Voorwaarts Skoolkoerant - HS Bonnievale

Voorwaarts Skoolkoerant - HS Bonnievale Al die nuus wat jy nodig het van Hoërskool Bonnievale.

Op Woensdag 26 Februarie het die graad ses leerders hul jaarlikse "Master Chef" kompetisie gehou. Hulle het vroeg oggend...
06/03/2025

Op Woensdag 26 Februarie het die graad ses leerders hul jaarlikse "Master Chef" kompetisie gehou. Hulle het vroeg oggend voor skool begin met hul voorbereidings. Nadat die voorbereidingstyd verstreke was, was dit tyd vir die beoordeelaars om te proe en hul opinies te lewer. Die oggend was vol spanning en opgewondenheid en die leerders het hul gate uit geniet.

Op Dinsdag 4 Februarie het HSB se jaarlikse kleure swemgala plaasgevind. Die kleurspanne het die kompetisie van die veld...
07/02/2025

Op Dinsdag 4 Februarie het HSB se jaarlikse kleure swemgala plaasgevind. Die kleurspanne het die kompetisie van die veld na die water verskuif. Hierdie keer het die groenspan weggeswem met die swemgala beker.
Aan die einde van die gala het die matriekklas van 2025 die tradisie voortgesit deur met nagklere in die swembad te spring en die skoollied uit volle bors te sing. Hulle het die swembad verlaat met glimlagte en harte vol nuwe herinneringe.

Van Steggies tot Bonnies.Op Maandag, 27 Januarie 2025, was die graad 8 leerders simbolies deur hul ouers oorgegee aan di...
02/02/2025

Van Steggies tot Bonnies.
Op Maandag, 27 Januarie 2025, was die graad 8 leerders simbolies deur hul ouers oorgegee aan die skool. Die graad 8-Bonnies het van die 15de tot die 17de Januarie oriënteering gehad waar hulle geleer het wat dit beteken om deel van die Bonnie-gesin te wees. Hulle het Maandag hul skool baadjies ontvang en het daarna die tradisionele Golden Gate-seremonie gehad.

Dit was weer daardie tyd van die jaar. HSB se  kleure atletiek het op Vrydag, 24 Januarie plaasgevind. Die leerders was ...
02/02/2025

Dit was weer daardie tyd van die jaar. HSB se kleure atletiek het op Vrydag, 24 Januarie plaasgevind. Die leerders was vol entoesiasme, glimlagte en gees. Deur die loop van die dag was daar punte aangeteken aan die groen-en geelspan vir hul betrokkenheid en deelname in die verskillende kategoriëe. Aan die einde van die dag het die geelspan as die wenners van die kleure atletiek weggestap!

Op Donderdag 23 Januarie 2025 het HSB se Big Brag plaasgevind. Dit was 'n geleentheid vir die geel- en groenspan om te s...
28/01/2025

Op Donderdag 23 Januarie 2025 het HSB se Big Brag plaasgevind. Dit was 'n geleentheid vir die geel- en groenspan om te sien wie het die meeste gees. Hulle het teen mekaar gesing en aflosse gehardloop. Dit was 'n dag propvol pret en gees. Die dag het op n hoë noot afgesluit met die geelspan wat met die sangbeker weggestap het.

Die mense agter die skoolkoerant se skerms.Op Vrydag die 25ste Oktober is HSB se joernaliste ook bederf met 'n uitstappi...
28/10/2024

Die mense agter die skoolkoerant se skerms.

Op Vrydag die 25ste Oktober is HSB se joernaliste ook bederf met 'n uitstappie. Die redaksie het halfsewe die oggend vanaf die skool vertrek na Kaapstad. Hulle eerste bestemming was be.Up-trampolienpark. Daarna het hulle middagete gehad by N1 city. Hulle het die dag afgesluit by Clay Café in die Paarl. Elke joernalis kon 'n voorwerp kies en dit versier soos wat hulle wou. Intussen is elkeen bederf met 'n lekker melkskommel. Halfvyf het die Bonnies na Bonnievale vertrek.

Dit is die einde van 'n hoërskool-era vir die matrieks van 2024. Op Vrydag 11 Oktober, met die graad 12's se formele uit...
14/10/2024

Dit is die einde van 'n hoërskool-era vir die matrieks van 2024. Op Vrydag 11 Oktober, met die graad 12's se formele uitstapdag, was die matrieks nie by die skool as leerders ontvang nie, maar as eregaste. Volgens die Bonnie-tradisie was die matrieks as graad 8's in 2020 simbolies "oorhandig" aan die skool toe hulle deur die Golden Gate gestap het. Ná Vrydag se funksie, is hulle weer simbolies aan hulle ouers terugbesorg. Die dag het bestaan uit baie drukkies en trane, maar die Bonnies het die skool verlaat met harte vol herinneringe.

Die matriekklas van 2024 het op Donderdag 10 Oktober hulle hemdedag gehou. Die Bonnies het 'n geleentheid gehad om vir e...
14/10/2024

Die matriekklas van 2024 het op Donderdag 10 Oktober hulle hemdedag gehou. Die Bonnies het 'n geleentheid gehad om vir elke matrikulant 'n boodskap op hul hemde te skryf.

Die gr. 11-klas het Vrydag 11 Oktober op hul jaarlikse uitstappie gegaan. Hulle het die staproete by die Vrolijkheid Nat...
11/10/2024

Die gr. 11-klas het Vrydag 11 Oktober op hul jaarlikse uitstappie gegaan. Hulle het die staproete by die Vrolijkheid Natuurreservaat in McGregor gaan stap. Dit was 'n lekker warm dag en die Bonnies het baie pret gehad. Hulle het hul dag afgesluit met 'n burger en chips by Outdoor Arena.

R***e 2024 was GROOT.Die nuutste Bonnie tradisie het op 8 Oktober in HSB se skoolsaal plaasgevind. Die tema van die R***...
09/10/2024

R***e 2024 was GROOT.

Die nuutste Bonnie tradisie het op 8 Oktober in HSB se skoolsaal plaasgevind. Die tema van die R***e was: 'n Poskaart uit Cudillero. Elke dans het verskillende lande verteenwoordig. Die Bonnies het geskitter!

Vrydag 23 Augustus het die o.15 en o.17-sewesspanne 'n karwasprojek gehou sodat hulle geld kon insamel om aan die 7's-ru...
26/08/2024

Vrydag 23 Augustus het die o.15 en o.17-sewesspanne 'n karwasprojek gehou sodat hulle geld kon insamel om aan die 7's-rugbytoernooi te kan deelneem.

HSB se noodhulpspan het op Woensdag 21 Augustus plantjies geplant buite die hoërskool se muur. Hierdie was 'n geleenthei...
22/08/2024

HSB se noodhulpspan het op Woensdag 21 Augustus plantjies geplant buite die hoërskool se muur. Hierdie was 'n geleentheid vir hulle om span te bou en hul deeltjie te doen om die skool mooi te laat lyk. Mev. Natasja Wentzel het die plantjies en toerusting verskaf.

Address

Bonnievale

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Voorwaarts Skoolkoerant - HS Bonnievale posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Voorwaarts Skoolkoerant - HS Bonnievale:

Share

Category