Die uitgewersbedryf is in ‘n krisis – is eBoeke en selfuitgee dalk die rede daarvoor? James Patterson se onlangse advertensie in die New York Times Book Review waarsku dat vele klassieke werke nie die lig sou gesien het nie, sonder die rol wat uitgewers gespeel het nie. Our libraries?” Volgens Futurebook.net is tradisionele uitgewers van mening dat dit immoreel is van skrywers om self hul boeke ui
t te gee en die uitgewer sodoende te systap. Uitgewers is van mening dat hulle die monopolie moet hê op die publikasie van boeke, want hulle ontwikkel brose nuwe talent en help arm nuwe skrywers oorleef. Sou aspirant skrywers ooit die mark betree het as dit nie was vir die ondersteuning en mentorskap van uitgewers nie? Die uitgewersbedryf het tradisioneel volgens 80/20 persent reël gefunksioneer. Die winsgewende 20% boeke subsidieer die 80% niewinsgewende boeke. Suksesvolle skrywers wat hul eie eBoeke publiseer, is volgens uitgewers immoreel want nou subsidieer hulle nie meer die niewinsgewende nuwe skrywers nie. Daar is waarheid in die argument in die ideale wêreld, maar uitgewers is besighede en die winsoogmerk is tog van kardinale belang. Skrywers ondervind dat uitgewers al meer van die skrywer verwag soos om verantwoordelikheid te aanvaar vir die taalkundige versorging van die boek en bemarking maar dat die persentasie van wins wat die skrywer ontvang al hoe kleiner word. Die eBoek mark in Europa en die VSA is uiters winsgewend. Bloomsbury het bekend gemaak dat hul wins op eBoeke in 2012 verhoog het met 61% tot £9.1 miljoen. Futurebook.net vra die vraag oor hoeveel van die gerapoteerde wins gebruik is om nuwe belowende skrywers finansieel te ondersteun. In die VSA raak die uitgewersbedryf al meer senuagtig oor die selfuitgee eBoek-bedryf. Sekere syfers dui daarop dat tot 30% van die eBoekmark reeds verteenwoordig word deur selfpubliseer eBoeke. Tradisionele uitgewers glo dat elke selfpubliseer eBoek-skrywer ‘n diepgewortelde behoefte het om deur ‘n hoofstroom uitgewer gepubliseer te word. Die stereotipe van ‘n verstrooide skrywer wat nie belas wil word met die besigheid aspekte van ‘n boek nie en hunker na die erkenning van hul talent deur ‘n uitgewer is vinnig besig om soos mis voor die son te verdwyn. Die moderne skrywer is ‘n entrepreneur en word ondersteun deur ondernemings soos myAfrikaans.com wat spesialiseer om aan die behoeftes van selfpublikasie eBoek-skrywers te voldoen. Die volgende dienste word aan selfpublikasie eBoek-skrywers gelewer deur ondernemings soos myAfrikaans.com: – die skep van ‘n professionele eBoek. – die voorsiening van ‘n platform waarmee die eBoek aan e-boekwinkels gelewer word, – die bemarking van die eBoek. Selfuitgee van eBoeke word al meer ‘n mode-neiging en ‘n aanduiding van kreatiewe status van die skrywer. Die Guardian berig dat Jim Carrey die nuutste bekende is wat sy eie eBoek uit gegee het. Carrey het eBoek vir kinders geskryf, en daar word voorspel as Carrey dit kon doen ander bekendes snel gaan volg