04/08/2026
๐๐ฎ๐ป๐ฑ๐ฏ๐ผ๐๐๐ฒ๐ธ๐๐ผ๐ฟ ๐ฝ๐ฟ๐ฒ๐๐๐ฒ๐ฒ๐ฟ ๐ฑ๐ถ๐ฒ ๐ฏ๐ฒ๐๐๐ฒ
Die Bank of Namibia (BoN) se Junie-kwartaalbulletin wys 59 498 beeste is in die eerste kwartaal in Namibiรซ bemark, sowat 34,4% meer as verlede jaar en 23,4% meer as die vorige kwartaal.
Produsentepryse het in die eerste kwartaal op gemiddeld N$72.97 per kg gestaan, 12% hoรซr as dieselfde tyd verlede jaar en 3,6% hoรซr kwartaal-op-kwartaal. Speenkalfpryse het met 10,9% teenoor verlede jaar tot by N$32.52 per kg gestyg.
BoN skryf die styging toe aan 'n sterker vraag onder plaaslike boere, abattoirs, streekmarkte en internasionale kopers.
Die Namibia Statistics Agency (NSA) se BBP-bulletin wat op 25 Junie vrygestel is, wys verder die landbou- en bosbou-sektor het in die eerste kwartaal van 2026 met 12,1% in reรซle toegevoegde waarde gegroei nadat dit in die ooreenstemmende kwartaal van 2025 met 17,7% gekrimp het. Van alle sektore het landbou die hoogste groeikoers getoon.