Pharos Woordeboeke/Dictionaries

  • Home
  • Pharos Woordeboeke/Dictionaries

Pharos Woordeboeke/Dictionaries Words! Woorde! Amagama!

Since its inception in 1996 Pharos Dictionaries has endeavoured to keep up with the rapidly changing needs of South African dictionary users. A team of dedicated lexicographers continually develop new products that reflect the full complexity of the South African language landscape.

Die antwoord op hierdie week se Raai die Afrikaanse spreekwoord is: “Deur ’n rooskleurige bril kyk”, wat beteken om sleg...
07/08/2025

Die antwoord op hierdie week se Raai die Afrikaanse spreekwoord is: “Deur ’n rooskleurige bril kyk”, wat beteken om slegs die gunstige kant van sake sien.📚

Die Tesourus van Afrikaans bied sinonieme te doen met optimisme.

Albei hierdie bronne is beskikbaar as gedrukte boeke, asook op PharosAanlyn: https://www.pharosaanlyn.co.za/tuis, ’n aanlyn woordeboekportaal met algemene en vakwoordeboeke.
Dit is ’n omvattende naslaanbron vir enigiemand wat effektief in Afrikaans, Engels en ander tale wil kommunikeer.

🔗Vir meer oor 'Spreekwoorde en ander segswyses': https://ow.ly/SqaM50VVuQe
🔗Vir meer oor 'Tesourus van Afrikaans': https://ow.ly/Kghf50VVuTT

Nou deel van die PharosAanlyn-skolepakket!🤩📚Die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) is nou by die skolepakket op Pharo...
06/08/2025

Nou deel van die PharosAanlyn-skolepakket!🤩📚

Die Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) is nou by die skolepakket op PharosAanlyn gevoeg. WAV is ’n digitale woordeboek van eietydse Afrikaanse taalgebruik wat gereeld aanlyn bygewerk word. Hierdie woordeboek bevat talle Afrikaanse nuutskeppings en terme wat deel is van ons huidige daaglikse taalgebruik. Engelse vertalings word ook vir die trefwoorde aangebied.

Die skole-subskripsie bied vir onderwysers en leerders toegang tot 'n versameling aanlynwoordeboeke wat op hul daaglikse taalbehoeftes fokus. Woordeboekwerk word vergemaklik wanneer leerders vaardig raak in aanlyn naslaanwerk.

Besoek PharosAanlyn by https://www.pharosaanlyn.co.za/packages, vir meer inligting oor die skolepakket met 15 naslaanwerke.
Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS), Skryf Afrikaans van A tot Z (SAAZ) en die Pharos Afrikaansgids kan bykomend by hierdie subskripsie gevoeg word teen ’n ekstra koste.

Raai die Afrikaanse spreekwoord! Weet jy ook wat dit beteken?🤔📚Pharos se ‘Spreekwoorde en ander segswyses’ is beskikbaar...
05/08/2025

Raai die Afrikaanse spreekwoord! Weet jy ook wat dit beteken?🤔📚

Pharos se ‘Spreekwoorde en ander segswyses’ is beskikbaar as gedrukte boek, asook op PharosAanlyn.

Hierdie naslaanbron bied ure se leesgenot – dit bevat:
• 10 765 spreekwoorde en segswyses, 1400 daarvan nuut bygewerk
• verklarings en Engelse vertalings vir die spreekwoorde
• interessante inligting oor waar sommige uitdrukkings vandaan kom.

🔗Vir meer: https://ow.ly/lUHc50VQOv4

The winning word for July 2025 is here!📚🏆🏆🏆AI Companion: An AI-powered assistant that offers social or emotional support...
31/07/2025

The winning word for July 2025 is here!📚

🏆🏆🏆
AI Companion: An AI-powered assistant that offers social or emotional support.

Thank you to everyone who voted!⭐

Die wenwoord vir Julie 2025 is hier!📚🏆🏆🏆Smokkeljaart: ’n Huis waar, sonder die nodige lisensie, drank (en soms dwelms) v...
31/07/2025

Die wenwoord vir Julie 2025 is hier!📚

🏆🏆🏆
Smokkeljaart: ’n Huis waar, sonder die nodige lisensie, drank (en soms dwelms) verkoop word.

Dankie aan almal wat gestem het!⭐

30/07/2025

WEES WAKKER, soek die geel plakker!📚

'Tesourus van Afrikaans' is een van die boeke op NB-Uitgewers se lys van 30 Afrikaanse boeke wat vanaf begin Mei teen ’n ekstra spesiale prys verkoop gaan word ter viering van Afrikaans se 100-jarige bestaan as amptelike taal!🤩🌟

'Tesourus van Afrikaans' is nou beskikbaar teen dié spesiale prys vir 'n beperkte tyd!

🔗Vir meer: https://ow.ly/rJEV50Wwyln

It's time to vote for your favourite word of JULY 2025!🤩📚Here are the English candidates!🤩- Public-Private Partnership (...
29/07/2025

It's time to vote for your favourite word of JULY 2025!🤩📚

Here are the English candidates!🤩
- Public-Private Partnership (PPP): A joint project between government and private companies.
- AI Companion: An AI-powered assistant that offers social or emotional support.
- Clapback: A quick, clever reply to criticism or insult.
- Dirty Money: Money gained through illegal or unethical activities.
- Edge AI: AI that processes data on local devices instead of the cloud.
- Mandela Day: July 18; a day to do good for 67 minutes in honour of Nelson Mandela.

