13/10/2025
‼️📢IS JOU TROETELDIER SA SE LELIKSTE?
Ons is op soek na die eienaardigste, lompste, glorieus-lelikste troeteldier in Suid-Afrika! 😆
Het jy 'n kaalkopkat, skeefoog-hond, of 'n boggelrug-bekkie? Kom spog met jou dier in die GGM Lelik & Trots kompetisie en staan n kans om 'n R1,000 Takealot voucher te wen! 🏆 Want lelik is die nuwe cute!
📲Hoe om in te skryf:
- Stuur 'n DM aan ons FB-blad met die volgende;
- Foto of kort video van jou troeteldier.
- Jou troeteldier se naam + snaakse beskrywing!
- Jou naam, e-pos, foonnommer.
- Een inskrywing per troeteldier. Geen limiet op hoeveel diere jy inskryf nie.
📣Hoe dit werk:
- Elke week kies ons 4–6 finaliste uit al die inskrywings en plaas hulle Vrydae vir openbare stemming (via kommentaar of peiling).
- Stem elke week vir jou gunstelingdie, die groot wenner word op 12 November aangekondig!
- Volg ons op Facebook, Instagram en X vir weeklikse teasers en stem-opdaterings.
📑Volledige Reëls:
- Oop vir SA-inwoners van 18 jaar en ouer.
- Een inskrywing per troeteldier. Stuur via DM, Ma–Do, 13 Okt–6 Nov 2025.
- Sluit in: foto/video, troeteldier se naam, snaakse beskrywing, jou naam, e-posadres en foonnommer.
- Alle inskrywings kwalifiseer vir weeklikse finalis-keuring. 4–6 finaliste word elke Vrydag geplaas vir stemming.
- Groot stemming (4 semi-finaliste): 10–12 Nov. Wenner (meeste stemme of ewekansige trekking) word 12 Nov aangekondig.
- Slegs oorspronklike foto’s/video’s. Geen aankoop nodig nie. Verdagte stemme sal gediskwalifiseer word.
- Deur in te skryf, gee jy toestemming dat foto’s/video’s op ons FB, IG en X gedeel mag word.
- Pryse is nie oordraagbaar nie. Die beoordelaars se besluit is finaal.
- Vrae? Stuur vir ons ’n DM!
Laat jou troeteldier se lelikheid skyn, DM ons nou en word die kampioen van eienaardig! 🐶😸