28/08/2026
⭐️ VOELGOED VRYDAG ⭐️
Ek het die voorreg gehad om hierdie week vir Mnr. Wesley Vigelant te ontmoet. Ons het heerlik gesels oor sy liefde daarvoor om ’n tuin met sy kuns, kreatiwiteit en besondere talente te betower.
Hy was so trots op sy werk, en glo my, hy mag maar wees. Dit is wonderlik om te sien hoe iemand sy unieke talent gebruik om iets mooier in die wêreld te skep.
Ons almal het immers iets besonders en uniek om by te dra. Iets spesiaal wat hierdie wêreld net ’n bietjie mooier kan maak.
Baie dankie Mnr. Vigelant vir die inspirasie, jou passie en jou ongelooflike positiewe energie. Yzerfontein se inwoners is werklik bevoorreg om ’n kunstenaar soos u in ons gemeenskap te hê. 🙏🏻💚💫
Photo Credit: André Huysamen
Song Credit: “Vat My Saam (Somer Mix)” by André Huysamen & Tiaan Grundling