VOTE for your favourite word in the comments! The winning word will be announced on Thursday, 31 July!📚

Die woord van die maand vir JULIE 2025 is hier!📚🤩Stem vir jou gunsteling in die kommentaar-afdeling!🥁- Afhanklikheidstoe...
28/07/2025

Die woord van die maand vir JULIE 2025 is hier!📚🤩

Stem vir jou gunsteling in die kommentaar-afdeling!🥁
- Afhanklikheidstoelaag: 'n Toelaag wat deur 'n regering betaal word aan 'n persoon wat vir mense, wat afhanklik is van hom/haar, sorg.
- Handelsooreenkoms: 'n Formele ooreenkoms tussen lande of ekonomiese entiteite wat die voorwaardes van handel tussen hulle vasstel.
- Manosfeer: ’n Netwerk, veral internetplatforms, wat deur mans vir mans geskep word, waar tradisionele manlikheid gepropageer word, en waar dikwels op vroue neergesien word.
- Smakie: ’n Positiewe reaksie op ’n plasing, kommentaar, foto, video of ander inhoud wat te kenne gegee word deur ’n duim omhoog (op Facebook), ’n hartjie (Instagram en X), of ’n ander ikoon wat goedkeuring, ondersteuning of waardering simboliseer nadat daarop geklik is.
- Smokkeljaart: ’n Huis waar, sonder die nodige lisensie, drank (en soms dwelms) verkoop word.
- Staatskuld: Algemene landskuld, openbare skuld.

Die wenwoord sal Donderdag, 31 Julie aangekondig word!📚

Die antwoord op hierdie week se Raai die Afrikaanse spreekwoord is: “In tamatiestraat wees”, wat beteken om in die moeil...
25/07/2025

Die antwoord op hierdie week se Raai die Afrikaanse spreekwoord is: “In tamatiestraat wees”, wat beteken om in die moeilikheid of ’n verknorsing te wees.📚

Die Tesourus van Afrikaans gee nog uitdrukkings en sinonieme te doen met ‘moeilikheid hê’ of ‘met iets sukkel’.

📢Albei hierdie bronne is beskikbaar as gedrukte boeke, asook op PharosAanlyn: https://www.pharosaanlyn.co.za/tuis, ’n aanlyn woordeboekportaal met algemene en vakwoordeboeke.
Dit is ’n omvattende naslaanbron vir enigiemand wat effektief in Afrikaans, Engels en ander tale wil kommunikeer.

🔗Vir meer oor 'Spreekwoorde en ander segswyses': https://ow.ly/SqaM50VVuQe
🔗Vir meer oor 'Tesourus van Afrikaans': https://ow.ly/Kghf50VVuTT

Weet jy wat hierdie Afrikaanse spreekwoord beteken?🤔📚Pharos se ‘Spreekwoorde en ander segswyses’ is beskikbaar as gedruk...
23/07/2025

Weet jy wat hierdie Afrikaanse spreekwoord beteken?🤔📚

Pharos se ‘Spreekwoorde en ander segswyses’ is beskikbaar as gedrukte boek, asook op PharosAanlyn.

Hierdie bron propvol interessante taalstaaltjies bevat:
• 10 765 spreekwoorde en segswyses, met 1400 nuwes
• verklarings en Engelse vertalings vir die spreekwoorde, asook interessante inligting oor waar dit vandaan kom.

🔗Vir meer: https://ow.ly/lUHc50VQOv4

Die antwoord op hierdie week se “Raai die Afrikaanse spreekwoord” is: Nie onder ’n kalkoen uitgebroei wees nie, en betek...
17/07/2025

Die antwoord op hierdie week se “Raai die Afrikaanse spreekwoord” is: Nie onder ’n kalkoen uitgebroei wees nie, en beteken om nie so dom te wees as wat ander dalk d**k nie.📚

Die Tesourus van Afrikaans gee nog sinonieme te doen met ‘onderskat’ en ‘geringag’.

📢Albei hierdie bronne is beskikbaar as gedrukte boeke, asook op PharosAanlyn: https://www.pharosaanlyn.co.za/tuis, ’n aanlyn woordeboekportaal met algemene en vakwoordeboeke.
Dit is ’n omvattende naslaanbron vir enigiemand wat effektief in Afrikaans, Engels en ander tale wil kommunikeer.

🔗Vir meer oor 'Spreekwoorde en ander segswyses': https://ow.ly/SqaM50VVuQe
🔗Vir meer oor 'Tesourus van Afrikaans': https://ow.ly/Kghf50VVuTT

Address


Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pharos Woordeboeke/Dictionaries posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Pharos Woordeboeke/Dictionaries:

Shortcuts

  • Address
  • Alerts
  • Contact The Business
  • Claim ownership or report listing
  • Want your business to be the top-listed Media Company?

Share