Boermedia

Boermedia Nuwe Boere met Nuwe Planne vir 'n Nuwe Begin. Ons respekteer ook die reg van ons mense om in sinvolle en beskaafde debat van mekaar te verskil.

Boermedia is ‘n groep gewone mense met ‘n liefde vir ons volk wat ‘n media-platform probeer bou om jou toegang te gee tot ‘n wye verskeidenheid inligting en opinies. Alhoewel ons bou rondom ons volk se Geloofswaardes en beginsels moet elkeen van ons tog tot die besef kom dat daar selfs binne die volk baie verskillende opinies is. Wanneer Boermedia inhoud plaas is dit nie noodwendig omdat ons dit o

ndersteun nie, maar ons ondersteun die reg van ons mense om hulle opinies te deel. Agter die skerms verskil ons ook oor baie van die inhoud, maar stem saam dat mense self moet besluit. Boermedia is nie ‘n organisasie nie, nog minder is ons deel van enige organisasie. Ons bevorder nie enige iemand se agendas nie, ons doelwit is om gesprek te stimuleer. In kort- Boermedia ondersteun dus nie noodwendig die inhoud van ‘n plasing nie, maar ons ondersteun jou reg om ‘n opinie daaroor te vorm.

13/07/2025

Bou ’n nalatenskap! – Só lui vanjaar se tema van die KragDag 2025 ekspo.

In ‘n tyd van krisisse en onsekerheid, is daar plekke waar hoop geplant en oplossings gevier word. KragDag 2025, die inspirerende selfstandigheid-ekspo, nooi mense van alle ouderdomme om van 7 tot 9 Augustus 2025 na die Diamantvallei Landgoed buite Pretoria te kom – om saam te geniet, saam te leer en saam ‘n nalatenskap te vestig.

Met die tema “Bou ’n Nalatenskap” wil KragDag elke besoeker, gesin, boerdery en onderneming inspireer en toerus vir huishoudelike selfstandigheid, dade van gemeenskapsbou, die aanpak van roepingsgedrewe inisiatiewe en die ontginning van selfstandige oplossings wat ‘n blywende impak op komende geslagte sal hê.

“By KragDag glo ons dat ’n nalatenskap nie iets is wat jy eendag agterlaat nie, maar iets wat jy vandag reeds bou,” sê HP Steyn, bestuurshoof van KragDag. “Om te bly en te bou, vereis geloof, visie en aksie – nie net vir onsself nie, maar vir geslagte wat kom. KragDag is die plek waar daardie besluit konkretiseer.”

By verlede jaar se KragDag ekspo het 660 ondernemings uitgestal en is dit oor die vier dae bygewoon deur 34 000 ekspodeelnemers – ‘n kragtige bewys dat daar ‘n groeiende behoefte is aan onafhanklike oplossings, vryheidsgerigte denke en volhoubare gemeenskapsontwikkeling.

KragDag word vanjaar vir die eerste keer deur ‘n indrukwekkende span vaandelborge ondersteun, bestaande uit Sakeliga, NEASA, City Gates, die AP Akademie, PretoriaFM, KingPrice en ontbytSAKE, wie dit moontlik maak om die ekspo op luisterryke wyse aan te bied. Hierdie organisasies deel ’n visie van selfstandigheid, vryheid en verantwoordelike toekomsbou.

Die ekspo se uitstallings is gerig op bestandheid teen risiko’s veroorsaak deur die staat en ‘n vryheidsgevulde alternatiewe lewenstyl met fokusareas soos alternatiewe energie, waterbestuur, onafhanklike onderwys, veiligheid, jag en buitelewe, selfdoenoplossings, entrepreneurskap, implemente en gereedskap, ‘n volledige landbou-ekspo en gemeenskap- en diensorganisasies. Met opvoedkundige aktiwiteite vir kinders, ‘n kopskuifateljee, demonstrasies en gemeenskapskuierareas, bied KragDag ‘n unieke ervaring vir die hele gesin.

In 2025 bou jy nie net aan jou eie nalatenskap nie – jy help ook bou aan ’n monument vir Afrikaanse hoër onderwys. Vanjaar skenk KragDag R5 van elke kaartjie wat verkoop word aan die Akademia Skenkingsfonds, vir die oprigting van Akademia se nuwe kampus in Pretoria-Oos. Só maak elke besoeker se deelname ‘n konkrete verskil vir geslagte wat kom.

Besoek www.kragdag.co.za vir kaartjies, programinligting en hoe jy kan deel wees van ‘n beweging wat nie net praat van verandering nie – maar dit aktief leef, bou en oordra om die gang van die geskiedenis te verander.

Boermedia sal ook daar wees en deurlopend verslag doen om diegene wat nie daar kan wees nie dmv ons regstreekse uitsendings deel van KragDag te maak.

https://tickets.tixsa.co.za/event/kragdag-ekspo-2025

11/07/2025
10/07/2025

BOKKIEWEEK RUGBY FINAAL

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om aan te kondig dat die o/13 BCVO rugbyspan môre in die finaal teen Noord-Transvaal gaan speel — dit is die eerste finaal sedert BCVO aan Bokkieweek begin deelneem het!

🌟Wouter van Amstal verteenwoordig ons skool met trots en hou ons Vivoniete se naam hoog.

