Leke Kampers

Leke Kampers Met Leke Kampers wil ons wys dat kamp en travel nie ingewikkeld hoef te wees nie. Maak jou volgende reis, LEKE...

Ons deel ons ervarings, wenke en (partykeer) ons foute – om die lewe makliker te maak vir beide die onervare én ervare kamper.

15/09/2026

Ons werk plekkie

Terwyl ons weg is kort ons natuurlik 'n plekkie om te werk.

Waar anders as reg oorkant Midwest (waar ons kamp) by Whale's Tail Restaurant in St Helena baai.

Heerlike kos, leke koffie, vriendelike diens en 'n pragtige uitsig van die see.

Kyk bietjie hoe lyk dit hier.

14/09/2026

Hier is ons

Net klaar opgeslaan en uitgepak, so ons wys waar ons is.

Ons staan vir die week by Midwest karavaan park in St Helena baai,

Ons gaan julle bietjie wys hoe lyk dit hier.

Hier is baie plekkies wat mens kan besoek en ons is natuurlik op die see.

Dit reën tans nog, maar dit pla nie te veel nie.

13/09/2026

Uiteindelik weer oppad.

Na n lang wag het ons uiteindelik weer die wa gehak en die pad gevat.

Waarheen d**k julle is ons oppad vir die volgende paar dae?

13/09/2026

Putt putt

Een van die aktiwiteite wat hulle by Monateng Safari Lodge aan bied, is put put.

Beslis nie 'n maklike baan nie, maar wel baie pret.

Hulle het redelike paar aktiwiteite daarwat mens kan besig hou.

Ons sal nog wys hoe lyk die res van die plek.

12/09/2026

Dassie op die dak

Kan jy nou meer.

Eers langs die see en nou in die bosveld op die dak van Monateng Safari Lodge waar ons ook was tydens ons toer.

Monateng sit so ent buite Pretoria en het self ook wild wat ons gesien het en ook visarende wat heel oggend geskree het by die dam..

Die ou is seker maar nuuskierig.

11/09/2026

So lyk die Lapa

Ons het die verjaarsdag naweek een dag in die bos by die lapa spandeer en bietjie Graaf kos gemaak.

Hierdie is waar ons dit gedoen het.

In die middel van die bos met nie 'n huis in sig nie.

Groot vuurmaak plek, wasbakke en toilet geriewe.

10/09/2026

Hier het ons gebly

Om so omring te wees met niks anders as bos en wilde diere, is darem net so leke.

Hier is waar ons gebly en ons wys wat om ons aangaan. Die huis se uitleg van bo af en ook wat by ons agterdeur gebeur.

Die natuur is vol lewe daar.

09/09/2026

Geluk met die verjaardag Izan Opperman

Met ons kuier in Shona Langa Nature Estate het ons sy verjaardag gevier.

Hier is 'n paar hoogtepunte van die naweek.

08/09/2026

Dinokeng Game Reserve en sy diere

Met ons besoek aan Dinokeng het ons die voorreg gehad om 'n paar verskillende diere te sien.

Hier is 'n paar van hulle. Ons wys ook vinnig 'n piekniek area reg langs die dam.

Wat 'n plesier om al hierdie diere te kon beleef.

Ons kom weer kuier en die keer bietjie vroeër dat ons meer van die roete kan ry.

02/09/2026

En die wenner is.....

Ons wil baie geluk sê aan ons wenners van die kompetisie.

Die kompetisie was 'n groot sukses.

Ons bedank hiermee ook ons borge:

Klein Tafelberg Training and Adventure Centre
Nova Vita Farmstall
Nuy Winery
Invader Off-Road Campers
KUGA
LekkerSeal

Dankie ook vir elkeen van julle wat deel geneem het.

Die wenner kan ons 'n boodskap stuur met hulle besonderhede.

Kyk uit vir die volgende een!!

Address

Strand
7140

Telephone

+27842445563

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Leke Kampers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Leke Kampers:

Shortcuts

Share