De Novo Boeke

  • Home
  • De Novo Boeke

De Novo Boeke We publish books and eBooks. Ons publiseer boeke en eBoeke.

Our final IYOB concert took place in the stunning Endler Hall at Stellenbosch University, the perfect backdrop to conclu...
15/08/2024

Our final IYOB concert took place in the stunning Endler Hall at Stellenbosch University, the perfect backdrop to conclude this incredible musical journey. The venue's elegant ambience and grandeur added the finishing touch to what was truly a triumphant performance. It’s not every day that young musicians get the chance to collaborate with peers from both local and international orchestras and be guided by the esteemed conductor Alexander Walker. We are beyond grateful for this unforgettable experience!

A heartfelt thank you to Reghardt Kühn and everyone at the Conservatorium and Stellenbosch University, including the incredibly patient bus drivers who ensured our players arrived safely at every concert venue. Your efforts made this experience truly exceptional!

07/12/2023

Die audioboek word Vrydag vrygestel.

Bestellings kan via whatsapp na 0828879778 geplaas word.

Koste beloop R250

Bestel jóú kopie VANDAG.

Herman du Plessis

14/11/2023

Herman du Plessis is reeds 'n gesoute skrywer en het al verskeie publikasies onder sy belt (Sien onder beskrywing hier onder) Hierdie boek is as e-boek asook in gedrukte formaat beskikbaar en kan direk by Herman bestel word. Epos: [email protected]  

NUUT OP DIE RAK!Skerwe van 'n Lewe - Herman du Plessis7 September 1998.‘n Datum op die kalender wat, vir solank as wat E...
14/11/2023

NUUT OP DIE RAK!
Skerwe van 'n Lewe - Herman du Plessis

7 September 1998.

‘n Datum op die kalender wat, vir solank as wat Estelle Badenhorst leef, permanent in haar geheue ingegraveer sal bly. Dis die dag wat haar hele wêreld in duie gestort het. ‘n Dag met gebeure waarop sy gedeeltelik voorbereid was, maar die afloop, wat oor jare gebeur het, glad nie verwag het nie.

Hierdie verhaal handel oor ‘n piramideskema en die gevolge daarvan as agtergrond.

Alhoewel die verhaal gebaseer is op ware gebeure, is ‘n gedeelte daarvan ook fiktief. Name is verander om die identiteit van die karakters te beskerm.

Herman du Plessis het bekendheid verwerf vir sy Tertstories met die fiktiewe Tert as die hoofkarakter. Hy skryf al vir bykans twintig jaar Tertstories vir die Brits/Harties Gateway. Herman is reeds ‘n gesoute skrywer en het al verskeie publikasies onder sy belt, waaronder Die Lewe van Vaatjie Beukes, Tralies en Seat Covers vir ‘n Bakkie en Korreltjies Suiker in die Koffie. Herman is woonagtig te Brits in die Noord-Wes provinsie.

Klik die skakel vir meer inligting of om jou kopie te bestel:

Herman du Plessis is reeds 'n gesoute skrywer en het al verskeie publikasies onder sy belt (Sien onder beskrywing hier onder) Hierdie boek is as e-boek asook in gedrukte formaat beskikbaar en kan direk by Herman bestel word. Epos: [email protected]  

NUUT OP DIE RAK!Mom, Dad. I'm Gay. - Dr Brand DoubellHierdie gewilde boek van dr. Brand Doubell is nou in Engels beskikb...
04/09/2023

NUUT OP DIE RAK!
Mom, Dad. I'm Gay. - Dr Brand Doubell

Hierdie gewilde boek van dr. Brand Doubell is nou in Engels beskikbaar.

"This book is a life changer. Every client of mine who bought this book has benefitted from it. It touches on all the relevant topics that concern gay people who are coming out of the closet and their parents – “Mom, Dad. I’m Gay.” is written in such a way that it is an easy-read book, but it is a book that leaves an impression because it gives insight and peace. It teaches love and life skills to deal with being gay and loving someone in your life who is gay. It is a must-read, I recommend it to all my colleagues too!"
Madeleen Steenkamp - Clinical Psychologist

While this is a self–help book for parents of gay children, there is also an appendix for Christians included. A biblical view on being gay is undoubtedly relevant in South Africa today and warrants discussion.

Follow this link to order your copy:

While this is a self-help book for parents of gay children, there is also an appendix meant for Christians included. A biblical view on being gay is without a doubt relevant in South Africa today and warrants discussion. A printed copy of the book can be ordered directly from the author at R220 + po...

