Nuusflits Nuus

Nuusflits Nuus Kry jou nuus daagliks in Afrikaans, net soos jy dit verkies!
(1)

Kliek hier vir vandag se Powerball uitslae:
19/12/2025

Kliek hier vir vandag se Powerball uitslae:

Powerball uitslae

Indien jy dit gemis het:  Boorkewer in Kaapstad en Houtbaai bevestigWES-KAAP. - Die Stad Kaapstad het bevestig dat die i...
19/12/2025

Indien jy dit gemis het:

Boorkewer in Kaapstad en Houtbaai bevestig

WES-KAAP. - Die Stad Kaapstad het bevestig dat die indringende boorkewer polyphagous shot hole borer (PSHB) nou ook in dele van die Kaapstadse middestad en Houtbaai voorkom. Dit is die eerste keer dat besmettings in hierdie gebiede bevestig word – dit hou ’n ernstige bedreiging vir stedelike bome in.



Lees meer hier:

Die Stad Kaapstad het bevestig dat die indringende Polyphagous Shot Hole Borer (PSHB)-boorkewer nou ook in dele van die Kaapstadse middestad en Houtbaai voorkom.

Indien jy dit gemis het:Durban-strande gesluit oor rioolvuil nadat DA hof naderKWAZULU-NATAL. – Vier gewilde strande in ...
19/12/2025

Indien jy dit gemis het:

Durban-strande gesluit oor rioolvuil nadat DA hof nader

KWAZULU-NATAL. – Vier gewilde strande in Durban is tydelik gesluit nadat waterbesoedeling, vermoedelik weens rioolstortings, opgespoor is. Die sluitings volg nadat die Pietermaritzburg-hooggeregshof ’n bevel uitgereik het wat die eThekwini-munisipaliteit beveel het om dringend op te tree teen aanhoudende rioolbesoedeling van riviere en strande. Die Demokratiese Alliansie (DA) het die uitspraak verwelkom en gesê hulle was genoodsaak om die hof te nader.



Lees meer hier:

Vier gewilde strande in Durban is tydelik gesluit nadat waterbesoedeling, vermoedelik weens rioolstortings, opgespoor is.

Indien jy dit gemis het:KYK: Staptog op Leeukop eindig noodlottigKAAPSTAD. – ’n Stapper is Donderdag ná ‘n val op ‘n Lee...
19/12/2025

Indien jy dit gemis het:

KYK: Staptog op Leeukop eindig noodlottig

KAAPSTAD. – ’n Stapper is Donderdag ná ‘n val op ‘n Leeukop-staproete, binne die Tafelberg Nasionale Park, dood.



Lees meer hier:

’n Stapper is Donderdag ná 'n val op 'n Leeukop-staproete, binne die Tafelberg Nasionale Park, dood.

Indien jy dit gemis het:NSRI waarsku strandgangers teen gevare van springgetyWES-KAAP. – Die nasionale seereddingsinstit...
19/12/2025

Indien jy dit gemis het:

NSRI waarsku strandgangers teen gevare van springgety

WES-KAAP. – Die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) het strandgangers en ander kusbesoekers gewaarsku om versigtig te wees tydens ’n nuwemaan-springgety wat Saterdag 20 Desember sy hoogtepunt bereik. Die springgety sal kusomstandighede oor die naweek aansienlik beïnvloed.



Lees meer hier:

Die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) het strandgangers en ander kusbesoekers gewaarsku om versigtig te wees tydens ’n nuwemaan-springgety wat Saterdag 20 Desember sy hoogtepunt bereik.

Indien jy dit gemis het:KYK: Oorlaaide bus met 117 passasiers onderskepLIMPOPO. – ’n 65-sitplek bus is Dinsdag op die N1...
19/12/2025

Indien jy dit gemis het:

KYK: Oorlaaide bus met 117 passasiers onderskep

LIMPOPO. – ’n 65-sitplek bus is Dinsdag op die N1 naby die Peter Mokaba-stadion onderskep, nadat beamptes opgemerk het dat dit oorlaai was. Die bus met 117 passasiers was van Gauteng na Malawi onderweg met 52 meer passasiers as die wettige toelaatbare kapasiteit.



Lees meer hier:

LIMPOPO. - ’n 65-sitplek bus is Dinsdag op die N1 naby die Peter Mokaba-stadion onderskep, nadat beamptes opgemerk het dat dit oorlaai was. Die bus met 117 passasiers was van Gauteng na Malawi onderweg met 52 meer passasiers as die wettige toelaatbare kapasiteit.

Indien jy dit gemis het:KYK: Vragmotor ploeg deur voertuie op N10 – een doodWaarskuwing! Video-opnames in die berig kan ...
19/12/2025

Indien jy dit gemis het:

KYK: Vragmotor ploeg deur voertuie op N10 – een dood

Waarskuwing! Video-opnames in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

OOS-KAAP. – ‘n Vragmotor het Maandag omstreeks 16:00 op die N10, naby Cradock, met twee voertuie gebots. ‘n Bestuurder (38) van een van die voertuie het gesterf.