💪🏻🏉🏆





Bokkieweek
BCVO

10/07/2025

Aandag alle maatskaplike werkers, gemeenskapsorganisasies en belanghebbendes in die bedryf. Wees deel van hierdie Toekomsberaad wat aangebied word deur Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand.

DATUM: Vrydag 18 Julie 2025
PLEK: Doxa Deo Raslouw
TYD: 8:00 – 14:00
Registreer aanlyn op www.toekomshoop.co.za

Die Oorgang van Krisis na Toekoms - 'n Selfbou Plan!

Laasjaar het Solidariteit Helpende Hand die uitdagings geïdentifiseer, en nou bou hulle aan die oplossings. Hulle weet dat ons as Afrikaner maatskaplike werkers 'n belangrike rol in ons gemeenskap speel en dat ons 'n ruimte het om 'n verskil te maak.

Staatsafhanklikheid, befondsing en dienslewering mag nie ons roeping beperk nie – ons kan 'n selfstandige toekoms bou deur slim strategieë en samewerking - staatsbestand!
Ons weet reeds dat dit moontlik is om onafhanklik van die staat te funksioneer en steeds uitmuntende dienste te lewer. Daar is modelle en suksesverhale wat ons kan gebruik om 'n nuwe, sterker pad vorentoe te baan. Hierdie beraad is die begin van daardie toekoms.

Neem deel aan die beplanning van hierdie toekoms!

Ons nooi alle maatskaplike werkers, gemeenskapsorganisasies en belanghebbendes uit om deel te wees van hierdie betekenisvolle geleentheid. D**k solank aan die uitdagings en idees wat jy wil deel en hoe ons as 'n gemeenskap werklik 'n verskil kan maak. Kom ons skep saam 'n toekoms van hoop en volhoubaarheid – vir ons gemeenskappe, vir ons professie en vir die generasies wat kom.

Temas wat bespreek gaan word deur kundiges:
· Wetgewingsraamwerk
· Befondsing
· Dienslewering
· Maatskaplike Beroep

Dit sal ook Vrydag 18 Julie, vanaf 08:00 regstreeks uitgesaai word op die blaaie van Boermedia en Solidariteit Helpende Hand. Skakel is vir die hele dag en praat saam in die kommetare as jy nie in persoon die Toekomsberaad kan bywoon nie.


10/07/2025
09/07/2025

Selfbeskikking - Bou Kleinfontein!!

Selfbeskikking - Bou Orania!!
09/07/2025

Selfbeskikking - Bou Orania!!

BCVO se Kunsuitstalling.
09/07/2025

BCVO se Kunsuitstalling.

09/07/2025

🚜🌱 Meer as ’n ekspo – dis ’n landbouverbintenis! 🌱🚜

Is jy ‘n verskaffer, vervaardiger, of diensleweraar in die landboubedryf?

Kom sluit aan by die Vivo Boerebemarkingsdag 2025 – die ontmoetingsplek waar boere en besighede mekaar regtig raakloop.

📅 Datum: 22 - 23 Augustus 2025
📍 Plek: Vivo, Limpopo

💼 Wat bied ons vir jou as uitstaller?
✅ Direkte toegang tot jou teikenmark
✅ Skep nuwe kliënteverhoudings
✅ Bou handelsmerk sigbaarheid
✅ Netwerk met boere van regoor Limpopo

🎯 Of jy werktuie, saad, veevoer, finansiële dienste of slim landboutoepassings bied – jou plek is hier.

📲 Beperkte staanplekke beskikbaar!
Bespreek nou via WhatsApp: 083 713 0204 of epos: [email protected]
🌐 Besoek: www.vivoboerdag.co.za

💬 Saai vandag. Oes geleenthede môre.

'n Toekomsberaad vir alle maatskaplike werkers...registreer en neem deel.
07/07/2025

'n Toekomsberaad vir alle maatskaplike werkers...registreer en neem deel.

Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand nooi alle maatskaplike werkers, gemeenskapsorganisasies en ander belanghebbendes uit om deel te neem aan .

Die paneel kundiges gaan 'n wetgewingsraamwerk, befondsing, dienslewering en die maatskaplike beroep bespreek.

Ons gaan uitdagings identifiseer, en aan oplossings bou vir die oorgang van krisis na toekoms.

Bespreek jou GRATIS plek vir 18 Julie 2025 hier: www.toekomshoop.co.za. OF registreer om die beraad aanlyn by te woon.

Beplan saam aan die toekoms! Bespreek nou!

Address


Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Boermedia posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Boermedia:

Shortcuts

  • Address
  • Alerts
  • Contact The Business
  • Want your business to be the top-listed Media Company?

Share

Ons doel!!

Die Grondwet bepaal die reg van minderheidsgroepe om hulle kultuur uit te leef en te bevorder. Tans is daar niemand wat aan die Boere en Afrikaners ‘n platform bied om hulle stem te laat hoor nie. Boermedia se doelwit is om hierdie platform te bou, vir jou om saam te gesels, saam te luister, saam te lag en saam te huil.

Ons doel is om gebruik te maak van moderne media toepassings om jou op hoogte te hou van nuus wat nêrens anders uitgesaai word nie, om jou toegang te gee tot debatte wat niemand bereid is om te voer nie, om jou te laat lag vir ons mense en hulle dinge en om saam met jou te huil oor die hartseer wat so baie van ons mense ervaar. Media-inhoud uit ons mense vir ons mense…