NUUT OP DIE RAK!Nog Avonture van Talita Tarentaal - Louisette le RouxIn die lank verwagte opvolgboek van Louisette le Ro...
16/08/2023

NUUT OP DIE RAK!
Nog Avonture van Talita Tarentaal - Louisette le Roux

In die lank verwagte opvolgboek van Louisette le Roux kuier ons weer saam met Talita Tarentaal en haar kroos. Die kuikens is nou yslik groot en spog al met hul pragtige veertjies met die kenmerkende kolletjies op. Net soos in die eerste boek is daar in avontuur in elke storie en leer ons saam met die tarentaaltjies meer oor die wonder van die natuur, en natuurlik, die Krugerwildtuin en al sy diere.

Die eerste boek in die reeks was 'n groot sukses en ons weet hierdie een gaan net so gewild wees.

Klik op die skakel vir meer inligting of om jou kopie te bestel:

In die opvolgboek van Louisette le Roux kuier ons weer saam met Talita Tarentaal en haar kroos. Die gerukte weergawe kan direk by die skrywer bestel word teen R150,00 plus posgeld. Bestel by: [email protected]  

21/07/2023
NUUT OP DIE RAK!Weg Waarheid Lewe - Dok Ignatius Pepler
07/07/2023

NUUT OP DIE RAK!
Weg Waarheid Lewe - Dok Ignatius Pepler

Happy Friday :-)
23/06/2023

Happy Friday :-)

NUUT OP DIE RAK!'n Kwarteeu by die Kampvuur - Hennie van DeventerHier is ‘n onverwagse welkome geskenkie so in die midde...
07/06/2023

NUUT OP DIE RAK!
'n Kwarteeu by die Kampvuur - Hennie van Deventer

Hier is ‘n onverwagse welkome geskenkie so in die middel van die jaar. Hennie van Deventer, oud-koerantehoof van Naspers en jarelange redakteur van Volksblad, het ‘n pretigge boekie oor sy en Tokkie, sy vrou (saam met hul vriende) se 25-jarige verbintenis met Sabiepark saamgestel. Hy nooi al De Novo Boeke se vriende en almal wat belangstel om die GRATIS e-weergawe van die boek te lees. Klik op die skakel om die boek gratis aanlyn te lees: https://denovobooks.co.za/boekwinkel/
Op die taakbalk van die digitale weergawe is daar ‘n simbooltjie waarmee die pdf-weergawe van die boekie afgelaai en gestoor kan word. Lekker lees!

De Novo Boeke het 'n wye verskeidenheid gratis e-boeke beskikbaar. Gaan loer gerus in ons aanlyn winkel!

Lesers van ons maandelikse nuusbrief of wat ons volg op FB ken Herman du Plessis teen hierdie tyd reeds as een van De No...
03/05/2023

Lesers van ons maandelikse nuusbrief of wat ons volg op FB ken Herman du Plessis teen hierdie tyd reeds as een van De Novo Books se suksesvolste skrywers. Skryf is egter net sy stokperdjie. Hy is eerstens ‘n suksesvolle landskapargitek en is die eienaar van die bekende en gewilde Celtis Landscaping in Bits, Noordwes Provinsie.

Die eerste oplaag van sy jongste boek, Korreltjies Suiker in die Koffie (ISBN: 978-0-6397-6981-3) het so vinnig uitverkoop dat hy haastig nog ‘n oplaag moes bestel vir ‘n straatmark wat oor die langnaweek gehou is.

Herman is by sy vele ander talente ook ‘n bekwame bemarker en hy gebruik al die beskikbare elektroniese hulpmiddels om sy boeke bekend te stel.

Op sy Facebook-blad skryf Aletta du Plessis onder andere: “Ons sien uit na hierdie boek want die voriges was uitstekend en elkeen was heerlike leesstof. Baie geluk met hierdie boek.”

Op die foto is Herman by sy boeke wat hy tydens die straatmark uitgestal het. Bestel boeke direk by Herman by [email protected].

NUUT OP DIE RAK!Bloedgrond - Kiara van WykKiara se debuutroman, Bloedgrond, is pas heruitgegee. Sy het hierdie boek vir ...
19/04/2023

NUUT OP DIE RAK!
Bloedgrond - Kiara van Wyk

Kiara se debuutroman, Bloedgrond, is pas heruitgegee. Sy het hierdie boek vir haar oupagrootjie geskryf toe sy 15 was en dit is die eerste keer gepubliseer in 2018.

Bestel jou kopie vandag nog direk by Kiara ([email protected]).

Besoek die De Novo Boekwinkel hier: https://denovobooks.co.za/boekwinkel/

Address


Alerts

Be the first to know and let us send you an email when De Novo Boeke posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to De Novo Boeke:

  • Want your business to be the top-listed Media Company?

Share