13/01/2026
Rowan Phillips van die Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier sê hy het sewe onderskeidings behaal en dat hy medies aan Stellenbosch gaan swot. Sy advies aan vanjaar se matrikulante is: “Begin vroeg, maar moenie jouself overwork nie. Werk deur ou vraestelle en moenie bang wees om te vra vir help nie.”
DIS weer daai tyd van die jaar wanneer matrikulante nou die vrugte van ’n hele jaar se harde werk kan pluk. Die klas van 2025 het vandag hul gedetaileerde uitslae ontvang.