Lees meer hier:

OOS-KAAP. - 'n Vragmotor het Maandag omstreeks 16:00 op die N10, naby Cradock, met twee voertuie gebots. 'n Bestuurder (38) van een van die voertuie het gesterf.

ndien jy dit gemis het:SA verdedig immigrasiewetgewing en open gesprekke met VSA oor data-aantygingsGAUTENG. – Die depar...
19/12/2025

ndien jy dit gemis het:

SA verdedig immigrasiewetgewing en open gesprekke met VSA oor data-aantygings

GAUTENG. – Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Donderdag bevestig dat die deportasie van sewe Keniaanse burgers deur die departement van binnelandse sake ingevolge Suid-Afrikaanse immigrasiewetgewing uitgevoer is. Die individue het sonder geldige werkpermitte gewerk, wat die rede vir die deportasie was en hoe dit ingevolge die wet geïmplementeer is.



Lees meer hier:

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Donderdag bevestig dat die deportasie van sewe Keniaanse burgers deur die departement van binnelandse sake ingevolge Suid-Afrikaanse immigrasiewetgewing uitgevoer is.

Indien jy dit gemis het:KYK: Verdagtes skuil in verkeersvoertuig – video skep verkeerde indrukNOORDWES. – Die voorval va...
19/12/2025

Indien jy dit gemis het:

KYK: Verdagtes skuil in verkeersvoertuig – video skep verkeerde indruk

NOORDWES. – Die voorval van ‘n verkeersbeampte wat, soos aanvanklik gedink is aangeval word, is op ‘n wydverspreide video vasgevang. Die voorval het Maandagmiddag op die R503 tussen Klerksdorp en Hartbeesfontein plaasgevind. Twee mans het glo kort voordat die video gemaak is ‘n gewapende roof gepleeg en was deur die publiek gejaag, waarna hulle in die verkeersvoertuig probeer skuil het.



Lees meer hier:

Die voorval van 'n verkeersbeampte wat soos aanvanklik gedink is aangeval word, is op 'n wydverspreide video vasgevang.

Indien jy dit gemis het:Geen parool vir Donovan Moodley nieGAUTENG. – Donovan Moodley, wat in Julie 2004 vir Leigh Matth...
19/12/2025

Indien jy dit gemis het:

Geen parool vir Donovan Moodley nie

GAUTENG. – Donovan Moodley, wat in Julie 2004 vir Leigh Matthews op 21-jarige ouderdom ontvoer en vermoor het, is in 2005 skuldig bevind. Hy is vir parool oorweeg, maar dit is nie toegestaan nie.



Lees meer hier:

GAUTENG. – Donovan Moodley, wat in Julie 2004 vir Leigh Matthews op 21-jarige ouderdom ontvoer en vermoor het, is in 2005 skuldig bevind. Hy is vir parool oorweeg, maar dit is nie toegestaan nie.

Indien jy dit gemis het:Gayton McKenzie oor Gelofte- en Versoeningsdag – ‘Ons moet besluit: is ons een nasie of twee?’WE...
19/12/2025

Indien jy dit gemis het:

Gayton McKenzie oor Gelofte- en Versoeningsdag – ‘Ons moet besluit: is ons een nasie of twee?’

WES-KAAP. – Gayton McKenzie, die minister van sport, kuns en kultuur, het op 16 Desember gesê: Vandag behoort die laaste keer te wees dat ons as ’n nasie afsonderlik vier. Die dag heet Versoeningsdag met ’n rede. Hoewel ons vandag groot vordering gemaak het deur mekaar se vieringe by te woon, is dit steeds nie ideaal nie. Ons is een nasie. Ons is die kinders van Nelson Mandela. Laat ons vorentoe saam vier, saam bou en saam versoen.



Lees meer hier:

Gayton McKenzie, die minister van sport, kuns en kultuur, het op 16 Desember gesê: Vandag behoort die laaste keer te wees dat ons as ’n nasie afsonderlik vier.

Indien jy dit gemis het:Verskeie voertuie ry glo oor liggaam op N3VRYSTAAT. – Die Harrismith-polisie het ’n beroep op di...
19/12/2025

Indien jy dit gemis het:

Verskeie voertuie ry glo oor liggaam op N3

VRYSTAAT. – Die Harrismith-polisie het ’n beroep op die publiek gedoen om te help met inligting nadat die onherkenbare liggaam van ‘n persoon op die N3 naby die Enoyeni-gebied aangetref is nadat dit glo deur verskeie voertuie raakgery is. Die geslag van die persoon kon nog nie vasgestel word nie.



Lees meer hier:

VRYSTAAT. – Die Harrismith-polisie het ’n beroep op die publiek gedoen om te help met inligting nadat die onherkenbare liggaam van 'n persoon op die N3 naby die Enoyeni-gebied aangetref is nadat dit glo deur verskeie voertuie raakgery is.

Address

Wellington

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nuusflits Nuus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

FiND iT

Jou nommer een nuuswebblad in die sentrale streek van Suid-Afrika. Laat jou stem hoor, vertel jou storie of stuur ’n nuuswenk aan ons verslaggewers om iets in jou area op te volg.

Stuur ’n epos aan [email protected] met jou nuuswenk, terugvoer of navrae.

*môre se nuus vandag*

www.find-it.co.za