Moerkoffie Express

  • Home
  • Moerkoffie Express

Moerkoffie Express Afrikaanse program ........aktueel nostalgies en met 'n tikseltjie moer

Kleur, ras en geloof is die goed wat mense ondermekaar en van mekaar vervreem. Tussen die politiek en geloof is daar n d...
03/05/2024

Kleur, ras en geloof is die goed wat mense ondermekaar en van mekaar vervreem. Tussen die politiek en geloof is daar n dun lyntjie, net soos tussen die liefde en haat. Die mens probeer homself die heeltyd regverdig in sy soeke na persoonlike "andersheid" wat hom of haarself hopelik gaan regverdig in hul handelinge. Een van die mees gewildste is om grond van velkleur hulself te regverdig. In SA politiek kom hierdie.....weet nie altyd wat mens dit moet noem nie...............DING, whatever............die meeste voor. Onomwonde gesê: "Dit laat my koud"

My standpunt bly dieselfde rondom sogenaamde kleur politiek. Laat ons nie onsself blindstaar en stereotipeer op grond van die persoon se velkleur of ras nie. Rasse kom in die dierelewe voor. Takseer nie die man op sy baadjie nie. Aanvaar diversiteit en sien andersheid nie as n gevaar nie maar eerder as n lewensles wat geleer moet word. Laat die fakkel van lig brand op die olie van liefde en n warm lig van hoop oor almal skyn. Ons almal in ons andersheid is nie hier per toeval nie maar individueel hier om n eenheid te vorm. Lewe elke dag voluit en maak n bydrae. Moet nie alles probeer verander alvorens jy dit nie verstaan nie. A change is not always as good as a holiday.

In die "Four Agreements" van Don Miguel Ruiz maak hy dit so eenvoudig, tog ook nie? The four agreements: "Be impeccable with your word", "Do not take anything personally", "Do not make assumptions", and "Always do your best". Net die eerste een val ek baie maals plat op my g*t. Leef en laat leef. LUKAS 2:13-14 AFR53 En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae.

www.radiosuidafrika.co.zaWat maak jy op hierdie Sondagmiddag so skuins na tweeuur?Kom luister na 'n gesprek met Nico van...
21/04/2024

www.radiosuidafrika.co.za

Wat maak jy op hierdie Sondagmiddag so skuins na tweeuur?
Kom luister na 'n gesprek met Nico van Vuuren van Inspirasie Veelvoud.

My nuutste vondeling in die Afrikaanse musieklandskap wat soms bar lyk en ontbreek aan ware en rou talent. Sy akkoorde en woorde val saggies op die gemoed en sypel in die gaaitjies van die onderbewussyn in. Maak dinge in jou wakker wat 'n ongevraagde introspeksie onafwendbaar maak. Jou terugneem na tye, plekke en mense. Toe die wêreld om jou deur die kindsoog soveel mooier en beter was.

So, as jy nie siesta, grassny of iewers leeglê nie.......Skakel in (dis oral moontlik want Radio RSA is digitaal) en beleef die musiek van Inspirasie Veelvoud.

Gaan op ons webwerf www.radiosuidafrika.co.za, klik op die speler en jy's in op die stasie.

Ondersteun plaaslike kunstenaars...........Dis die regte ding om te doen.
Alwyn Mouton

11/04/2024
Na bykans 15 jaar van betrokkenheid in die uitsaaibedryf, uitsaaiwese klink darem te ongepoets ernstig, het 'n geleënthe...
01/04/2024

Na bykans 15 jaar van betrokkenheid in die uitsaaibedryf, uitsaaiwese klink darem te ongepoets ernstig, het 'n geleëntheid my te b***t geval wat ek nie kan laat verbygaan nie. Ek het 14 jaar gelede om verskeie redes kursus geloop en tande geslyp by met hul onstaan in 2010. Wat ek by mense soos Wimpie van der Sandt, Heinrich Du Plooy, Johan Rademan en andere geleer het was van onskatbare waarde. Ook geleer het van ander geesgenote en steeds leer kan ook nie ongenoemd bly nie.

