
29/08/2025
Newskoop (Pty) Ltd is op soek na ʼn dinamiese Afrikaanse radiojoernalis om by ons span aan te sluit.
Hoofdoel van die pos
Die geskikte kandidaat moet vinnig stories kan verifieer en blitsig bulletins kan saamstel. Die betrokke kandidaat moet beskik oor ʼn goeie aanvoeling vir nuus, ʼn goeie algemene kennis en ʼn passie vir joernalistiek.
Pligte
* Identifiseer en skryf van nuusberigte vir nuusbulletins.
* Vertaal stories van Engels na Afrikaans.
* Redigeer Afrikaanse nuus stories op die webtuiste.
* Doen verslag oor brekende nuus.
* Lees en redigeer nuusbulletins en klankgrepe
Vaardighede en bevoegdhede
* Die vermoë om vinnig en met gemak in 'n digitale-omgewing te werk.
* Die vermoë om in ʼn span te kan werk.
* Uitstekende taalvaardighede in Afrikaans.
Kwalifikasies en ondervinding
* ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie.
* Bewese ervaring as 'n radiojoernalis
'n Werkende skootrekenaar en stabiele internetverbinding is noodsaaklik.
Indien jy sou belangstel om by die span aan te sluit stuur asb. 'n e-pos met jou CV en voorbeelde van stemopnames na [email protected].
Die sluitingsdatum is die 30ste September 2025.