Sunette Bridges

Sunette Bridges Happy Wife, Mom of 5, Recording Studio & Wedding Venue Owner, Songwriter, North Carolina Farm Girl!

Dit is Nuwe Liedjie Dag! ...en vandag sing André Venter vir ons “’n Rondte Om Die Son”! Dit was so ‘n ongekende voorreg ...
09/29/2026



Dit is Nuwe Liedjie Dag! ...en vandag sing André Venter vir ons “’n Rondte Om Die Son”!

Dit was so ‘n ongekende voorreg om André hier by ons in die ateljee te kon hê vir hierdie opname. Ek is immers ‘n jare lange aanhanger van hom en Romanz èn ons kon in Afrikaans klets en musiek maak, so dit was dubbel lekker! Hierdie is ook André se eerste Afrikaanse opname in byna 10 jaar!

Hierdie liedjie is baie spesiaal vir my... so ‘n bietjie nostalgie oor dit wat in ons verlede lê en die paaie wat ons reeds gestap het wat altyd deel sal wees van wie ons is, maar ook ‘n vooruit kyk na die toekoms met ‘n dankbare hart vir elke nuwe dag en jaar en uitdaging.

So baie dankie dat jy hierdie liedjie hier kom opneem het André! ...en, noudat ons bure is, sien ek uit daarna om sommer nog baie nuwe musiek saam te maak!

Lekker luister na “’n Rondte Om Die Son”! ...en deel dit groot asseblief met al jou vriende! Sx

This is the official lyric music video for "'n Rondte Om Die Son" b...

Baie dankie vir nog 'n week van lekker saam luister en gesels! Dit is vandag 51 weke vandat Stormloop amptelik afgeskop ...
09/27/2026

Baie dankie vir nog 'n week van lekker saam luister en gesels!

Dit is vandag 51 weke vandat Stormloop amptelik afgeskop het met Lianie May se "Jy Speel Met Vuur"! Ek het soveel waardering vir elkeen van julle wat hierdie hele tyd saam geluister het deur 94 Vrystellings, saam gespeel en gestem het vir die Top 20's, vir al die positiewe terugvoer en aanmoediging deur hierdie reuse projek!

Nog net 6! ...en daai 3 bonusliedjies wat ek julle skuld! 😁

Ek deel vandag die "Stormloop Hart" speellys vir so 'n bietjie inspirasie vir die week wat voorlê en nadink oor die week wat verby is... Ek het vanoggend weer geluister na "Die Dagboek" en dit het my opnuut laat besef dat nòg 'n jaar einde se kant toe staan. Dit voel byna onwerklik, so asof die dae, weke en maande net al hoe vinniger verbyvlieg!

Ek hoop elkeen van julle kry vandag so 'n bietjie tyd vir asemhaal... Mooi, Geseënde Sondag vir elkeen van julle! Sx

Share your videos with friends, family, and the world

Dit is Nuwe Liedjie Dag! ... EN dis BRAAIDAG! 🎉Rea le Roux sing vandag vir ons "Hennetee"! Hierdie liedjie dra ek op aan...
09/24/2026



Dit is Nuwe Liedjie Dag! ... EN dis BRAAIDAG! 🎉

Rea le Roux sing vandag vir ons "Hennetee"!

Hierdie liedjie dra ek op aan al die Dames wat al vir so lank saam met my hier kuier. ...en ja, die Manne mag maar saam luister, maar diè ene is vir daai spesiale dae wanneer ons Meisies die geleentheid het om saam met ons beste Vriendinne so ‘n bietjie weg te breek, sonder ons mooimaakgoed, in ons jannas en stewels en tekkies, met ‘n bokstert en mense wat ons hart ken! Dis ‘n liedjie oor saamwees en lag en ongekunsteld, net wees...

So baie dankie aan Leon Barnardt vir die stemopnames en dankie Rea dat jy my so ‘n bietjie buite my gemaksone laat werk het vir die ene! My kinders sê altyd ek skryf net 2 soort liedjies... hartseer en B*A&I%E hartseer... wel, diè liedjie is beslis nie een van daai twee nie!

“Hennetee” vier saamwees sonder pretensie, sonder kommer, sonder skaamwees! Geniet hom Meisies en DEEL hom met al jou Vriendinne! Ek hoop daar is ‘n Hennetee in jou nabye toekoms! Ons het dit almal nodig so nou en dan!

Dis ook Erfenisdag! ...so kom ons vier ONS erfenis, ONS taal en ONS lief wees vir mekaar! Sx

This is the official lyric music video for "Hennetee" by Rea le Rou...

