19/08/2022
‘As dit kom by spesmagte-opleiding, dan vra die ouens baie vir my wat is die grootste les wat ek geleer het. Dit is: Jy het altyd nog ‘n kléin bietjie krag; moet nooit d**k dit is die einde van die lyn nie.
‘As daar nog suurstof in die lug is, kan jy nog aangaan; solank jy asem haal, kan jy nog aangaan . . . Die mens het eintlik ‘n baie hoë toleransie vir pyn, vir honger, vir allerhande goeters, vir uitdagings. Maar jy moet diép krap in jou gees en jou verstand – jy móét ‘n sterk kop hê. En dit is wat spesmagte-soldate anders maak as ander soldate.’
- Oud-Recce Johan Raath vandag in 'n artikel op Netwerk24. Sy jongste boek, A Breed Apart: The Inside Story of a Recce's Special Forces Training Year, het pas verskyn.
Johan Raath praat met Murray La Vita oor sy lewe as verkenningsoldaat en oor die boek waarin hy in fyn besonderhede die uiters strawwe opleiding beskryf waaraan die recces blootgestel is.