23/08/2026
🎥 WONDER JY HOE DIE HATARI PLATINUM VEILING 2026 GAAN WERK?Steyn Steenekamp verduidelik presies wat kopers vanjaar kan verwag — die verskil tussen die “geraasveiling” en die “stille veiling”, en hoe ons nuwe formaat gaan werk.Ons gesels ook oor hoekom ons besluit het om die Hatari Platinum Veiling groter te maak, wat die gedagte agter die nuwe formaat is, en natuurlik meer oor die besondere aanbieding van diere wat vanjaar onder die hammer kom.🔥 En dan stel ons julle voor aan TOKKOLOS — ’n besonderse kuddevaar met krag, kwaliteit en teenwoordigheid wat aangebied word op die Hatari Platinum Veiling 2026.Hierdie jaar gaan oor méér diere, méér keuse en ’n veiling wat vir elke koper iets besonders bied.🎬 Kyk die video en hoor self wat julle van Hatari Platinum 2026 kan verwag.Op aanbod: Grootste Dormer Veiling!• 200 SP Dormer Ramme• 100 SP Dormer Ooie• 200 Kommersiële Dormer Ooie• 15 SP Suffolk Ramme• 15 SP Suffolk Ooie📅 19 September 2026📍 Plaas Content, Bainsvlei, BloemfonteinHATARI PLATINUM VEILING 2026Where Passion Meets Precision.