Sieraad Films

  • Home
  • Sieraad Films

Sieraad Films Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Sieraad Films, Video Creator, Cathedral Peak Wine Estate, .

18/02/2026

Die Tuinwandelaars - Ons gaan saam God in die tuin wandel | Tiaan & Larozelle

Die woord "paradys" beteken oorspronklik: Ommuurde tuin. Daar is orde en grense aan hierdie paradys, wat harmonie, veiligheid en liefde laat heers. As die tuin nie ommuur is nie, is dit nie meer 'n paradys nie, en begin wilde diere en indringers die tuin verniel, wat gevaar, bitterheid en ontuisheid laat heers.

'n Getroude paartjie wandel in die paradys van hul huwelik. Die boodskap wat op hierdie troudag gelewer is, het mooi uitgewys hoe daar sekere bakens in 'n huwelikstuin is. Henna-blomme, nardus, safraan, wierookplante, ens. Dit alles, en meer, verteenwoordig die vergewensgesindheid, opoffering, liefde, gasvryheid en sagmoedigheid waarvan die huwelik behoort te bestaan. Die huwelik moet 'n veilige hawe vir die man en vrou wees, waar hulle tuis en veilig voel.

Maar bowenal, die huwelikstuin moet 'n plek wees waarin God ook wandel. Hy, wat Lewe en Liefde is. Hy, wat bind sonder dat iets anders dit kan ontbind. Hy, wat die Lewende Water is, waarmee die tuin nat gelei sal word, en groei. Hy, wat die bron is en wat alles in stand hou.

Met of sonder God, sal daar altyd trane in 'n huwelik wees. Maar as God in die tuin is, "maak [jy] die beddings nat met die trane wat jy versamel" (O Kind ~ Bernice West). God laat die sleg ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet. Hy lei ons deur moeilike tye, deur woestyne, na die beloofde land en ons paradys. Hy volbring altyd die werk wat Hy in ons begin het.

Rivier Plaas

16/11/2025

Die Pelgrims - Ek sal gaan! | Wian & Suné ~ Vintage Yard Wedding Venue

"Ons is nie slagoffers van ons omstandighede nie."

Die troudag is 'n storie, gevul met dieper simboliek. Hierdie simboliek is 'n heenwyse na die fundamentele waarheid: die noodsaaklikheid vir die mens om een te word met ons Verlosser. Ons verhouding met ons Verlosser is wat ons na die waarheid laat soek en wat ons aanmoedig om goed te doen en lief te hê, maak nie saak wat die nagevolge is nie.

Pastoor Mike het die seremonie gelei met 'n pelgrimsboodskap. Dit was 'n sterk oproep tot aksie. Die boodskap het die reis van die bruid beskryf met 'n sluier wat haar bedek. Hierdie sluier word eers by die Bruidegom verwyder. Dit is die pelgrimsreis wat elke mens behoort te neem. Die reis om sonder 'n bedekking by die hemelse Bruidegom te staan, en een te word met Hom.

Die reis van die Bruid is die lewe op aarde. Tydens hierdie lewe op aarde, kom swaar tye. Daarom is dit belangrik om nie slagoffers van ons omstandighede te word nie. Ons mag nie verbitterd word nie. Ons moet ons oë op Hom gerig hou, en die swaar tye trotseer op pad na Hom toe. Nes Hy verraai is, onregverdig gekruisig is en met 'n doornkroon beloon is, maar steeds gedoen het wat goed is. Want 'n goeie daad bly nooit ongestraf nie, soos ons sien in Jan F.E. Cilliërs se ou gedig, 'n Doornekroon:

Die werk wat sal groei soos die Meester sijn
sal ondank moet dra en miskenning se pijn:
vir die grootste werk is die enigste loon
'n doornekroon.

~

Kontak sieraad films om jou troudag vas te vang:
[email protected]

Die songoud-gloed van 'n troudagverklik die waardevan 'n trouvideo.Wie sal hierdie goue herinneringeverruil vir aardse g...
15/04/2025

Die songoud-gloed van 'n troudag
verklik die waarde
van 'n trouvideo.

Wie sal hierdie goue herinneringe
verruil vir aardse goud?

Daarom glo ons:
'n valse, onegte weergawe
van 'n troudag breek
die skoonheid van die
herinneringe af.

Skoonheid lê in waarheid.

Dis ons kuns.

15/04/2025

Anika & Sebastian | Trouvideo

Anika en Sebastian se paadjie het van hoërskool af uitgeloop tot op 'n plaas in Reitz. Hier het hulle ewige trou aan mekaar beloof. Of soos Anika dit gestel het:

"Mag ons huwelik God se koninkryk uitbrei,
Sy verhouding tot ons bely,
En dan hiermee belowe ek toegewy,
liefde en trou aan jou, tot die dood ons skei."

