gemeenskap, kyk uit vir mekaar en bly op hoogte van amptelike weer- en noodwaarskuwings.

💚🖤 Hessequa Online Radio
“Die stem van ons gemeenskap.”

Kom ons praat hieroor.Waar is die ouers wat tans deur dieselfde situasie gaan? Hoeveel moes julle betaal vir julle kinde...
02/06/2026

Kom ons praat hieroor.

Waar is die ouers wat tans deur dieselfde situasie gaan? Hoeveel moes julle betaal vir julle kinders om hul sportdrome te volg?

Het julle hulp gekry of moes julle alles self bymekaar maak?

Deel julle stories in die kommentaar of WhatsApp by 071 484 8262.

Kom ons praat sodat mense dit kan lees en dalk saam ’n oplossing kan vind.

Na ’n maand is ek vanaand terug met Community Talk tussen 8PM en 9PM op Hessequa Online Radio.Baie dinge het gebeur. Bai...
01/06/2026

Na ’n maand is ek vanaand terug met Community Talk tussen 8PM en 9PM op Hessequa Online Radio.

Baie dinge het gebeur. Baie dinge gebeur nog. Kom ons praat daaroor… of is jy bang? 😏

Die Hessequa Radio WhatsApp-lyn is oop:
📱 071 484 8262

Ek het lus vir ’n lekker gesels, maar ek kan nie met myself praat nie. Ek wil met júlle praat. Stuur jou stemnota, boodskap of mening en kom wees deel van die gesprek.

Onthou, ons begin stiptelik om 8PM.

Tune in op Hessequa Online Radio deur een van die links hieronder te klik.

Community Talk with Ozzy K
Waar jou stem saak maak.

Let’s do good. 💚🖤
Mooi loop.

https://www.radio-south-africa.co.za/hessequa-radio

https://famcast.co.za/q/stations/hessequa-fm/

https://mytuner-radio.com/da/radio/hessequa-radio-516745/

Tune in and listen to Hessequa Radio live on myTuner Radio. Enjoy the best internet radio experience for free.

30/05/2026

Funeral Service of Clive Mekeur

29/05/2026

🌅 Good Morning! It’s Friday! 🌅

The work week is almost behind us, and what a blessing it is to see another day. 🙏 Join us on Hessequa Online Radio as we take a moment to thank the Lord for His grace, protection, and blessings throughout the week.

🎙️ Click on one of the links below and tune in! You can also copy and share the links on your WhatsApp Status or with your friends and family so they can join us too.

https://www.radio-south-africa.co.za/hessequa-radio

https://famcast.co.za/q/stations/hessequa-fm/

https://mytuner-radio.com/da/radio/hessequa-radio-516745/

📻 Hessequa Online Radio would like to thank each and every listener for your love, support, encouragement, and prayers. You are the reason we keep pushing forward.

☕ Don’t forget! Our Hessequa Online Radio coffee mugs are available for only R100 each. Get yours and show your support for your community radio station.

💚🖤 We are not trying to be any other radio station — we are proud to be Hessequa Online Radio, doing radio our way.

Have a blessed Friday, stay safe, and remember:

Let’s do good.
📻🎙️📻🎙️📻

27/05/2026

Ons is Hessequa Online Radio — yes, online radio!
Hier volg van die links waar jy ons kan luister.

Ons operate vanaf Hessequa, maar jy kan oral in die wêreld na ons luister. We are 13 dedicated members helping to keep this radio alive. With little to no support, we still keep pushing forward every single day.

Ons probeer nie radio nie — ons doen radio. 🎙️

We may not have a permanent studio, but we are fully equipped to broadcast from your location. The only thing we need is good internet.

Our mission and vision are simple:
• Spread the Gospel
• Tell the stories of our communities
• Help our youth develop skills and opportunities
• Be the change our communities need

If you are interested in supporting, partnering, or working with us, feel free to connect with us.

Follow our Facebook and TikTok pages and become part of the journey.

Thank you for the support.
Hessequa Online Radio — any time, any place, 24/7. 💚🖤

https://www.radio-south-africa.co.za/hessequa-radio

https://famcast.co.za/q/stations/hessequa-fm/

https://mytuner-radio.com/da/radio/hessequa-radio-516745/

[email protected]

Hessequa vier vandag weer 'n trotse militêre oomblik waar een van Môrestond se kinders uit Riversdal die 20 jaar lojale ...
25/05/2026

Hessequa vier vandag weer 'n trotse militêre oomblik waar een van Môrestond se kinders uit Riversdal die 20 jaar lojale diens parade te Kaapstad gelei het.

RSM J.D Johnson, of beter bekend as Bobby het ook hierdie geleentheid verder bekroon aangesien die aftrede van 'n "Sergeon general" deel van hierdie gesogde parade was.

Ons as Hessequa gemeenskap wil hom laat weet hoe trots ons is en weereens alle sterkte toewens met die res van sy loopbaan.Ons weet sy storie is nog nie klaar geskryf nie.

Danville Willemse
vir Hessequa Radio

Address

12 Church Street
Riversdale
6670

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hessequa Radio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Hessequa Radio:

Share

Category