MJ Dynamic Solutions

MJ Dynamic Solutions Youth Empowerment.Mentor & Coach.Motivational Speaker.Preacher. Helping young people find their identity,purpose and calling.
(1)

12/05/2026

Dit wat vir ander jare gevat het gaan God vir jou doen in ń oomblik!

Iemand sê dit kos net een!!!

12/05/2026

Vir 38 jaar het die man gelê langs die bad,vir 38 jaar het hy gewag en gebid,vir 38 jaar was hy hoop en moedeloos,vir 38 jaar het hy probeer en misluk,vir 38 jaar het hy gehoop iemand sou hom help maar niemand het nie...

En in een oomblik kom hy in kontak met Jesus en Sy hele lewe verander!!!

Dit vat miskien lank om te gebeur maar wanneer dit wel gaan gebeur gaan dit skielik en spoedig wees!!!

Iemand sê dit kos net een!!!

11/05/2026

Daar is een deurbraak wat jou hele lewe gaan verander!Net een!

Een selfoon oproep!
Een onderhoud!
Een regte verhouding!
Een besigheid geleentheid!

EN JOU LEWE SAL NOOIT WEER DIESELFDE WEES NIE!

Iemand comment en sê "dit kos God net EEN"

Ware gelukkigheid kom wanneer jy jouself vergewe...Vergewe jouself vir die dinge wat jy nie kan verander nie.Vergewe jou...
09/05/2026

Ware gelukkigheid kom wanneer jy jouself vergewe...

Vergewe jouself vir die dinge wat jy nie kan verander nie.
Vergewe jouself omdat jy te lank gebly het toe jy geweet het dis tyd vir jou om aan te beweeg.
Vergewe jouself omdat jy vir ń baie lang tyd toegelaat het dat mense oor jou loop en jou minder behandel as wat jy regtig is.

Hoor my vandag...

Jy is nog hier.
Jy het dit gemaak.

Baie het gedink jy sal opgee maar jy staan meer as ń oorwinnaar.

En doen my die guns asseblief...

GEE JOUSELF DIE TOESTEMMING OM WEER TE PROBEER.

Weer te glo.
Weer te vertrou.
Weer lief te het.
Weer te kies om gelukkig te wees.

Jy verdien dit en meer.😊

Dit wat die Here vir jou in stoor het is ver bo jou dit wat jy bid,dink of glo!
09/05/2026

Dit wat die Here vir jou in stoor het is ver bo jou dit wat jy bid,dink of glo!

08/05/2026

Ken Hom in al jou wee en Hy sal jou paaie gelyk maak!

07/05/2026

Toe Dawid na die geveg gaan met Goliat het hy nie baie wapens gehad nie,maar hy het God gehad en wanneer jy weet WIE jy met jou is in jou geveg maak WAT jy het nie saak nie!

Ek wil iemand vandag bemoedig jy is nie alleen in jou geveg nie,jy het God!

06/05/2026

Daar is dinge in jou opgesluit wat God vir jare verborge gehou het.Hy het dit verborge gehou want jou karakter moes ontwikkel tot by ń plek van volwassenheid...

Deurbrake,geleenthede,idees,gawes en vermoëns wat jy gewaar en onderskei het maar nie toegang tot gehad het nie,maar die Here het dit verborge gehou vir ń tyd soos dié!

Ek het gekom om vir jou te kom sê dat die verborge gaan nou geopenbaar word!

Ek het gekom om ń seisoen van openbaring,ontdekking en manifestasie aan te kondig!

Nou is jou oomblik van deurbraak!

Vir ń lang tyd het jy gebid en vir ń lang tyd het jy gewag en sekere dinge volhard!

Nou is die tyd.

Nou gaan in stap in dit wat verborge was en jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!

05/05/2026

Jou getuie gaan iemand se lewe red,hou goeie moed!

Verbly jou in die hoop,wees geduldig in die verdrukking en volhard in gebed.Rom 12:12

04/05/2026

Vir lank genoeg het jy jou probeer verduidelik aan mense wat jou misinterpreteer jou deurbraak gaan jou verdedig!

04/05/2026

My gebed is dat die Here mense in jou sirkel sal stuur wat jou gaan vat na jou volgende dimensie en nie terug na waarvandan jy kom nie!

Address

Cape Town

Telephone

+27620885261

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when MJ Dynamic Solutions posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to MJ Dynamic Solutions:

Share