Telkens by troues word herhaal: die huwelik is nie 'n eindbestemming nie, maar 'n reis. 'n Reis met goeie en slegte tye, opdraendes en afdraendes, grondpaaie en teerpaaie. Daarom sluit Sebastian die video met 'n gebed af:

"Mag God my help om altyd getrou aan hom te wees".

Hierin lê die antwoord op elke opdraende en afdraende, grondpad en teerpad. Getrouheid aan God. Daarom voeg Ds Wynand by die gebed by:

"In vreugde en droefheid, tot die einde toe. Amen."

Ons videokuns reik na die hoogsteskoonheid en waarheid -dalk raak ons daaraan...Elke video is 'n poging om dieherinnerin...
15/04/2025

Ons videokuns reik na die hoogste
skoonheid en waarheid -
dalk raak ons daaraan...

Elke video is 'n poging om die
herinneringe van 'n bruilofsdag,
ewig en eerlik,
as 'n volmaakte stuk kuns vas te lê.

Ons neem die simboliek van die trourok
en fatsoeneer dit in beeld:
Reinheid. Waarheid. Skoonheid.

Daarom noem ons onself sommer
videodigters!

14/04/2025

Anika en Sebastian van den Berg | Trouvideo 2min Lusmakertjie

’n Blye lied van blyste dag,
Die son breek deur die wolke-rag;
Die orrel speel ’n jubeltoon,
Daar kom ’n koningin te skoon:
My bruid, my skat, in wit gewaad!
’n Sluier oor haar lief gelaat.
Ons kniel tesaam voor Gods altaar
En liefde en trou sweer ons mekaar;
Dan blomgestrooi, musiekgeluid!
Was ooit so ’n dag, was ooit so ’n bruid?
Ek staar in verbeelding haar nog na —
Laetitia Bellissima!
~ A.G. Visser

04/04/2024

Hierdie troue laat mens in die spieël van God kyk. Wanneer dit gebeur, sien jy dat al jou gebreke uit jouself kom. Die hoogmoed, jaloersheid, vyandskap, toornigheid en onreinheid kom uit onsself. Voor Christus is ons beste werke soos 'n bevlekte kleed.

Maar steeds gee ons hemelse Bruidegom sy lewe, sodat ons gereinig en geheilig kan word, om vlekkeloos voor Hom te staan.

Soos Melindi by die kerkie instap, prys Albert ons grote God en Verlosser wat deur sy kruisdood en opstanding vir ons 'n volkome verlossing bewerk het. As mens dit sien, kan jy nie help om weereens te d**k aan wat die huwelik eintlik verteenwoordig nie. Ons, as die bruid van Christus, verhouding met die Here Jesus Christus.

Ons was eens bevlek met sonde, maar is nou so wit soos sneeu. Ons het eens 'n bedekking oor ons aangesig gehad, maar deur Jesus, ons Bruidegom, is dit vernietig. (ll Kor 3:14)

"En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is." - ll Kor 3:18

Mag ons, soos die Emmausgangers, die Here Jesus in die Skrifte vind. Mag Jesus, as ons hemelse Bruidegom, die bedekking van ons gesigte afhaal, sodat ons ook van gedaante kan verander, gelykvormig aan Hom.

25/05/2023

Join us on this visual journey through Cathedral Peak Wine Estate, and let the magic of this extraordinary venue capture your heart. With stunning views at every turn, this venue provides endless opportunities for stunning photographs and cherished memories.

Visit their website and book your wedding!
www.cathpeakwines.com

14/05/2023

Ons is opgewonde om nog 'n pragtige trouvideo te deel! Hierdie troue het op 6 Mei 2023 plaasgevind by Cathedral Peak Wine Estate in Winterton, met die betowerende Drakensbergberge op die horison as die perfekte agtergrond. Die dag het begin met 'n bietjie reën, maar die weer het opgeklaar net betyds vir ons om 'n paar pragtige foto's en video's te neem, met die wingerde en die berge wat soos 'n portret oor die horison uitgestrek was. Dit was 'n absolute vreugde om deel te wees van so 'n spesiale dag, en om saam met die talentvolle fotograwe van Krulbos Fotografie te werk. Geluk aan die gelukkige paartjie en dankie dat ons deel kon wees van julle onvergeetlike dag!

#

12/05/2023

Hierdie is 'n lusmakertjie vir 'n pragtige troue by Cathedral Peak Wine Estate in Winterton. Dit was baie lekker om aan hierdie trouvideo te werk. Dit was wonderlik om saam met die bruidspaar en Krulbos Fotografie hierdie dag aan te pak. Kreatiwiteit het sommer vanself, op die dag en tydens die redigering van die troue, begin vloei.

Die amptelike trouvideo sal binnekort geplaas word.

Kontak ons as jy wil hê ons moet jou troudag vasvang!

Address

Cathedral Peak Wine Estate

3340

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sieraad Films posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

  • Want your business to be the top-listed Media Company?

Share