Sunette Bridges

Sunette Bridges Happy Wife, Mom 5, Recording Studio & Wedding Venue Owner, Song Writer, North Carolina Farm Girl!

Dis Nuwe Liedjie Dag! Vandag se liedjie is "Die Balk In Jou Oog".Ek is steeds besig om my hart se kamers reg te pak en d...
01/13/2026



Dis Nuwe Liedjie Dag! Vandag se liedjie is "Die Balk In Jou Oog".

Ek is steeds besig om my hart se kamers reg te pak en die stof uit al die laaie te skud sodat ek hierdie jaar met nuwe moed en durf kan aanpak. Oral vind ek vere wat mense in die wind gestrooi het... die laaste bietjie oorbly van ander se woorde, leuens en oordeel... Ek wil elke bietjie daarvan opvee en weggooi!

Matteus 7:3-5:

"En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal."

Ek ken eerstehands die skade wat mense se los tonge veroorsaak en die verwoesting wat dit in jou lewe kan saai. Ek weet ook dat die soort mense NOOIT al die vere wat hulle in die wind gestrooi het, bymekaar sal kan maak nie.

As ander se woorde, leuens en oordeel jou al ooit laat struikel het of jou hart gebreek het, gooi dit weg op die ashoop waar dit hoort! Steur jou slegs aan die opinie en raad van iemand van wie jy dit vra en vir wie jy respek het! ... en moet NOOIT dat iemand 'n oordeel oor jou fel as hulle nie 'n duisend myl in jou skoene gestap het nie! Sx

This is the official music video for "Die Balk In Jou Oog" by the Rivers & Bridges House Band👉 Follow the link to stream or download all our songs: https://...

Dis Nuwe Liedjie Dag hier by Rivers & Bridges Music! Vandag se vrystelling is "Iewers In Kaapstad" deur die Rivers & Bri...
01/08/2026



Dis Nuwe Liedjie Dag hier by Rivers & Bridges Music!

Vandag se vrystelling is "Iewers In Kaapstad" deur die Rivers & Bridges House Band saam met Ruan Kruger!

Toe ek hierdie liedjie geskryf het, het ek vreeslik huistoe verlang en kon al die prentjies so duidelik in my geestesoog sien... Daar is maar net EEN Kaapstad!

Lekker luister! Sx

This is the official music video for "Iewers in Kaapstad" by the Rivers & Bridges House Band ft. Ruan Kruger👉 Follow the link to stream or download all our ...

Dis Nuwe Liedjie Dag hier by  Rivers & Bridges Music! Vandag se vrystelling is "Alles Verniet" deur die Rivers & Bridges...
01/06/2026


Dis Nuwe Liedjie Dag hier by Rivers & Bridges Music!

Vandag se vrystelling is "Alles Verniet" deur die Rivers & Bridges House Band.

Soms, voordat jy op 'n nuwe bladsy kan begin, moet jy die laaie in jou hart se kamers uitpak, skoonmaak en ontslae raak van al die onnodige dinge wat seer maak en ruimte opneem sonder om tot jou lewe by te dra. Jy moet jou hartseer konfronteer en aanspreek en erken voordat jy kan aanbeweeg en nuut begin. "Alles Verniet" is so 'n liedjie... een van stilstaan, besin en aanbeweeg sodat jy opnuut weer voluit kan leef!

Lekker luister! Sx

This is the official music video for "Alles Verniet" by the Rivers & Bridges House Band.👉 Follow the link to stream or download all our songs: https://linkt...

Dis uiteindelik tyd vir HJ Alant se splinternuwe liedjiie "Uit My Kop Uit"! Dit is 'n "Trek jou dansskoene aan en pak jo...
12/30/2025



Dis uiteindelik tyd vir HJ Alant se splinternuwe liedjiie "Uit My Kop Uit"! Dit is 'n "Trek jou dansskoene aan en pak jou sorge weg" liedjie hierdie! Geniet hom! Sx

This is the official Lyric video for "Uit My Kop Uit" by Henri Alant👉 Follow the link to stream or download this song: https://henrialant.hearnow.com/uit-my...

Dis uiteindelik weer Nuwe Liedjie Dag by Rivers & Bridges Music! Vandag se liedjie, "Doen Wat Ek Wil", is 'n lekker parm...
12/29/2025



Dis uiteindelik weer Nuwe Liedjie Dag by Rivers & Bridges Music!

Vandag se liedjie, "Doen Wat Ek Wil", is 'n lekker parmintige ene, spesiaal om almal van julle aan te spoor om in die Nuwe Jaar al die dinge te doen wat jy WIL en KAN wat jou gelukkig maak en jou nie te veel te steur aan ander se reëls en voorskrifte nie!

Lewe voluit en onthou "Kannie is dood van kruiwa stoot"!

Lekker luister! Sx

This is the official music video for "Doen Wat Ek Wil" by the Rivers & Bridges House Band.👉 Follow the link to stream or download all our songs: https://lin...

Dis amper weer Nuwe Liedjie Tyd hier by Rivers & Bridges Music en volgende week stel ons sommer Maandag en Dinsdag nuwe ...
12/27/2025

Dis amper weer Nuwe Liedjie Tyd hier by Rivers & Bridges Music en volgende week stel ons sommer Maandag en Dinsdag nuwe liedjies vry sodat julle dit op daai Oujaar-Speellys kan laai!

Maandag se liedjie is "Doen Wat Ek Wil" en dis weer die Rivers & Bridges House Band se b***t! Kort op sy hakke volg Henri Alant se "Uit My Kop Uit"!

Ek het "Doen Wat Ek Wil" geskryf nadat ek eendag vir julle vertel het hoe my Pa dit nie kon verdra as ek vir hom gesê het ek kan nie! Hy het die gesegde, "Kannie is dood van kruiwa stoot" letterlik in my ingeprent! ...en heelparty van julle het my toe uitgedaag om 'n liedjie daaroor te skryf. Ek moes so 'n bietjie kopkrap oor diè ene, maar nou kan ek nie wag dat julle dit hoor en kliphard saam sing nie - vir al die mense wat so graag hulle reëls op jou probeer afdwing of voorskryf wat jy mag en kan!

Maak 2026 JOU "Doen Wat Ek Wil" jaar!

"Kannie is dood van kruiwa stoot
En sy sussie is begrawe in ‘n sloot
Dog se veertjie het die wind kom vat
So verskoon my asseblief my skat
Maar ek gaan doen wat ek kan ... ek gaan doen wat ek wil
So bly jy liewer maar stil"

Hier is so 'n voorsmakie! Sx

'n Nuwe Stormloop liedjie kom op 29 Desember. Volg ons om dit nie te mis nie!

Address

815 HAROLD HACKNEY Road
Siler City, NC
27344

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sunette Bridges posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Sunette Bridges:

Share