Dit is Nuwe Liedjie Dag! ...en vandag se liedjie is ‘n bonus ene aangesien ons nog kliphard aan die werk is aan die lied...
09/22/2026



Dit is Nuwe Liedjie Dag! ...en vandag se liedjie is ‘n bonus ene aangesien ons nog kliphard aan die werk is aan die liedjie wat ek eintlik vandag wou vrystel...

“Jy Het Jou Jolene” is geïnspireer deur een van my gunsteling Dolly Parton liedjies. Ek hoop julle geniet Stormloop se 93ste liedjie! Lekker luister en deel asseblief met jou vriende! Sx

This is the official lyric music video for "Jy Het Jou Jolene" by t...

Dis Nuwe Liedjie Dag en ek is so opgewonde om hierdie lekker liedjie met julle te deel! Wynand en Cheree sing vir ons “D...
09/17/2026



Dis Nuwe Liedjie Dag en ek is so opgewonde om hierdie lekker liedjie met julle te deel! Wynand en Cheree sing vir ons “Dans”!

Ek het diè twee ongelooflik begaafde kunstenaars behoorlik gesoebat vir ‘n duet vir Stormloop en was sò bly toe hulle instem. Hulle opdrag was dat hulle iets wil sing wat mense sal laat glimlag - ietsie anders wat eie aan hulle is... Aangesien ek Chereé se oulike “huisvideos” so baie geniet, het ek dadelik geweet wat om te skryf! Ek sien hulle in my geestesoog daai vroegoggend dansies daar in hulle tuin doen, sommer so in hulle kamerjasse en toe weet ek, hulle moet “Dans” vir ons sing! Sò baie dankie Wynand en Chereé! Ek is ‘n groot aanhanger vir baie jare al, so hierdie is vir my ‘n reuse voorreg!

Geniet “Dans” saam met my vanoggend! Lekker luister en deel asseblief met jou Vriende! Sx

This is the official lyric music video for "Dans" by Wynand & Chere...

Dit is Nuwe Liedjie Dag! ... en vandag sing Zonnebloem vir ons “SMS”! Hierdie pragtige Meisiekind het op 17 reeds sommer...
09/15/2026



Dit is Nuwe Liedjie Dag! ... en vandag sing Zonnebloem vir ons “SMS”!

Hierdie pragtige Meisiekind het op 17 reeds sommer 2 Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings op haar boekrak, tussen haar skoolboeke!

“SMS” is ‘n liedjie oor verlang na ‘n eenvoudiger tyd, toe ons mekaar nog in die oë kon kyk, met ‘n padkaart ons weg na mekaar kon vind en nie ons lewens agter selfoon- en rekenaarskerms geleef het nie... toe ons ‘n fliek by in Inry-bioskoop gaan kyk het en ‘n met mekaar oor ‘n lang-lui-telefoon gesels het...

“Ek mis ‘n inry-bioskoop
En ‘n lang-lui-telefoon
En die tyd toe dit so maklik was
Om te loop tot waar jy woon
Ek mis die dae toe ons mekaar
Met ‘n padkaart steeds kon vind
En ry tot waar die pad
Ons weer aanmekaar verbind

Ek mis die warm van jou hande
Die waarheid in jou kyk
Ek smag na jou soet stem in die aande
Die hitte van jou lyf
Ek mis die vreesloos eerlik woorde
Toe jy jou hele hart voor my oë
Met my kon deel my skat
In ‘n taal wat ‘n SMS nie praat...”

Lekker luister en deel asseblief met jou Vriende! Sx

This is the official lyric music video for "'SMS" by Zonnebloem👉 ...

Dit is Nuwe Liedjie Dag! ...en ek is SO dankbaar dat Will Jordan ons bederf met nog ene, want ek het “As Jy My Soek” al ...
09/10/2026



Dit is Nuwe Liedjie Dag! ...en ek is SO dankbaar dat Will Jordan ons bederf met nog ene, want ek het “As Jy My Soek” al OP geluister! Vandag sing hy vir ons “Dans Onder Sterre”!

Dankie Will dat jy jou pragtige stem weer met ons deel. Dit is so ‘n groot voorreg om saam met jou te kan werk! Dankie ook aan Christie Schutte van StarTrax Recording Studio vir die stemopnames!

“Hou vas daai vrou van jou hart
Steek aan die vure onder ‘n sekelmaan
Dans op die ritme van ‘n Spaanse kitaar
En maak haar drome waar
Dans onder sterre vanaand
Hou vas aan more en hou vas aan mekaar
Onthou die liefde wat jul altyd verbind
En dans weer soos ‘n kind...”

Lekker luister na “Dans Onder Sterre”! Sx

This is the official music video for "Dans Onder Sterre" by Will Jo...

Address

815 HAROLD HACKNEY Road
Siler City, NC
27344

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sunette Bridges posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Sunette Bridges:

Shortcuts

Share