03/10/2026
DIE ROL VAN ’N BEGRAFNISONDERNEMER – MEER AS NET ’N DIENS?
Vanoggend het ons ’n besonder mooi boodskap op ’n gemeenskapsgroep raakgelees waar ’n leser haar opregte dankbaarheid uitgespreek het teenoor ’n werknemer by ’n begrafnisondernemer wat haar met soveel omgee en deernis bygestaan het ná haar mammie se afsterwe.
Dit het ons laat wonder:
Wanneer ’n geliefde sterf, is ’n begrafnisondernemer daar om meer as net die praktiese reëlings te hanteer?
🌿 Hoe belangrik is deernis, geduld en ’n sagte woord in so ’n moeilike tyd?
🌿 Wat verwag julle van ’n persoon wat ’n familie deur die proses van afskeid begelei?
🌿 Het iemand by ’n begrafnisondernemer al vir julle ’n besonderse verskil gemaak?
🌿 En wat beteken dit vir julle wanneer iemand wat deel is van die begrafnisreëlings, julle nie net as ’n kliënt behandel nie, maar as ’n mens wat deur hartseer gaan?
Ons wil graag julle stories en opinies hoor.
Wat is volgens julle die belangrikste rol van ’n begrafnisondernemer wanneer ’n familie deur verlies gaan?
Kom ons hou die gesprek respekvol — ons praat immers oor een van die mees sensitiewe oomblikke in ’n mens se lewe.
FOTO SLEGS VIR ILLUSTRASIE