Daarna was ek by verskeie aanlyn stasies betrokke en deel van Radio SA sederdien 2015. So, die uitsaaigogga het my op plekke gebyt waar mens verkieslik nooit fisies behoort gebyt te word nie.

So, hiermee wens ek jou graag van my bedanking by Coastal Radi SA te verwittig. Vanaf vandag is ek 'n bestuurslid van Radio Suid Afrika 'n aanlyn stasie sederdien 2006 www.radiosuidafrika.co.za So al my programme skuif oor, ook my stalperd Die Moerkoffie Express.

Net ter inligting, sou jy my die komende Saterdag op die ou stasie soek, die trein trek nou vanaf Radio Suid Afrika.

Met groot dank vir jou ondersteuning aan 'n "wannabee" omroeper.

Alwyn.

In politics you get many character types:1. The Faithful - A no-nonsense, down-to-earth type.Diligent representing serva...
19/03/2024

In politics you get many character types:

1. The Faithful - A no-nonsense, down-to-earth type.
Diligent representing servant of the community they are representing. A caring heart , generally direct and plain-speaking. But, While focused on individual needs, may not consider strategic big-picture. Bit of a dreamer and schemer.

2. The Cowboy - Known for their charm and ability to take quick action under challenging circumstances. Takes action fast to adapt to events and happenings. Charming talker, knows how to mix in humour with message. However, being careless with words and say questionable things at times. Being too reactive to events rather than being strategic.

3. The Learned - High achieving and ambitious. Often promoted because of their keen insights, varied competence and natural confidence. Strategic mind mixed with pragmatism, they dress an play the party like an actor of note. Come across as arrogant or proud but may lack empathy when dealing with on-the-ground issues. Normally weaker in ex*****on than in strategizing or solving a problem.

4. The Activist - Social cause-driven and very likely to come from the opposition. |They are not known to follow the rules as they are not followers but creators of their own rules. Highly passionate and idealistic type. Comes across as authentic and genuine with no airs.
Passionately fights for the down-and-out of society.
Articulate, persuasive and inspiring in speeches. Articulate, persuasive and inspiring in speeches, very stubborn and unwilling to accept alternatives. Idealism many times clouds vision of reality.

5. The Populist - The one that I have always found to be fascinating is the populist, never really mentioned as he or she may be mistaken for the activist type. A demi-god type of character that radiates his or her godliness as the one with the real solution. The latter been what he or she gets from their audience or followers. They are highly intelligent and articulate and studies his followers carefully before targeting them. Like a good salesman he/she won't give them what his got, he'll give them what they want. He/she will say what they want him to say and they want to hear.

If you rate politicians standing this election for positions of power, maybe President how do you rate them.

Mine is:

1. John Steenhuizen
2. Cyril Ramaphosa
3. Corne Mulder
4. Julius Malema
5. Neil de Beer

I am still in two minds, but I like the populist.

Kan iemand asseblief vir my verduidelik wie is die sogenaamde Afrikaner. So n puntelysie gee om myself teen te meet en t...
29/02/2024

Kan iemand asseblief vir my verduidelik wie is die sogenaamde Afrikaner. So n puntelysie gee om myself teen te meet en te bepaal of ek een is. Ek het nog nooit nie een gevoel nie maar ek is verseker dat ek n Suid-Afrikaner is.

Very special bottle of wine for sale.................1974 Philippus Deetlefs Muscat d' Alexandrie, only for collectors. ...
07/01/2024

Very special bottle of wine for sale.................1974 Philippus Deetlefs Muscat d' Alexandrie, only for collectors. I'm not giving the price, but if you know your stuff.............you'll know what to offer.

www.coastalradio.co.zaMoerkoffie Express vanaf 8:00 uur. Eerste ene vir die jaar, so kap in en vat 'n moerkoffie met eks...
06/01/2024

www.coastalradio.co.za

Moerkoffie Express vanaf 8:00 uur. Eerste ene vir die jaar, so kap in en vat 'n moerkoffie met ekstra......................MOER.

Address


Opening Hours

08:00 - 10:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moerkoffie Express posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Moerkoffie Express:

Shortcuts

  • Address
  • Opening Hours
  • Alerts
  • Contact The Business
  • Claim ownership or report listing
  • Want your business to be the top-listed Media Company?

Share