Nuusflits

Nuusflits Kry jou nuus daagliks in Afrikaans, net soos jy dit verkies!

‘Vakansieswendelaar’ met 37 sake op R100 000 borg vrygelaatGAUTENG. – Premila Shunmugam (57) van Silver Touch Events in ...
25/12/2025

‘Vakansieswendelaar’ met 37 sake op R100 000 borg vrygelaat

GAUTENG. – Premila Shunmugam (57) van Silver Touch Events in Greenstone Hill, wat op drie aanklagte van bedrog ter waarde van R400 000 in die Pretoria-landdroshof verskyn het, is Dinsdag op R100 000 borg vrygelaat. Minstens 37 sake is reeds aangemeld, maar Shunmugam is nog nie vir van die sake aangekla nie.



Lees meer hier:

Premila Shunmugam (57) van Silver Touch Events in Greenstone Hill, wat op drie aanklagte van bedrog ter waarde van R400 000 in die Pretoria-landdroshof verskyn het, is Dinsdag op R100 000 borg vrygelaat.

Gewilde en geliefde eersdaags gegroet – leef met 4 soorte kanker maar sterf in motorongelukWES-KAAP. – Steve Lux Nortier...
25/12/2025

Gewilde en geliefde eersdaags gegroet – leef met 4 soorte kanker maar sterf in motorongeluk

WES-KAAP. – Steve Lux Nortier (41) se troosdiens sal op 6 Januarie 2026 vanuit die NG Kerk Paarl-Vallei plaasvind. Nortier, gediagnoseer met Fase 4 kanker van die longe, pankreas, lewer en limfkliere, het op 20 Desember in Mosselbaai in ‘n ongeluk met sy splinternuwe Landcruiser gesterf.



Lees meer hier:

Steve Lux Nortier (41), se troosdiens sal op 6 Januarie 2026 vanuit die NG Kerk Paarl Vallei plaasvind.

‘Onwettige myners met onwettige vuurwapens betrap’GAUTENG. – Altesaam 11 verdagtes, onder wie 10 buitelandse mans wat va...
25/12/2025

‘Onwettige myners met onwettige vuurwapens betrap’

GAUTENG. – Altesaam 11 verdagtes, onder wie 10 buitelandse mans wat van onwettige mynbou verdink word, is Woensdag in Westonaria in hegtenis geneem, nadat hulle met onwettige vuurwapens en ammunisie betrap is.



Lees meer hier:

Altesaam 11 verdagtes, onder wie 10 buitelandse mans wat van onwettige mynbou verdink word, is Woensdag in Westonaria in hegtenis geneem nadat hulle met onwettige vuurwapens en ammunisie betrap is.

KYK: Bitou-onderburgemeester ondersoek ná ‘skiet in openbaar’Video in berig.WES-KAAP. – Die polisie ondersoek ‘n voorval...
22/12/2025

KYK: Bitou-onderburgemeester ondersoek ná ‘skiet in openbaar’

Video in berig.

WES-KAAP. – Die polisie ondersoek ‘n voorval waarvan ‘n video wyd op sosiale media versprei word, van Nokuthula P. Kolwapi, die adjunkburgemeester van Bitou- plaaslike munisipaliteit, wat na bewering ‘n vuurwapen in die openbaar afvuur. Die voorval het glo Sondag by ‘n tradisionele seremonie in KwaNokuthula, naby Plettenbergbaai, plaasgevind.



Lees meer hier:

WES-KAAP. - Die polisie ondersoek 'n voorval waarvan 'n video wyd op sosiale media versprei word, van Nokuthula P. Kolwapi, die adjunkburgemeester van Bitou- plaaslike munisipaliteit, wat na bewering 'n vuurwapen in die openbaar afvuur. Die voorval het glo by 'n tradisionele seremonie in KwaNokuthul...

DJ Warras-moord- 2 persone van belang word ondervraGAUTENG. – Die ondersoekspan wat aan DJ Warras (40) se moordsaak werk...
22/12/2025

DJ Warras-moord- 2 persone van belang word ondervra

GAUTENG. – Die ondersoekspan wat aan DJ Warras (40) se moordsaak werk, het vanoggend (Maandag) omstreeks 02:00 twee persone van belang vir ondervraging ingeneem. Die twee persone is van ‘n hostel in Soweto gehaal.



Lees meer hier:

Die ondersoekspan wat aan DJ Warras (40) se moordsaak werk, het vanoggend (Maandag) omstreeks 02:00 twee persone van belang vir ondervraging ingeneem.

KYK: Rolstoelgebruiker maak ruimtegeskiedenisVideo-opnames in die berig wys die bemanning in die ruimte en Benthaus, die...
22/12/2025

KYK: Rolstoelgebruiker maak ruimtegeskiedenis

Video-opnames in die berig wys die bemanning in die ruimte en Benthaus, die rolstoelgebruiker, ná die landing.

