Agriforum Namibian Agriculture Magazine

Agriforum Namibian Agriculture Magazine Namibia's only agricultural magazine since 1978. Agriforum is a monthly Namibian magazine focusing on agriculture.

It provides readers with loads of knowledge on farming. Agriforum covers news from all industries in the agricultural sector, making it an excellent source of information for livestock, agronomy, biomass, game, dairy, pig and poultry farmers alike. It also features well-researched, scientifically-based articles on animal health, feeding, breeding, the latest technologies, market developments, crop

ping methods, as well as environmental issues such as bush encroachment and the use of sustainable energy sources. Agriforum was established in 1978 by the Namibia Agricultural Union (NAU) as one of its communication mediums with its members. More than 70 farmers' associations are affiliated to the NAU, representing nearly 2 500 members. Agriforum remains the oldest and only specialist magazine in this industry in Namibia.

20/12/2025
๐—ž๐—ฎ๐—บ๐—ฎ๐—ป๐—ท๐—ฎ๐—ฏ ๐˜€๐—ฒ ๐—น๐—ฒ๐—ป๐˜๐—ฒ๐—ณ๐—ฒ๐—ฒ๐˜€ ๐—น๐—ผ๐—ธ ๐—บ๐—ฒ๐—ป๐˜€๐—ฒ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐˜ƒ๐—ฒ๐—ฟBoere van die omgewing, omliggende dorpe en selfs mense van so ver as Windhoek en...
19/12/2025

๐—ž๐—ฎ๐—บ๐—ฎ๐—ป๐—ท๐—ฎ๐—ฏ ๐˜€๐—ฒ ๐—น๐—ฒ๐—ป๐˜๐—ฒ๐—ณ๐—ฒ๐—ฒ๐˜€ ๐—น๐—ผ๐—ธ ๐—บ๐—ฒ๐—ป๐˜€๐—ฒ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐˜ƒ๐—ฒ๐—ฟ
Boere van die omgewing, omliggende dorpe en selfs mense van so ver as Windhoek en Grootfontein het opgedaag vir die Kamanjab-boerevereniging se lentefees op 4 Oktober โ€“ โ€™n dag gevul met tradisie, pret en gemeenskapsgees.

Deelnemers het hul slag in verskeie items gewys, selfs in vindingryke nuwe toevoegings soos hoe lank hulle die wilde ysterbul kon trotseer of hoe hoog hulle โ€™n mieliemeelsak deur die lug kon slinger. Afgesien van die gewilde en gebruiklike olifantdrolrol, was boomstomp saag, bierbekers en bakstene optel en skyfskiet op die program. Vir die jongspan was die inkleurkompetisie โ€™n treffer.

Die hoogtepunt was die ribbraaikompetisie โ€“ spesifiek daarop gemik om die noordelike boeregemeenskappe nader aan mekaar te bring. Spanne van Otjikondo, Excelsior, Abenab, Windhoek (twee spanne), Cymot Otjiwarongo en Kaoko Bush Lodge het deelgeneem. Die braai is โ€œblindโ€ beoordeel deur drie onafhanklike beoordelaars. Otjikondo was die wenspan en Kamanjab die naaswenner. Die Kaoko Bush Lodge het die prys vir die beste stalletjie losgeslaan.

16/12/2025
๐— ๐—ผ๐—ป๐—ฑ๐—ฎ๐˜† ๐— ๐—ผ๐˜๐—ถ๐˜ƒ๐—ฎ๐˜๐—ถ๐—ผ๐—ป
15/12/2025

๐— ๐—ผ๐—ป๐—ฑ๐—ฎ๐˜† ๐— ๐—ผ๐˜๐—ถ๐˜ƒ๐—ฎ๐˜๐—ถ๐—ผ๐—ป

๐—ž๐—ฎ๐—ฟ๐—ฎ๐˜€๐—ฏ๐—ฒ๐—ฟ๐—ด๐—ฒ ๐—•๐—ผ๐—ฒ๐—ฟ๐—ฒ๐˜ƒ๐—ฒ๐—ฟ๐—ฒ๐—ป๐—ถ๐—ด๐—ถ๐—ป๐—ด ๐˜€๐˜๐—ฎ๐—ฝ ๐˜๐—ฒ๐—ฟ๐˜‚๐—ด ๐—ผ๐—ฝ ๐˜€๐—ฝ๐—ผ๐—ฟ๐—ฒ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐Ÿณ๐Ÿฑ ๐—ด๐—ฒ๐—ป๐—ฎ๐—ฑ๐—ฒ๐—ท๐—ฎ๐—ฟ๐—ฒIn September 2025 stap boerevereniginglede, oud-lede en ...
12/12/2025