INTERNASIONAAL. – Michaela (Michi) Benthaus (33) het Saterdag 20 Desember 2025 geskiedenis gemaak toe sy as die eerste rolstoelgebruiker die ruimte ingegaan het. Sy was aan boord van Jeff Bezos se Blue Origin, New Shepard-ruimtetuig, wat vir ‘n negende vlug vanjaar vanaf Texas gelanseer is.



Lees meer hier:

Michaela (Michi) Benthaus (33) het Saterdag 20 Desember 2025 geskiedenis gemaak toe sy as die eerste rolstoelgebruiker die ruimte binnegegaan het.

Polisie-stasiebevelvoerder kan nie omgekoop word nie, verdagtes in aanhoudingKWAZULU-NATAL – Twee verdagtes is Saterdag ...
22/12/2025

Polisie-stasiebevelvoerder kan nie omgekoop word nie, verdagtes in aanhouding

KWAZULU-NATAL – Twee verdagtes is Saterdag in Upper Tugela in hegtenis geneem vir poging tot omkopery. Die verdagtes, onderskeidelik 36 en 39 jaar oud, het probeer om ’n polisiekaptein geld aan te bied om die vrylating van ’n familielid te bewerkstellig.



Lees meer hier:

Twee verdagtes is Saterdag in Upper Tugela in hegtenis geneem vir poging tot omkopery.

Liggaam van seun in wasmasjien – nadoodse ondersoek afgewagWES-KAAP. – ‘n Vermiste seun (6) se liggaam is Vrydag binne-i...
22/12/2025

Liggaam van seun in wasmasjien – nadoodse ondersoek afgewag

WES-KAAP. – ‘n Vermiste seun (6) se liggaam is Vrydag binne-in ‘n wasmasjien in Ensorstraat, Cafda, Retreat, gevind. Die uitslag van ‘n nadoodse ondersoek om die oorsaak van sy dood te bepaal, word afgewag.



Lees meer hier onder:

WES-KAAP. - 'n Vermiste seun (6) se liggaam is Vrydag binne-in 'n wasmasjien in Ensorstraat, Cafda, Retreat, gevind. Die uitslag van 'n nadoodse ondersoek om die oorsaak van sy dood te bepaal, word afgewag.

Tiener se dood ná val deur sportafrigter betreurWES-KAAP. – Oliver Cooke (16) is op 18 Desember oorlede nadat hy tydens ...
22/12/2025

Tiener se dood ná val deur sportafrigter betreur

WES-KAAP. – Oliver Cooke (16) is op 18 Desember oorlede nadat hy tydens ’n staptog van ’n krans in Natures Valley – Bull Se Baai – in die Garden Route Nasionale Park – in die see geval het. Anne Siroky, Cooke se voormalige vlugbalafrigter het sy afsterwe op sosiale media betreur.



Lees meer hier:

Olivier Cooke (16) is op 18 Desember oorlede nadat hy tydens ’n staptog van ’n krans in Natures Valley – Bull Se Baai - in die Garden Route Nasionale Park – in die see geval het.

Busongeluk op N1 buite Bloemfontein eis 3 lewensVRYSTAAT. – Drie persone is vanoggend vroeg in ‘n busongeluk op die N1 b...
22/12/2025

Busongeluk op N1 buite Bloemfontein eis 3 lewens

VRYSTAAT. – Drie persone is vanoggend vroeg in ‘n busongeluk op die N1 buite Bloemfontein dood. Nog 71 persone is met beserings na hospitale vervoer.



Lees meer hier:

Drie persone is vanoggend vroeg in 'n busongeluk op die N1 buite Bloemfontein dood. Nog 71 persone is met beserings na hospitale vervoer.

Soektog na SA-tiener in Mosambiek duur VoortRikus Kylander (18) ‘n matrikulant van Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp,...
22/12/2025

Soektog na SA-tiener in Mosambiek duur Voort

Rikus Kylander (18) ‘n matrikulant van Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp, word steeds gesoek nadat hy op 18 Desember in Ponta Da Oura, Mosambiek, vermis geraak het. Hy het omstreeks 13:00 saam met ‘n groep vriende gaan snorkel en het nie weer uit die water gekom nie.



Lees meer hier:

Rikus Kylander (18) 'n matrikulant van Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp, Noordwes word tans steeds gesoek, nadat hy op 18 Desember in Ponta Da Oura, Mosambiek vermis geraak het.

KYK: Storm veroorsaak vloed op Laer SuidkusVideo-opnames in berig.KWAZULU-NATAL. – ‘n Storm het Sondagmiddag om ongeveer...
22/12/2025

KYK: Storm veroorsaak vloed op Laer Suidkus

Video-opnames in berig.

KWAZULU-NATAL. – ‘n Storm het Sondagmiddag om ongeveer 15:40 die Laer Suidkus getref, wat binne minute veroorsaak het dat die paaie oorstroom is en vloede ontstaan het.



Lees meer hier:

'n Storm het Sondagmiddag om ongeveer 15:40 die Laer Suidkus getref, wat binne minute veroorsaak het dat die paaie oorstroom is en vloede ontstaan het.

Address

Wellington

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nuusflits posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share