๐—ž๐—ฎ๐—ฟ๐—ฎ๐˜€๐—ฏ๐—ฒ๐—ฟ๐—ด๐—ฒ ๐—•๐—ผ๐—ฒ๐—ฟ๐—ฒ๐˜ƒ๐—ฒ๐—ฟ๐—ฒ๐—ป๐—ถ๐—ด๐—ถ๐—ป๐—ด ๐˜€๐˜๐—ฎ๐—ฝ ๐˜๐—ฒ๐—ฟ๐˜‚๐—ด ๐—ผ๐—ฝ ๐˜€๐—ฝ๐—ผ๐—ฟ๐—ฒ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐Ÿณ๐Ÿฑ ๐—ด๐—ฒ๐—ป๐—ฎ๐—ฑ๐—ฒ๐—ท๐—ฎ๐—ฟ๐—ฒ
In September 2025 stap boerevereniginglede, oud-lede en eregaste saam terug op 75 jaar se spore van saamstaan in swaar tye, saamjuig in geseรซnde jare, lief, leed, onder begin en vorentoe beur as teรซspoed ons tref, maar ook ligvoets draf met voorspoedwinde tussen ons blaaie as dit goed gaan.

Bertie Smith open met skriflesing en gebed. Hy lees uit Prediker 7: โ€œMoenie sรช in die ou dae was dit beter as nou nie ... Kennis en wysheid verryk die lewe van hom wat dit besit.โ€ Ons het die Here se wysheid nodig vir die neem van boerderybesluite. Ons is geskape vir โ€™n tyd soos hierdie. Vir die Almagtige se visie vir Namibiรซ, vir voedselproduksie vir Afrika en die wรชreld โ€“ โ€™n godgegewe geleentheid waarvoor ons nooit dankbaar genoeg kan wees nie.

Retief von Wielligh (voorsitter van 1994 โ€“ 1997 en 2013 โ€“ 2015) behartig die onthulling van die gedenkplaat. Voorsitter Brian Coetzee kom aan die b***t met sy verwelkomingsboodskap en maak spesiale vermelding van die eregaste. Onder hulle is Amelia van Rooyen, โ€™n voormalige sekretaresse wat in dieselfde posisie in die Keetmanshoop Streeklandbou Unie gedien het en pas as die president van
die Namibiรซ Vrouevereniging (NVV) verkies is โ€“ die eerste vrou van die suide wat in hierdie amp dien. NVV-lede het ook reggestaan vir die feesmaal. Johan โ€œBerglandโ€ Esterhuyse, wat as driejarige seun saam met sy ouers in 1959 op plaas Kotzekous kom woon het, doen die tafelgebed.

Retief von Wielligh van die plaas Doringdraai gee โ€™n geskiedkundige terugblik op die 75 jaar van die Karasberge Boerevereniging se bestaan: Hoe Chris Lotter (stigtingsvoorsitter) en ander boere besef het โ€™n boerevereniging is onontbeerlik. Vir die eerste paar jaar vind vergaderings in boere se woonhuise plaas. In 1965 stel Hannes Esterhuyzen โ€™n stukkie grond, bekend as Dieppoort, op sy plaas Mรดrewag
beskikbaar. Hier rig Piet Esterhuyse van plaas Gurus en Attie van Niekerk van Warmfontein in 1965 โ€™n sinkskuurtjie op. Die saaltjie is ook deur die NG-kerk se Aroab-gemeente gebruik vir buitedienste en Pinksterbidure.

FOTO 1: Feesgangers tree aan vir โ€™n foto.

FOTO 2: Retief von Wielligh, jarelange en toegewyde lid van die Karasberge Boerevereniging, onthul die gedenkteken.

Address

C/o Robert Mugabe Avenue And John Meinert Street
Windhoek

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

+26461256023

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Agriforum Namibian Agriculture Magazine posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Agriforum Namibian Agriculture Magazine:

Share

Category